Rudolf & Karlien se oulike plaas troue

Rudolf en Karlien lyk na ‘n baie kostelike paartjie wat mekaar regtig lief het en saam mekaar groei.

Rudolf het vir Karlien omtrent ‘n unieke tyd gekies om Karlien te vra om te trou. Wat sal jy in so situasie doen?

Dié paartjie deel met ons baie goeie advies en ‘n boek wat elke paartjie moet lees.

Karlien & Rudolf se troue soos op Mooi Troues_0001Karlien & Rudolf se troue soos op Mooi Troues_0002 Karlien & Rudolf se troue soos op Mooi Troues_0003 Karlien & Rudolf se troue soos op Mooi Troues_0004 Karlien & Rudolf se troue soos op Mooi Troues_0005


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

 Ons het die eerste keer ontmoet by ‘n leierskap kamp gedurende ons Graad 11 jaar op skool. Ons het ‘n oomblik gehad waar ons na mekaar gekyk het en gelyk vir mekaar geknipoog het toe weet ek daar is iets spesiaal.


Karlien & Rudolf se troue soos op Mooi Troues_0006 Karlien & Rudolf se troue soos op Mooi Troues_0007 Karlien & Rudolf se troue soos op Mooi Troues_0008 Karlien & Rudolf se troue soos op Mooi Troues_0009 Karlien & Rudolf se troue soos op Mooi Troues_0010


Hoe het julle verloof geraak?

 Soos in die fliek “About time”… hy het my die aand skuins na twaalf wakker gemaak en langs my bed op sy knieë gegaan en vertel hoe lief hy my het en dat hy geweet het ons behoort saam. Toe sukkel hy eers om die ringboksie oop te kry (van spanning en opgewondenheid) en in die boksie was die ring wat hy self vir my ontwerp het.


Karlien & Rudolf se troue soos op Mooi Troues_0011 Karlien & Rudolf se troue soos op Mooi Troues_0012 Karlien & Rudolf se troue soos op Mooi Troues_0013 Karlien & Rudolf se troue soos op Mooi Troues_0014


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?

Ek en Rudolf was van matriek af saam. Ons was sewe jaar saam voordat ons getrou het.


Karlien & Rudolf se troue soos op Mooi Troues_0015 Karlien & Rudolf se troue soos op Mooi Troues_0016 Karlien & Rudolf se troue soos op Mooi Troues_0017 Karlien & Rudolf se troue soos op Mooi Troues_0018 Karlien & Rudolf se troue soos op Mooi Troues_0019 Karlien & Rudolf se troue soos op Mooi Troues_0020 Karlien & Rudolf se troue soos op Mooi Troues_0021 Karlien & Rudolf se troue soos op Mooi Troues_0022 Karlien & Rudolf se troue soos op Mooi Troues_0023 Karlien & Rudolf se troue soos op Mooi Troues_0024


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

 Jy en jou beter helfte gaan verander met tyd. Mens hoef nie bang te wees daarvoor nie solank mens saam groei en die ander mens aanvaar vir wie hul is en oppad is om te word.

‘n Baie oulike boek wat ek voorstel paartjies moet lees is die 5 tale van die liefde (geskryf deur Dr Gary Chapman).

Nog ‘n brokkie advies is iets wat Rudolf se ouma (Daleen) vir ons gegee het, mens moet nie kwaad vir mekaar gaan slaap nie, as mens baklei moet mens dit uitpraat.


Karlien & Rudolf se troue soos op Mooi Troues_0025 Karlien & Rudolf se troue soos op Mooi Troues_0026 Karlien & Rudolf se troue soos op Mooi Troues_0027 Karlien & Rudolf se troue soos op Mooi Troues_0028 Karlien & Rudolf se troue soos op Mooi Troues_0029 Karlien & Rudolf se troue soos op Mooi Troues_0030 Karlien & Rudolf se troue soos op Mooi Troues_0031 Karlien & Rudolf se troue soos op Mooi Troues_0032 Karlien & Rudolf se troue soos op Mooi Troues_0033

Diensverskaffers:

  • Venue: Kilcairn
  • Kos: Two food funds
  • Grimering: Angelic Goddess
  • Blomme: Aangekoop by Bofberg en rangskik deur Rudolf se ma
  • Fotograaf: Kaitlyn de Villiers  Assistant: Nacia Kruger
  • Platejoggie: AV Pro – Music for any occasion