Werner & Monique se Natuurlike Verlowing Fotosessie op die Plaas

Werner en Monique se natuurlike verlowing fotosessie op die plaas is die perfekte voorsmakie van hul komende huwelik. Werner het die groot vraag gevra op hul gunsteling plek in die wêreld, die Chobe-rivier in Botswana. Teen die agtergrond van ’n pragtige Afrika-sonsak was die oomblik presies soos hul verhouding stil, intiem en onbeskryflik spesiaal.

Vir hul verlowingsessie het die paartjie die oop veld gekies. Omdat hulle beplan om op die plaas te trou, wou hulle ’n natuurlike styl vasvang wat hul gaste reeds ’n voorsmakie gee van die atmosfeer van die groot dag. Behalwe vir die pragtige foto’s vir hul trou uitnodigings, was die fotosessie ook ’n heerlike “oefenlopie” om gemaklik voor die kamera te raak.

Hul visie vir die droomtroue is eenvoudig en opreg met ’n dag vol lag, goeie kos en baie dans saam met hul geliefdes. Vir Monique en Werner is die samesyn van familie en vriende die belangrikste deel van hul nuwe hoofstuk.

Beplan jy ’n plaas troue of ’n intieme verlowing fotosessie? Besoek Mooi Troues se aanlyn trougids vir inspirasie en die beste diensverskaffers om jou natuurlike visie tot lewe te bring.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons het mekaar via gesamentlike vriende ontmoet. Alhoewel ons vir ’n rukkie as ‘vriende’ bekend gestaan het, het ons albei van die begin af van mekaar gehou. Dit het net ’n bietjie tyd gevat vir een van ons om uiteindelik die moed bymekaar te skraap om iets te sê!

Ons was sewe jaar saam voordat ons verloof geraak het, ’n tyd waarin ons verhouding net natuurlik gegroei en sterker geword het.

Die groot vraag:


Ons het al voor die tyd oor verlowing gesels, so ek het geweet dit gaan êrens kom … maar die hoe, waar en wanneer was ’n verrassing vir my.

Ons het op 20 Julie 2025, tydens sononder op die Chobe-rivier in Botswana, verloof geraak. Die Chobe is ons albei se gunsteling plek in die wêreld. Dit kon eenvoudig nie meer besonders gewees het nie. Die oomblik was perfek in sy eenvoud stil, intiem en onbeskryflik spesiaal.

Hoekom ons mekaar liefhet:


Monique se gunsteling eienskappe van Werner is sy rustige geaardheid en die feit dat niks ooit vir hom te veel moeite is nie. In sy teenwoordigheid voel sy opreg geliefd. Hy skep daardie kalm, veilige ruimte sonder om eens te probeer.

Werner se  gunsteling eienskappe van Monique is die ongelooflike energie waarmee sy leef. Sy daag my uit om kanse te vat en elke oomblik saam met haar is propvol opwinding. Sy is ook iemand wat ander mense diep lief het hulle belange op die hart dra.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons trou op 21 Februarie 2026. Dit gee ons in totaal ongeveer 8 maande om ons tyd as verfloofdes te geniet.

Die verloofring:


Ons het saam gaan kyk en gesels oor wat ek graag wou hê, maar die finale ontwerp en uitvoering was heeltemal in Werner se hande. Dit was dus die perfekte kombinasie van saam beplan én ’n bietjie verrassing vir my.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Die hoofdoel was om dit vir ons trou uitnodigings te gebruik, maar dit het ook gedien as ʼn goeie oefenlopie vir die groot dag.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Omdat ons op die plaas trou, het ons besluit om ons fotos buite in die natuur te neem. Dit gee ons gaste ook ’n mooi voorsmakie van die styl van ons troue.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


Ons geniet hierdie seisoen as verloofdes ongelooflik baie! Ons het nie regtig vrese of spesifieke verwagtinge nie en wil net elke oomblik hiervan inneem en die tyd saam geniet!

Visie vir droomtroue:


Ons droomtroue is eenvoudig om ons spesiale dag met die mense wat ons liefhet te deel, die res is net bonus. Ons sien ’n dag vol liefde, lag, goeie kos en baie dans, ’n hartlike en vreugdevolle viering wat werklik soos ons voel.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: