Romantiese Middag Tee

\Mooi Troues vier vandag ons derde verjaarsdag en is dus super opgewonde om die Romantiese Middag Tee met jul op die spesiale dag te kan deel.  ‘n Paar van Mooi Troues Diensverskaffers het saam gekom om die gestileerde fotosessie saam te sit vir jou inspirasie. Die venue van die gestileerde fotosessie was Langkloof Roses en die dekor en rose was boonop ook deur hul gedoen. Die skryfbehoeftes wat inpas by die Romantiese Middag Tee tema was voorsien deur Adam & Eve Wedding Studio.  Die modelle lyk vreeslik mooi in die mooiste rokke van die bekende Rene H Couture en talentvolle Jacoba Clothing.  Ons hoop die inspirasie neem jou oor met die beplanning van jou troue en dat jy kontak sal maak met die professionele diensverskaffers.

Romantiese Middag Tee_0002 Romantiese Middag Tee_0003 Romantiese Middag Tee_0004


Inspirasie

Die inspirasie agter die gestileerde fotosessie was ‘n romanties geïnspireerde “high tea” troue. Kleur skema was blos, sagte pienk en roos, room en wit, sjampanje en goud – sag, vroulik en romanties.  Met die pragtige, natuurlike venue het so baie foto geleenthede en stilering opsies gehad en dit dus ook self daartoe geleen om verder deel te vorm van die inspirasie vir die romantiese tema, asook die rose waarvoor hulle bekend is.

Marti-Mari (Living Light Photography) en Marlet (The Original Rustique Cakery) het aanvanklik bymekaar gekom met die idee van ‘n “high tea” gestileerde foto sessie om Marlet se koeke ten toon te stel, maar daarna besluit om ander verskaffers betrokke te kry met die idee van ‘n romanties geïnspireerde “high tea” troue (Marlet was self op daardie stadium ‘n toekomstige bruid). Al die verskaffers is aangemoedig om kreatief te wees en met idees in hul eie industrie vorendag te kom wat inpas by die romantiese tema.


Romantiese Middag Tee_0005 Romantiese Middag Tee_0006


Venue

Die pragtige Langkloof Rose wat soveel geleentheid vir stilering en fotos bied, was self deel van die inspirasie vir die romantiese tema en het die perfekte toon gestel vir die gestileerde troue.


Trourok en bruidsmeisie rokke:

Die inspirasie vir die rokke was die verskillende atmosfere wat mens kan skep met die pragtige wynland venue en die resultaat was 3 verskillende rokke in 3 verskillende style – sprankelend formeel, elegant formeel en ‘n meer natuurlik, sagte informele styl.


Romantiese Middag Tee_0007 Romantiese Middag Tee_0008 Romantiese Middag Tee_0009 Romantiese Middag Tee_0010 Romantiese Middag Tee_0011


Blomme:

Die tendens op die oomblik is “everything cascading, trailing, whimsical” – geïnspireer daardeur is sagte hangende blomme balle geïnstalleer in ‘n sagte romantiese voorkoms in die natuurlike omgewing, eerder as blomme op die tafels. Dit skep ‘n dromende, vloeiende effek wat die prentjie wat geskep is vir die foto sessie soos ‘n handskoen pas. Blomme wat gebruik is, is Chrysante, treilende groenigheid soos aspersie varings en ster jasmyn, O’hara rose, amaryntis, room hypericum, Ocean Song rose en Guava rose.


Koeke:

‘n Klassieke, vars en simplistiese romantiese voorkoms vorm die inspirasie agter die koeke. Dit is modern met ‘n tikkie romantiese sagte skoonheid. Drie koeke en kolwyntjies het bestaan uit suurlemoen vanielje spons met vanielje roomkaas versiersuiker. Eenvoudige tog elegante styl “kaal” koeke is gebruik om romanse te verteenwoordig en is in samewerking met die bloemis versier met pragtige blomme en handgemaakte “bunting”.


Skryfbehoeftes:

Die skryfbehoeftes is geïnspireer deur die elegansie en romanse van die venue, met rose as die hoof element. Sagte gemengde kleure van die rose en agtergrond dien as inspirasie vir ‘n sagte, romantiese monotoon palet met skryfbehoeftes in sagte geronde hoeke. Sjiek lae toon uitnodigings met laser gesnyde detail is gebruik in een uitnodiging en goue foelie as hoof fokus punt in die ander.


Romantiese Middag Tee_0012 Romantiese Middag Tee_0013 Romantiese Middag Tee_0014 Romantiese Middag Tee_0015 Romantiese Middag Tee_0016 Romantiese Middag Tee_0017 Romantiese Middag Tee_0018 Romantiese Middag Tee_0019 Romantiese Middag Tee_0020 Romantiese Middag Tee_0021 Romantiese Middag Tee_0022 Romantiese Middag Tee_0023 Romantiese Middag Tee_0024 Romantiese Middag Tee_0025


Juweliersware en bykomstighede:

Inspirasie was sagte, romantiese en delikate blom ontwerpe wat bestaan het uit varswater pêrels, Swarovski kristalle en Swarovski pêrels. Kant is geïnkorporeer in verskeie ontwerpe om die pragtige trou en bruidsmeisie rokke te komplementeer.


Hare en grimering:  

Die idee was om ‘n sagte romantiese voorkoms te skep wat sagtheid verleen aan die bruid geselskap. Lang los lokke van sagte krulle en vlegsels was aan die orde van die dag om sodoende romantiese haarstyle te skep. Die grimering was sag en natuurlik met klem op die wange en wenkbroue.


Romantiese Middag Tee_0026 Romantiese Middag Tee_0027 Romantiese Middag Tee_0028 Romantiese Middag Tee_0029


Advies aan paartjies wat trou:

Dink uit die boks uit!

Kyk na die kwaliteit en terugvoering (getuigskrifte) van die diens verskaffers wat julle wil gebruik vir jul groot dag. Maak seker dat jy van hul werk hou en goedkeur en dat julle gemaklik voel met hulle.

Investeer in ‘n goeie professionele haar en grimeer kunstenaar en fotograaf. Na die trou dag verby is, is die foto’s jou enigste herinnering en dus is dit belangrik om jou beste te lyk ook.

Beplan vooruit en laat professionele diens verskaffers die meeste van die werk doen, eerder as om alles self te probeer doen – hulle ken die industrie, het die regte kontakte en sal op die einde van die dag vir jou tyd en geld spaar. Begin vroeg sodat daar genoeg tyd is om jou perfekte dag te beplan.

Wees altyd getrou aan jouself en jou eie persoonlike styl. Jy moet die dag aanpak met selfvertroue en gemaklik voel. Vind die beste diens verskaffers om by jou styl te pas.

Minder is meer!

Moenie toelaat dat buitestaanders jou beïnvloed ten koste van jou eie idees nie. Alhoewel buite advies en hulp baie waardevol is, maak seker dat die dag oor jou en jou verloofde gaan en die dinge waarvan julle hou, want dis JOU dag.

Onthou om die beplanning te geniet ook! Moenie so vasgevang word in die beplanning van die “perfekte troue” en vergeet om die spesiale tyd te geniet en te koester saam met jou geliefde nie.


Romantiese Middag Tee_0030 Romantiese Middag Tee_0031 Romantiese Middag Tee_0032

Diensverskaffers: