Gratis tafel pleknaam kaartjie

Tropiese palmboom pleknaam kaartjies vir jou Somer troue. Silk & Twine verras ons elke maand met die mooiste skryfbehoeftes en vandag kan jy gratis jou pleknaam kaartjies aflaai. As jy die kaartjies gaan laat druk, vrae dat hulle min of meer so vier kaartjies druk per A4 papier. Die sjabloon wat jy aflaai het nie ‘n tafel nommer en persoon se naam op nie. Die beste manier is om dit met ‘n koki pen direk op die gedrukte kaartjie te skryf. Vou die kaartjie in die helfte soos op die foto’s onder om dit te laat staan op jou tafel by elke gas se sitplek. Ons is mal oor Palmbome, want dit gee onmiddellik ‘n tropiese gevoel en Groen is baie in die mode wanneer dit kom by troues en dekor.

silk-twine_0001

    LAAI SKRYFBEHOETE ONTWERP AF:

    Voltooi die onderste vorm om hierdie gratis skryfbehoefte ontwerp af te laai.


    NAAM:

    E-POS ADRES:


    KOMMUNIKASIE TOESTEMMING:

    Ek gee toestemming an Mooi Troues en Mooi Leefstyl dat ek wel kommunikasie vanaf hul wil ontvang en ook 'n intekenaar sal wil wees van hul nuusbriewe.

    Ongelukkig moet u vir Mooi Troues toestemming gee om met u te kan kommunikeer.  Sonder toestemming kan ons nie vir u die gratis skryfbehoefte ontwerp kan stuur nie.

    silk-twine_0002

    Meer oor Skryfbehoeftes op Mooi Troues


    Trou skryfbehoeftes speel ‘n belangrike rol in jou troudag.  Daarom deel Mooi Troues weekliks trou skryfbehoefte inspirasie van ons bydraers.  Hulle is professionele grafiese ontwerpers met ondervinding in die trou bedryf.  Die bydraers verstaan waarna die moderne bruidspaar opsoek is en ken die nuutste tendense.  Mooi Troues het ‘n groot verskeidenheid skryfbehoeftes aanlyn, wat ontwerp is deur talentvolle grafiese ontwerpers.

    Die trou uitnodiging is een van die eerste indrukke wat jou gaste van jou troue sal kry.  Wanneer gaste die venue binnekom, is die eerste dinge waarna hulle soek die sitplekkaartjie, asook die naamkaartjies op die tafels.  Wanneer jou gaste by hul sitplek sit, is almal gewoonlik nuuskierig om te weet wat hulle gaan eet.  Dus sal die spyskaart op die tafel ook deel wees van jou gaste se eerste indruk van die onthaal.

    Is jy opsoek na trou skryfbehoeftes vir jou grootdag?  Mooi Troues bied gratis trou skryfbehoeftes inspirasie, beskikbaar aanlyn.  Elke  bruidspaar wat opsoek is na iets uniek vir hulle troue, sal by Mooi Troues iets vind.

    Ons het ook ‘n groot verskeidenheid gratis aflaaibare trou skryfbehoeftes beskikbaar.  Jy kan gratis vanaf Mooi Troues aflaai, laat druk en vir jou troudag gebruik.  Klik hier om te kyk na ons gratis skryfbehoeftes.

    Jy kan kies en keur tussen honderde verskillende trou uitnodigings, spyskaarte, naam kaartjies en vele ander items.  Indien jy opsoek is na skryfbehoefte ontwerpers wat Mooi Troues aanbeveel, Klik hier om ons Trougids te besoek.

    silk-twine_0003silk-twine_0004 silk-twine_0005

    Artikel Krediet: