Quien & Chandre se verlowing


Quien en Chandre het besluit om met ‘n ander tema te gaan vir hul verlowing fotosessie.  So die paartjie het hul fotosessie in die Bo-Kaap gehad en ‘n bos teen die hange van Tafelberg af geëindig.  Geniet die pragtige fotos.



Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?

Ons het rugby gaan kyk op Nuweland saam met die maatskappy vir wie hy daai tyd gewerk het en toe saam op geëindig in ‘n losie.  Na daai aand het ek glad nie gedink ek sal ooit weer van hom hoor en toe ons onsself weer kon kry toe is ons op pad na ons eerste afspraak.  Quien is  sjarmant, entoesiasties, het ‘n sin vir humor, vriendelik, om gee, lojaliteit en is liefdevol.



Vertel ons meer van julle verlowing?

Quien was op studie verlof en moes eintlik leer maar toe hy hoor die ring is klaar toe kon hy nie wag om hom te gaan haal nie.  Hy het vir my gesê ek moet vir ons Sushi huis toe bring; een van ons gunsteling kosse.  Dit was ‘n lekker somers aand, hy het gesê ons moet dit by die swembad gaan eet waar ek toe glad niks vermoed het nie, maar eers toe ons daar kom en hy so op en af loop en heeltyd vir my vra dat as ek wil swem moet ek net vir hom sê dan haal hy vir my ‘n handdoek uit, min wete dat die ring eintlik daarin is.  So het hy nog ‘n paar keer op en af geloop en toe voor my kom staan my hand gevat en die mooiste woorde gesê en my gevra om met hom te trou.



Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?

Ons wou iets anders iets baie pret gehad het en wat nie altyd voorkom nie, deesdae se style is of in die platteland of by die see en dit wou ons nie gedoen het nie.



Diensverkaffer: