Mooi Rokke tussen die Duine

Ons deel graag die besonderse mooi gestileerde fotosessie met ons lesers. Wat die fotosessie nog meer besonders maak is dat die fotograwe van Duitsland is so die fotos is op internasionale standaard. Die mooi rokke met die fyn detail staan perfek uit teen die ongerepte sand duine.  Die belangrikheid dat ‘n bruid die regte snit rok vir haar figuur en ouderdom kies word ook onder bespreek.Ons weet sommer Mooi Troues lesers sal verlief wees op die fotosessie.



Vertel ons meer van die inspirasie van die fotosessie?

Ons visie was n klassieke stylvolle gestileerde sessie wat fokus op die bruid.  Ons het op Atlantis Duine besluit as die perfekte agtergrond vir die verskillende trourokke.

Die doel was om te wys dat met eenvoudige veranderinge ‘n ander voorkoms vinnig ontwerp kan word.  Eenvoudigheid was die hoof fokus, want partykeer is minder meer.  Daarom het ons ook net op die bruid en ‘n handruiker gefokus i.p.v allerhande dekor bykomstighede.  Die ongerepte skoonheid van die duine was asemrowend.  So ver soos wat jy kan sien is daar net sand.  Spierwit sand.



Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam die fotosessie te reël?

Ons het al voorheen ‘n gestileerde fotosessie met Almari gedoen, sy was baie professioneel en gemaklik om mee saam te werk, ons het geweet ons wil nog ‘n fotosessie doen saam met haar voor ons teruggaan Duitsland toe.

Kayla was ons model en sy was perfek, sy het die mooiste glimlag en oë , en haar persoonlikheid straal.

Elizabeth Stockenstroom het ingestem om die rokke te verskaf vir die fotosessie, ons was mal oor elke liewe rok, haar rokke is eenvoudig net anders, sy weet wat pas by jou lyf en sal jou riglyne gee om die beste moontlike rok te help kies vir elke dame se liggaamsvorm, lengte en ouderdom.  Haar oog is ingestel op die fynere besonderhede van wat jy in gedagte het vir jou perfekte droom trourok.



Diensverskaffers: