Etienne & Diane se bosveld-glans troudag

Ettiene en Diane het hul bosveld-glans troudag op ʼn prentjiemooi wildsplaas op die grens van Limpopo en Mpumalanga belowe om die res van hul lewens saam te spandeer.  Hul gaste is gegroet deur kameelperde, sebras, waterbokke en nog vele ander vriendelike gesigte wat op hierdie plaas tuisgaan.  Hulle is met ʼn grondpad deur die veld gelei en gestop deur ʼn asemrowende seremonie-area wat enige plaas-liefhebber se asem sal wegslaan.  Na die seremonie het Ettiene en Diane saam hul vriende en familie hul spesiale dag gevier met ʼn ontradisionele onthaal onder ʼn tent.  Dit het dus vir hulle gevoel asof hulle in die vars buitelug, onder die sterre feesvier.

Diane is self ʼn trou-beplanner en kon danksy vorige ervaringe seker maak haar spesiale dag is so perfek as moontlik.  Dit is opvallend hoe goed dié paartjie dit reggekry het om hul dekor by die natuurskoon van die omgewing aan te pas.  Niks is oordoen nie, maar elke element het sy eie ‘wow’ faktor.  Hulle het gehou by sagte kleure om die illusie te skep dat die onthaal in die buitelug plaasvind.

Rol af vir ʼn pragtige bosveld-glans troudag.

bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding

Paartjie se Liefdesreis:


Hoe ons ontmoet het is ‘n lang storie en dit is eintlik snaaks hoe alles uitgewerk het, maar lang storie kort: Ons is dankbaar ons het mekaar gevind!

Ons is altwee baie lief vir die natuur en bergklim is een van ons liefdes, so dit was ons eerste uitstappie saam. Ons is ook albei lief vir houtwerk en het toe besluit om ‘n houtwerk-projek saam aan te pak.  Etienne wou gehad het dit moes ‘n kompetisie wees en so het dit uitgewerk dat ons elkeen ‘n wieg-bankie maak.

Na ‘n paar interessante maande het, ons geweet ons is vir mekaar gemaak.  Etienne se ma het vir sy broer in Dubai gaan kuier en ons het besluit om haar kombuis en kantoor te restoureer en haar te verras.  Sonder dat enigiemand geweet het, het Etienne die kameras opgestel vir ‘n ander rede as om sy ma se reaksie op te neem!  Met die groot verrassing, het ons terug gestaan sodat sy dit kon inneem.  Etienne het my vorentoe gestoot, terwyl ek beduie om haar te los.  Na die derde stoot het ek vir haar ʼn drukkie gaan gee en begin om die kombuis te wys.

Terwyl ons haar nuwe stoof bewonder, gaan Etienne op sy knie.  Eers na die derde “Diane” draai ek om en vra hom of hy okay is, maar toe ek die ring sien toe is “ja” al wat ek kon uit kry!  Dit was alles só vinnig, onverwags en deurmekaar, maar steeds perfek want dit was liefde bo alles.

bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding

Die Verlowing Tydperk:


Ons was net so onder ‘n jaar verloof.  Omdat ek self ‘n trou-beplanner is, het ek probeer om die meeste beplanning self te doen.  Toe ons die venue gekry het, het alles in plek geval.  Dit was die langste en ook die kortste tyd van ons lewe, maar ons was só opgewonde toe die dag uiteindelik aangebreek het.

bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding

Paartjie se styl:


Ons hou van klassiek, natuurlik en eenvoudig.  My trourok was baie eenvoudig, maar tog klassiek.  Etienne se pak was van linne gemaak en lig van kleur met ‘n leer-das en veld-skoene wat by die das gepas het.

Ons het alles interessant en gemaklik gehou met leer, koper en bietjie swart.  Die styl is vir ons tydloos, want dit is iets wat altyd vir ons mooi sal bly om te onthou.

Ek het Etienne se ouma se ring gekry, wat ook baie fyn en eenvoudig is en wat my goed pas.  Etienne wou ‘n plein goue ring gehad het.  Ek het in die binnekant laat ingraveer “I will always love you con smania 09.11.19” wat beteken “with passion.”  Met passie sal ek hom altyd lief hê.  Ons het ‘n boek saam geluister in die begin van ons verhouding en die gesegde “con smania” het vir ons uitgestaan.

bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding

Die Besluitnemingsproses:


Ons het altyd drie opsies gehad vir alles.  Ek en Etienne het dan een opsie gekies.  Dit het baie gehelp om ons stres te verminder en die beplanning van die dag makliker te maak.

