Heinrich & Elzette se pragtige plaas troue

Heirich en Elzette se pragtige plaas troue was gevier by die baie mooi plaas genaamd Kilcairn in een van die Wes-Kaap se populêre wynroetes.  Lezanne van Lezanne’s Designs het ook die perfekte skryfbehoeftes vir dié troue se tema ontwerp.  Elzette het ‘n prentjie mooi rok gedra van Ilse Roux en haar strooimeisies het rokke van Jacoba Clothing aangehad.  Geniet die foto’s en word geïnspireerd.

troues in die wynland troues in die wynland troues in die wynland troues in die wynland


Hoe het julle die eerste keer ontmoet? 

Ek en twee vriendinne het saam ‘n huis gedeel. Heinrich en ‘n vriend het een aand my vriendin kom optel vir ‘n “Chrismas in July” partytjie. Ek het beplan om die aand net snoesig in my pajamas te lê en TV kyk. Ek en Heinrich het aan die gesels geraak terwyl sy vriend vir my vriendin gewag het om reg te maak. Hulle het my oorreed om saam te gaan na die partytjie en soos hulle sê: “the rest is history”.

Ons is van daardie dag af saam, dit was asof Heinrich altyd deel was van my lewe.


troues in die wynland troues in die wynland troues in die wynland


Hoe het julle verloof geraak? 

Heinrich het kort nadat ons ontmoet het al planne gehad om te trou. Die idee was om Knysna toe te gaan en my daar te vra maar planne het erg skeef geloop. Hy het sy been gebreek, was op krukke en het ook gehoor dat hy sy werk gaan verloor. Om alles erger te maak het die motor op pad Knysna toe gebreek. Twee jaar later, toe alles baie beter gaan, het hy my na presies dieselfde huisie in Knysna geneem. Die eerste aand daar het hy my buitekant toe geroep. Op die hout dek het hy op sy knie gegaan en my gevra, dit was perfek!


troues in die wynland troues in die wynland troues in die wynland


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het? 

Alhoewel ons van dag een af geweet het ons is bedoel vir mekaar het omstandighede nie altyd saam gespeel nie en ons is eers na sewe jaar saam getroud. Moenie oor haastig iets doen nie, gaan eers saam deur die “dik en dun” van die lewe. Dit het ons net sterker gemaak.


troues in die wynland troues in die wynland troues in die wynland Heinrich en Elzette_0015 plaas troue idees plaas troue idees plaas troue idees plaas troue idees Heinrich en Elzette_0020 Heinrich en Elzette_0021 plaas troue idees plaas troue idees plaas troue idees plaas troue idees Heinrich en Elzette_0026 plaas troue idees Heinrich en Elzette_0028 plaas troue idees plaas troue idees plaas troue idees


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee? 

Vertrou mekaar en moenie jou maat se vertroue verbreek nie. Staan saam en maak saam besluite. Moenie dat ander mense julle verhouding regeer nie, dit gaan oor julle en net julle sal weet wat reg is.  Lag vir mekaar! Almal het hul snaakse maniertjies. Dit help om die humor daarin raak te sien.


Heinrich en Elzette_0032 Heinrich en Elzette_0033 Heinrich en Elzette_0034 troues in die wynland troues in die wynland troues in die wynland troues in die wynland troues in die wynland troues in die wynland troues in die wynland Heinrich en Elzette_0042 troues in die wynland troues in die wynland troues in die wynland troues in die wynland

Diensverskaffers: