Deon & Danielle se kleurvolle verlowing fotosessie

Danielle en Deon is ʼn besonderse mooi paartjie en Danielle vertel ons hoe sy vir Deon ontmoet het.  Die dag wat hul verloof geraak het was ook bitter kostelik. Wens ons was ʼn vlieg op die muur. Danielle gee ons ook ʼn voorsmaak oor hoe hul trou dag sal lyk en ons hoop regtig ons kan dié dag ook óók met jul deel.  Ons gaan nie verder verklap nie so geniet die foto’s en word geïnspireerd deur die twee se planne vir hul groot dag.


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Dit was in my studente jare wat ek en ʼn paar van my universiteits vriende naweke in ʼn Ierse kroeg in Durbanville gekuier het. Een Saterdag aand onderbreek ʼn jong man my terwyl ek in ʼn gesprek was. Sy eerste woorde aan my was “Soek jy tequila?”. Ek staar na hom geskok oor hoe onbeskof die onderbreking was, maar toe ons oë mekaar s’n vang verloor ek myself in die diep kyk in sy oë, mooi oë, ek mompel vir hom, “Ja”.  Na daardie aand het hy my hart geroer, ek dink dit het toe al geweet dat Deon op daardie oomblik by die kroeg waar ons vir mekaar gestaar het ʼn gedeelte van my hart gesteel het.



Hoe het julle verloof geraak?

14 Februarie 2014.

Ek stop voor Deon se huis en ʼn gespanne man wat vreeslik baie glimlag groet my by die deur. Hy gee vir my ʼn koekie wat in ʼn hart vorm is en sê “Ek is lief vir jou”. Hy glip weg en sê vir my ek moet my oë toe maak. Ek staan en peusel aan die Valentyns koekie, oë toe. Toe Deon terugkom vat hy my hand en fluister vir my: “Ek gaan jou nou vra om te trou”, ek hoor hoe bewe sy stem, ek voel hoe klop my hart vinniger. Ek maak my oë oop en Deon staan onrustig voor my en vra al ewe giggelrig “watter knie moet ek op afgaan?”. Ek giggel saam met hom. “My antwoord is, ja.”


Danelle Photography

Wanneer beplan julle om te trou?

5 Maart 2016. Deon se ma-hulle woon op ʼn druiwe-plaas in Wellington. Ons het besluit oor ons mens-mense, familie mense is, is dit die perfekte plek vir ons huweliksdag. ʼn Groot groen veld wat uitkyk oor ʼn dam in die agtergrond en plaas diere wat rond staan en wei.

Die seremonie gaan in die Perdestalle gehou word, met gaste op hooi bale en kandelare wat uit die dak uithang, ʼn  gevoel van ʼn growwe afwerking maar met ʼn tikseltjie elegantheid wat die stalle tot lewe gaan bring.

Die onthaal word buite gehou, gaste omring deur wingerde en groot akkerbome. Lekker musiek en boeresport op die groot grasperke. As die son gaan sak, dans ons onder die sterre, met feetjie- liggies gespan oor ons koppe.


Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Fotograaf:  Danelle Photography
  • Liggings: Gekleurde huisies in die Bo-Kaap, Kaapstad en  Kampsbaai se strate en die strand.