Almal wat ons gehelp het met die troue was naby vriendinne en familie, maar my ouers het die meeste van die kostes gedek.  Ek en Etienne het hulle ook betrek met sommige van die besluite.  Dit het baie gehelp om almal deel van die dag te maak en almal het spesiaal gevoel.  Ons het geweet wat ons wou hê en dit het gehelp om die dag uniek en onvergeetlik te maak.

bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding

Merkwaardigste Oomblikke:


Etienne se merkwaardigste oomblikke:

Toe ek my bruid vir die eerste keer sien, was dit vir my ongelooflik spesiaal.  Ek het vir almal wat afgeloop het ‘n drukkie gegee, en toe ek vir Ruben met die bordjie in sy hande sien: “Etienne hier kom jou bruid” toe sien ek vir Diane.  Ek kon nie anders as net hande klap en opgewonde raak nie.

In plaas van konfetti het al die gaste ‘n tonnel gevorm.  Só kon ons vir elkeen na die seremonie groet en al die gaste het ons daar en dan gelukgewens.  Dit was vir my ʼn baie spesiale oomblik.

‘n Ander merkwaardige oomblik was ons eerste dans.  Ons het na ons fotosessie ingekom en sommer dadelik die dansbaan geopen met ons eerste dans.  Dit was groot pret!

Diane se merkwaardige oomblikke:

Ek is baie lief vir my ouers en ek is dankbaar vir die oomblikke voor die troue saam met hulle.  My ma het my help aantrek en daar was baie trane en lag – veral  toe ek my pa vir die eerste keer sien huil toe hy my in my trourok sien.  Albei my ouers het my weggegee op die dag en dit was vir my baie kosbaar.

Ek kon nie my trane inhou toe ek vir Etienne sien nie; Dit was verseker my die wonderlikste oomblik!

Terwyl ons geëet het, het ek ‘n oomblik geneem om alles in te neem; My man langs my, al die kosbare familie en vriende in my lewe, die blomme en die gevoel in my maag van opgewondenheid.  Alles op daardie oomblik het so perfek bymekaar gekom.

Aan die einde van die aand was daar nog so ‘n paar mense oor.  Ek en Etienne kon ons laaste dans met hulle deel – wat ‘n ongelooflike oomblik!

bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Daar is so baie goed wat verkeerd geloop en en ons sou seker ‘n paar goed anders wou doen, maar dit was die beste dag van ons lewens.  Ons kon onsself aanmekaar beloof.  Al ons spesiale mense was daar om saam met ons die dag te beleef as getuies.  Dit was ‘n dag vol kosbare oomblikke en is so dankbaar om die voorreg te kon gehad het om met mekaar te trou en om so ‘n onvergeetlike dag te gehad het.  Dit was perfek en alles het uitstekend saamgekom en uitgewerk!

bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding

Finansiële Aspekte:


‘n Begroting is altyd moeilik met enige troue.  Ons het R200 000 by ons ouers gekry wat vir my en Etienne baie gehelp het.  Ek het ook baie hard probeer om daarby te hou.

Ek het die blomme vir die troue self gedoen.  Ons trou geskenkies, wat klein boompies was, was ‘n geskenk van een van my ma se kosbare vriendinne en die servette is gemaak deur ‘n vriendin.  Ons het speletjies uitgesoek vir die groot dag waarmee kinders hulle kon besig hou, wat ons by Hospice aangekoop het.  My ma het vir ons vyf van die lekkerste koeke gebak asook ‘n verskeidenheid tuisgemaakte sjokolades vir ons “koek en sjokolade tafel,” aangesien ons nie ‘n tradisionele troukoek wou hê nie.  Ons het ‘n Barista gehuur vir die aand wat heerlike koffie met ons eie industriële koffiemasjien gemaak het.  My en die gevolg se hare is deur ‘n vriendin gedoen en al die skryfbehoeftes is ook deur ‘n baie besonderse gedoen.

Ons het 120 gaste by ons troue gehad en danksy al die bogenoemde hulp, kon ons by ons begroting bly.

Onthou, dit is die eerste dag van die begin van ‘n nuwe fase in jul lewens.  Daarom moet ‘n mens van jou geld eenkant bere vir lekker uitstappies en goeie tye saam.  Doen wat vir julle lekker is.  Daar gaan altyd goedjies verkeerd, maar met die regte persoon is alles perfek.  Ontspan en wees dankbaar vir alles.  Dit is so spesiaal as ‘n mens sien hoeveel die mense om jou omgee.  Onthou altyd dit is julle spesiale dag; Geniet dus elke oomblik!

bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding

Gunsteling Diensverskaffers:


Ons was baie gelukkig om die beste verskaffers by ons troue te kon hê.  Julia Winkler, ons fotograaf, en haar assistent was ongelooflik goed.  White Motion Films het ons video gemaak wat ongelooflik uitgekom het!  Hulle het albei die dag so mooi opgeneem en het vir ons die spesiale oomblikke vir altyd op fotos en video’s geneem om te onthou. Ons is geweldig dankbaar vir hulle.

Ons kos was by verre die lekkers kos wat ons nog by enige troue geëet het!  Lunikhy se sjef, Denielle, en haar span het dit voorberei en dit was absoluut ongelooflik.

Missy, ons grimeer kunstenaar en Monique wat ons hare gedoen het was ongelooflik.  Hulle het ons almal so mooi laat lyk!

Ons sal ook graag Chris Akkedis aanbeveel.

bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding

Vermaak:


Ons vermaak was Chris Akkedis.  Hy het die atmosfeer geskep terwyl ons fotos geneem het.  Almal kon voorgereg eet en lekker kuier en saam luister na sy ongelooflike stem en musiek.  Ons het Infinity Times gebruik vir die seremonie, asook die onthaal.

Daar was ook grasperk speletjies wat die gaste kon geniet.

bushveld wedding bushveld weddingbushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding

Spesiale Tradisies:


Ons wou nie ‘n tradisionele troue gehad het nie.  Geen kousband of ruiker is gegooi nie en daar was ook geen toesprake nie.  Ons wou ook nie ‘n tradisionele troukoek gehad het nie.  Ons het ‘n Pa en Bruid en Ma en Bruidegom dans saam gedoen.  Ek en Greg het besluit om nagmaal by die seremonie te gebruik as profetiese aksie dat niemand van ons liefdes-beker sal drink nie.

bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding

Venue & Dekor:


Ons het heelwat venues besoek, maar het geweet dat dit nie was waarna ons gesoek het nie, totdat ek met ‘n besigheidsvennoot by Lunikhy uitgekom het.  Die venue is net 20km van ons plaas af.  Wanneer jy deur die hekke van Lunikhy ry, sien jy kameelperde, sebras, waterbokke en selfs swartwitpens.  Die seremonie is gehou by ʼn groot boom na ongeveer ʼn kilometer se ry deur die veld.  Die venue is mooi en geensins oordoen nie.  Dit voel of jy buite is al is jy onder ‘n dak, onder ’n groot tent.

Ons dekor was alles geïnspireer deur die natuur en ook eenvoudige style soos die venue.  Alles het mooi bymekaargekom met Lunikhy se hout tafels met swart yster.  Ek en my pa het toe swart yster-staanders gesweis vir die blomme en ons het koper-potte gebruik in die paadjie na die podium.  Ons het wit rose, wit krismis-rose, en wit Lisianthus met orgidee en baie groen loof ingebring.  Ons het die leer gebruik vir ons tafel-plasings en welkom-bord.  Dit het alles by ons tema ingeskakel.

bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding

bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding

Wittebrood:


Ons het by 37 Seekat in Glentana gebly.  Dit is een van my ma se goeie vriendinne se huis wat sy verhuur vir vakansiegangers.  Ons wou oorsee gaan, maar in November reën dit en is koud in meeste plekke.  Ons het wel ons wittebrood vreeslik geniet.  Ek en Ettiene het elke aand by ʼn ander seekos restaurant gaan eet, lekker ontspan met ʼn spa dag, interessante markte en winkels besoek en net lekker saam gekuier.

bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding

Eerste Dans:


Dit was vir ons só spesiaal.  Ons is lief is vir avonture en ons sing altyd saam in die motor.  Daar is sekere liedjies wat ons altyd sing, waarvan een  “Wouldn’t it be Nice” deur The Beach Boys is.  Dit was ook ons keuse vir ons eerste dans.  Daarna het ons op “La Bamba” deur Los Lobos gedans.  Die twee liedjies was saam aaneen, so toe die eerste lied halfpad klaar was het almal hande geklap omdat hulle gedink het ons is klaar.  Ons het toe lekker verder gedans en dit was groot pret.  Ons het vir dans klasse gegaan en hulle het ons gehelp om die hele dans te choreografeer

bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Liewe bruid, ontspan!  Alles gaan mooi wees.  Dink altyd aan julle twee saam as julle keuses maak sodat die dag uniek aan julle is.  Kies die regte diensverskaffers en onthou daar gaan goed verkeerd gaan, maar dit is nie die einde van die wêreld nie!  Jy trou met jou beste maatjie;  Vier die dag saam en geniet dit.

Manne, ondersteun jou vrou, geniet elke oomblik, en doen moeite met die foto’s, want dit skep uiteindelik die herinneringe.

bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding bushveld wedding width=

Klik hier vir diensverskaffers