Gerhard & Sonette se oulike verlowing fotosessie

Gerhard en Sonette het ‘n goeie fondasie vir hul verhouding en dit is baie belangrik voordat paartjies in die huwelik tree. Lees meer oor die paartjie se ontmoeting, hoe Gerhard vir Sonette gevra het om te trou en oor hul trou plek.

Gerhard & Sonette se troue soos gesien op Mooi Troues_0001Gerhard & Sonette se troue soos gesien op Mooi Troues_0002 Gerhard & Sonette se troue soos gesien op Mooi Troues_0003 Gerhard & Sonette se troue soos gesien op Mooi Troues_0004

Hoe het julle ontmoet?


Ons het as studente ontmoet by die Puk se Opedag.  Gerhard het gedien op die universiteit se Uitvoerende Komitee vir Bemarking en ek was besig om my koshuis bemark.  Met al sy sjarme het Gerhard ‘n gesprek probeer aan knoop en toe ons eers begin gesels, was ons dadelik verlief.  Daarna het vele koffie afsprake gevolg, pieknieks en flieks.  Met ons ankers in geloof, ‘n liefde vir goeie koffie en passie vir die akademie het ons geweet ons is vir mekaar bedoel.

Gerhard & Sonette se troue soos gesien op Mooi Troues_0005 Gerhard & Sonette se troue soos gesien op Mooi Troues_0006 Gerhard & Sonette se troue soos gesien op Mooi Troues_0007 Gerhard & Sonette se troue soos gesien op Mooi Troues_0008

Hoe het julle verloof geraak?


Na maande se beplanning in die geheim, natuurlik om te verseker dat  Sonette  niks vermoed nie, het ons op  31 Desember 2014 verloof geraak op haar ouers se plaas net buite Lichtenburg.  Almal het help beplan aan die verlowings piekniek  in die grasveld.  Dit was ‘n groot verassing.  Die weer het eers nie saam gespeel nie, maar toe ek op my knie sak, met die son op die horison, was die oomblik onvergeetlik. Vir ‘n kort rukkie het die reёn opgehou en was dit prentjiemooi.  ‘n Ongelooflike afsluiting vir 2014, en die beste begin vir 2015.

Gerhard & Sonette se troue soos gesien op Mooi Troues_0009 Gerhard & Sonette se troue soos gesien op Mooi Troues_0010 Gerhard & Sonette se troue soos gesien op Mooi Troues_0011 Gerhard & Sonette se troue soos gesien op Mooi Troues_0012

Waar en wanneer trou julle?


Ons trou die 26ste September 2015 by die pragtige ‘Anderland’ plaas buite Potchefstroom.  Die gotiese kapel met sy kloostertuin herinner mens aan ‘n plek iewers in die Engelse platteland. Anderland is die ideale romantiese plek om jou troudag onvergeetlik te maak met 160 jaaroue bome en groot tuine skep dit ‘n “anderland”

Gerhard & Sonette se troue soos gesien op Mooi Troues_0013 Gerhard & Sonette se troue soos gesien op Mooi Troues_0014

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Fotograaf: Maxine Theunissen |
  • Ou kar: Nick Rautenbach