Gratis Dankie Kaartjies

Plante is ‘n groot tendens in meubels, linne en self klere en ons deel vandag die oulike Groen plant geïnspireerde Dankie-sê kaartjie met jou. Die talentvolle Selmari Slot het die oulike gratis drukbare kaartjies ontwerp wat perfek is vir enige moderne paartjie.

selmarie-slot-designs_0001selmarie-slot-designs_0002laaiaf


Oulike idee vir die bruid wat ‘n dankie geskenk wil gee wat die gaste kan huis toe neem en in hul tuin plant as ‘n permanente herhinnering aan julle spesiale dag. Jy kan vroegtydig vetplantjies begin bymekaar maak en in jou tuin plant. Jy kan of die plantjies net so uitstal op ‘n tafel vir ‘n baie eenvoudige, simplisties gevoel, en gaste kan een neem, of jy kan die vetplantjies in klein purity houers plant.

Items:

 

  • 3 Gratis Dankie kaartjie opsies. Kan net een kies, of kan al drie print gen gebruik vir variasie
  • 15 kaartjies per A4, print dus soos nodig
  • Dikkerige wit papier, 200gms
  • Skêr
  • Of: Kraft mes x 1
  • Staal liniaal
  • Groen sny matjie
  • Tou van keuse
  • Vetplantjies

Metode:

Jy druk die ontwerp op jou papier by ‘n professionele drukker of op jou drukker by die huis, dan knip jy dit uit met ‘n skêr  of jou kraf mes, en maak ‘n gaatjie in die hoek met’n gaatjie ponser. Sit jou toutjie deur die gaatjie en maak dit om die plantjie vas. Anders opsies is om vetplantjies in klein purity houers te plant en dan die dankie kaartjie om die fles vas te maak.


selmarie-slot-designs_0001

Meer oor Skryfbehoeftes op Mooi Troues


Trou skryfbehoeftes speel ‘n belangrike rol in jou troudag.  Daarom deel Mooi Troues weekliks trou skryfbehoefte inspirasie van ons bydraers.  Hulle is professionele grafiese ontwerpers met ondervinding in die trou bedryf.  Die bydraers verstaan waarna die moderne bruidspaar opsoek is en ken die nuutste tendense.  Mooi Troues het ‘n groot verskeidenheid skryfbehoeftes aanlyn, wat ontwerp is deur talentvolle grafiese ontwerpers.

Die trou uitnodiging is een van die eerste indrukke wat jou gaste van jou troue sal kry.  Wanneer gaste die venue binnekom, is die eerste dinge waarna hulle soek die sitplekkaartjie, asook die naamkaartjies op die tafels.  Wanneer jou gaste by hul sitplek sit, is almal gewoonlik nuuskierig om te weet wat hulle gaan eet.  Dus sal die spyskaart op die tafel ook deel wees van jou gaste se eerste indruk van die onthaal.

Is jy opsoek na trou skryfbehoeftes vir jou grootdag?  Mooi Troues bied gratis trou skryfbehoeftes inspirasie, beskikbaar aanlyn.  Elke  bruidspaar wat opsoek is na iets uniek vir hulle troue, sal by Mooi Troues iets vind.

Ons het ook ‘n groot verskeidenheid gratis aflaaibare trou skryfbehoeftes beskikbaar.  Jy kan gratis vanaf Mooi Troues aflaai, laat druk en vir jou troudag gebruik.  Klik hier om te kyk na ons gratis skryfbehoeftes.

Jy kan kies en keur tussen honderde verskillende trou uitnodigings, spyskaarte, naam kaartjies en vele ander items.  Indien jy opsoek is na skryfbehoefte ontwerpers wat Mooi Troues aanbeveel, klik hier om ons Trougids te besoek.

Artikel Krediet:

Teks en Ontwerp: Selmari Slot