Niel & Leani se pasta maak verlowing

Leani & Niel verlowing_0001


Niel en Leani is albei passievol oor kos maak en kos eet en die paartjie het hulle gesamentlike passie deel gemaak van hulle mooi verlowing sessie by Rosemary Hill. Die oulikste deel van die paartjie se storie is dat hulle verloof geraak het in hulle sitkamer onder fairylights en heerlike tuisgemaakte pasta en sjampanje kolwyntjies. Die paartjie het getrou 7 Maart 2015. Hierdie verlowing sessie is definitief ‘n Inspirasie vir baie paartjies wat besig is om hulle troue te beplan.


Leani & Niel verlowing_0002 Leani & Niel verlowing_0003 Leani & Niel verlowing_0004 Leani & Niel verlowing_0005 Leani & Niel verlowing_0006 Leani & Niel verlowing_0007


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ons het ontmoet deur ‘n gesamentlike vriend.  Ek en Japie was saam op skool en Neil en Japie was saam in die koshuis op universiteit.


Leani & Niel verlowing_0008 Leani & Niel verlowing_0009 Leani & Niel verlowing_0011 Leani & Niel verlowing_0012 Leani & Niel verlowing_0013 Leani & Niel verlowing_0014


Hoe het julle verloof geraak?

Ons is albei erg lief vir kos maak en kos eet.  Op 18 Oktober 2014 (ons 5 jaar herdenking vandat ons begin uitgaan het) het hy ons huis behang met fairy lights en vir my ‘n ete voorberei van tuisgemaakte vars pasta en sjampanje kolwyntjies (albei my gunsteling)! Hy het op sy knie gegaan in ons sitkamer met die mooiste ring in ‘n “puzzle box” en liggies wat skitter.


Leani & Niel verlowing_0016 Leani & Niel verlowing_0017 Leani & Niel verlowing_0018 Leani & Niel verlowing_0019 Leani & Niel verlowing_0020


Diensverskaffers:

Fotograaf: Grace Studios | Venue: Rosemary Hill
Props: Selfdoen