LeRoi & Suzane se Buitelug troue

LeRoi en Suzane gee baie goeie advies aan paartjies wat nog hul troue beplan en ons by Mooi Troues kon dit nie self beter sê nie.

Die element van wit ballonne wat in die lug gelos was is ook ‘n baie oulike idee, dalk kan elke persoon wat ‘n ballon los ‘n wens aan die pasgetroude paartjie gee.  Ons by Mooi Troues hou baie van die fotos waar LeRoi en Suzane onder die bome dans op ‘n grond pad; dit wys die paartjie is prettig en voete op die aarde.

Die onthaal was onder ‘n markies tent gehou en dit lyk of daar baie lekker gekuier was.

leroi-en-suzane_0002 leroi-en-suzane_0003leroi-en-suzane_0004 leroi-en-suzane_0005 leroi-en-suzane_0006 leroi-en-suzane_0010 leroi-en-suzane_0011 leroi-en-suzane_0007


Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?

LeRoi:

Ons het mekaar een aand by ‘n braai ontmoet.  Suzane is deur een van my vriende na die braai by my huis genooi.  Dit het ons albei se lewens verander, want ‘n week later het ons mekaar op Stellenbosch begin sien en ‘n maand daarna het ons begin uitgaan.  Sy was pragtig, slim en ek het dadelik tuis gevoel om haar.

Suzane:

Ek was mal oor LeRoi se stil, rustige persoonlikheid.  Hy het my dadelik betower.


leroi-en-suzane_0008 leroi-en-suzane_0009leroi-en-suzane_0023 leroi-en-suzane_0013 leroi-en-suzane_0014 leroi-en-suzane_0015
leroi-en-suzane_0016 leroi-en-suzane_0017 leroi-en-suzane_0018 leroi-en-suzane_0019 leroi-en-suzane_0020 leroi-en-suzane_0021 leroi-en-suzane_0022 leroi-en-suzane_0024


Wat was die inspirasie vir die tema van die troue?

Ons grootste inspirasie was die Here.  Beide van ons het ‘n voorliefde vir die natuur.  LeRoi is mal oor buite wees, kamp en stap.  Ek, Suzane, is self ‘n plant-fisioloog en my leef my liefde vir plante en tuinmaak in my beroep uit. Die botaniese tema het dus goed aangesluit by ons liefde vir die natuur en God se skepping.  Eureka was die eerste trou venue wat ons besoek het en ook die laaste.  Ons het onmiddellik verlief geraak op die pragtige tuin en Mieke het ons idee vir die troue perfek verwoord.  Dit het perfek ingepas by ons droom van ‘n klein, intieme troue tussen bome en blomme (naby ons God, ons skepper)..


leroi-en-suzane_0025 leroi-en-suzane_0026 leroi-en-suzane_0027leroi-en-suzane_0028 leroi-en-suzane_0029 leroi-en-suzane_0030 leroi-en-suzane_0031 leroi-en-suzane_0032 leroi-en-suzane_0033 leroi-en-suzane_0034 leroi-en-suzane_0035 leroi-en-suzane_0036 leroi-en-suzane_0037 leroi-en-suzane_0038 leroi-en-suzane_0039 leroi-en-suzane_0040 leroi-en-suzane_0041 leroi-en-suzane_0042 leroi-en-suzane_0043 leroi-en-suzane_0044


Was julle met wittebrood? Indien wel, vertel ons meer daarvan.

Suzane: Die wittebrood is deur LeRoi in die geheim gereël.  Slegs my ma en strooimeisies het geweet waarheen ons sou gaan.  Dit was ‘n ongelooflike bederf (veral na die stres van my studies die vorige jaar) en ek sal dit nooit vergeet nie. Hy het my letterlik die paradys gaan wys (veral in die oë van ‘n plantkundige).

LeRoi: Ons was vir ‘n week op die eiland van Mauritius.  Ons het by die ongelooflike Le Mauritia hotel gebly.  Le Mauritia is in die Grand Baai, in die Noord Weste van die eiland.  Die hotel is op die strand met die stil, warm waters van die baai slegs 20 meter weg van jou kamer! Jy kan snorkel en swem tot jou hart se begeerte. Dit maak dit ‘n perfekte vakansie keuse.


leroi-en-suzane_0045 leroi-en-suzane_0046 leroi-en-suzane_0047 leroi-en-suzane_0049 leroi-en-suzane_0050 leroi-en-suzane_0051 leroi-en-suzane_0052 leroi-en-suzane_0053 leroi-en-suzane_0054 leroi-en-suzane_0055


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Dit is belangrik dat elke een self besluit wat hy/sy uit die troudag wil hê, waarna julle as ‘n paartjie saam kan sit en ‘n gesamentlike prentjie kan skets.  Dit verhoed dat jy deurmekaar raak met wat jy wil hê.  Wanneer ‘n mens jou troue reël kan jy as paartjie baie vinnig verward en deurmekaar raak.  Vinnig word dit ‘n kwessie van ander se droom uit leef in plaas van julle eie.  Daarom het ons baie gefokus op wat ons twee uit die dag wou hê – ons wou graag die dag met ‘n handjie vol spesiale mense deel, en in die teenwoordigheid van God ons belofte aan mekaar maak.  Ons het gesmag na ‘n ongekompliseerde bruilof-fees vol liefde en lag.   Die dag moet draai om julle twee en julle belofte voor die Here, want op die ou einde is dit wat saak maak.


leroi-en-suzane_0056 leroi-en-suzane_0057 leroi-en-suzane_0058 leroi-en-suzane_0059 leroi-en-suzane_0060 leroi-en-suzane_0061 leroi-en-suzane_0062 leroi-en-suzane_0063 leroi-en-suzane_0064

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: