Wilhelm & Kelbi se Kirstenbosch Botaniese tuine verlowing fotosessie

Vir ons by Mooi Troues is daar min goed wat so mooi is soos bome!  Dus is ons opgewonde om met Mooi Troues se lesers die verlowing-fotosessie van Wilhem en Kelbi met julle te kan deel wat by die asemrowende mooi Kirstenbosch Botaniese tuine afgeneem was.  Die paartjie se beplanning vir hul uitrustings het baie mooi saam gewerk.  Die weer was bewolk en het gesorg vir daardie tiksel drama in die foto’s.  Geniet die fotosessie.

Vertel ons hoe het julle ontmoet?


Ons het mekaar deur gemeenskaplike vriende by ʼn dans gedurende Jooltyd, in 2012, ontmoet.  Wilhelm se snor en mullet het alles behalwe die regte knoppies by Kelbi gedruk.  Boon-op het hy verkies om eerder nie met Engelse-mense te gesels nie, wat Kelbi wel is.  Wilhelm kon eintlik nie die meisie met die sproete oor die neus weerstaan nie en het haar gevra vir ʼn dans – dit hou sommer die hele aand aan – sonder veel woorde.  Dit was eers maande daarna wat ons weer ontmoet het en toe ordentlik begin gesels het.

Vertel ons hoe het julle verloof geraak?


Wilhelm het probeer om die verlowing as ʼn verrassing te hou.  Hy het ʼn oggend van “Quadbiking” vir ons bespreek, iets wat Kelbi nog altyd wou doen.  Toe ons by die uitkyk punt kom, het ons gaan sit.  Min wetend gaan soek Kelbi die plek met die mooiste uitsig en Wilhelm die gelykte, sodat hy op sy knieg kan gaan.  Terwyl hy probeer om nie van die krans af te waai nie, begin hy met sy beplande toespraak, wat Kelbi sommer namens hom klaarmaak.

Vertel ons meer oor die inspirasie vir die fotosessie


Ons is altwee mal oor die natuur en het nog altyd gedink dat die Kirstenbosch Botaniese tuine besonders mooi is.  Die tuine bied ook ʼn verskeidenheid van plekke om foto’s te neem.  Ons het gevoel ons gaan die mooiste fotos gaan kry waar ons die gemaklikste gaan voel.

Vertel ons meer oor jul droom troudag


Ons droom troue is ʼn dag saam al ons geliefdes met goeie kos en baie dans. ʼn Dag waar almal mekaar net kan geniet en lekker saam kuier.

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: