Oefen net Twintig minute per week en lyk goed op jou troudag

Trou-beplanning is stresvol en kan jou tyd redelik ‘n knou gee, veral wanneer dit kom by jou oefen program.  BODYTEC is ‘n oplossing vir jou, wat nie twee ure uit jou dag sal neem nie.

Oefen slegs 20 minute per week en jy sal sommer vinnig die resultate begin voel en sien.  Ons wou dit self nie glo nie en ons redakteur het dit self probeer vir tien sessies by BODYTEC se Tygervallei studio.  BODYTEC is in 2011 gestig deur Boris Leyck nadat Elektrospierstimulasie oefeninge, of in Engels beter bekend as EMS,  in 2010 begin was in Duitsland.

Wat presies is BODYTEC?


BODYTEC  het ‘n hoë intensiteit versterk oefensessie een keer per week vir 20 minute.   Hulle maak gebruik van Elektrospierstimulasie gedurende die 20 minute oefen sessie wat tot en met 90% van jou spiere gelyktydig aktiveer.  As jy dit moet vergelyk met gewone oefen sessies, is Elektrospierstimulasie oefensessies baie meer gefokus om die dieper spier groepe te oefen wat daarna toe lei na ‘n beter balans vir die spiere in jou liggaam en ook ‘n verhoogde kern stabiliteit.

Ons verstaan heeltemal hoe besig jou skedule is gedurende die hele trou beplanning proses.  Dit is hoekom ons, ons ervaring met jou deel en jou help om gesonder en sterker te voel op jou spesiale dag.

Hoe oefen mens by BODYTEC?


Jy kan nogsteeds normaal oefeninge doen soos tevore of jy kan jou normale oefen sessies by die gimnasium vervang met BODYTEC se 20-minute per week sessies indien jy nie tyd het nie.  Dit alles hang af van jou doelwitte en wat jy as persoon wil bereik.

BODYTEC  gee jou die geleentheid om meer tyd te spandeer om te fokus aan ander oefeninge soos kardio-oefeninge soos hardloop, draf, fietsry, stap of meer tyd met jou verloofde om julle spesiale dag te beplan.  As jy wel fantastiese resultate wil stuur, wissel dit af met ‘n paar gewone oefeninge by jou plaaslike gimnasium.

Ons het self BODYTEC  vir ‘n toetsrit gevat met 10 sessies.  Jy kan definitief ‘n resultaat begin voel en sien na so ses tot agt sessies.  BODYTEC doen slegs Elektrospierstimulasie krag oefeninge en geen ander vorme oefening in hulle studio’s, omdat hulle glo om slegs oefeninge te doen wat voorheen bestudeer was en te fokus op wat hulle weet werk.  Jou persoonlike afrigter sal fokus op jou eie doelwitte.  Dit sal dit elke keer aangepas word vir jou en om die beste van jou oefensessie te maak.  Jou oefen sessie se data word gestoor op jou eie persoonlike kaart wat elke keer gebruik sal word as jy in kom vir ‘n sessie.

Wat trek jy aan na BODYTEC?


Gedurende oefensessies word daar gebruik gemaak van ‘n Spesiale onderkledings pak.  Wat jy aantrek onder die lyfpak wat gekonnekteer word aan die masjien wat gebruik word om oefensessies mee te doen.  Jy het die twee opsies wanneer dit by jou spesiale onderkleding pak kom.  Jy kan dit of koop vir ‘n eenmalig bedrag van R575 BTW ingesluit.  Of per sessie huur, waarvan die huur insluit jou kleding-pak sowel as die skoonmaak daarvan, in ‘n spesiale anti-bakteriële wasmiddel.

As jy ‘n sekere kontra-indikasie het mag jy nie BODYTEC EMS oefening doen nie.  Sekere kontra-indikasies verhoed jou om vir n sekere tydperk nie te oefen nie.  Soos by voorbeeld Swangerskap en Griep, waar ‘n Pasaangeër jou verhoed om glad nie te kan oefen nie.  BODYTEC pas hierdie reël baie streng toe, deur direk vir kliënte te vra van hulle kontra-indikasies.   Vir hulle is die gesondheid en welstand van hulle kliënte baie belangrik en wil dit geensins benadeel nie.  As jy nie seker is of jy ‘n kontra-indikasie het nie?  Kan jy gerus kontak en hulle jou dus ‘n volledige lys kan verskaf daarvan.

BODYTEC  het 36 oefen-ateljees landwyd.  Klik gerus op hierdie aanlyn skakel BODYTEC om hulle webwerf te besoek en kontak te maak met jou naaste BODYTEC tak om ‘n proef oefensessie te boek.  Pakkette begin vanaf slegs R 975 per maand.  Die ateljee wat jy gekies het, sal met graagte vir jou meer inligting gee rakende die beskikbare pakkette.  Moet nie vergeet nie, besoek hulle webtuiste en kontak jou naaste tak nou!

   

Artikel Krediet