Liefde gebeur soos dit moet, al is dit perongeluk en hoe kan ‘n dame ‘n outjie weerstaan op ‘n motofiets in uniform.
So het die liefde tussen Mauritz en Suzanne ontstaan en met soveel stokperdjies wat hul saam doen en God as die kaptein vam hul “lewensboot” sal die liefde nooit sink nie.
Lees self Suzanne en Mauritz se liefdes verhaal.
Hoe het julle ontmoet?
Suzanne en Mauritz se paaie het perongeluk gekruis. Begin April van 2011 het Suzanne perongeluk die verkeerde Mauritz op Facebook bevriend het. Hulle het mekaar so leer ken. Begin Mei het hy gevra of hy n koppie koffie by haar kan kom drink en sy het ingestem. Hy het op sy motorfiets in sy Lugmag uniform opgedaag… so het sy geweet die koel is deur die kerk. Hulle het begin uitgaan 15Julie 2011.
Waneer het julle verloof geraak?
Ons is verloof op 28 September 2013. Hy het haar wildste drome oortref met n romantiese Fotosessie wat n pragtige ring ingesluit het.
Waneer het jul getrou?
11 Oktober 2014 – die mooiste maand het Mauritz en Suzanne hul ewige trou beloof aan mekaar in Gereformeerde Kerk Kameeldrift en onthaal was gehou by Bosboma. Dit was n geseënde troue.
Diensverskaffers:
Fotograaf: Monique Brits