Jaco & Karien se platteland troue

Jaco en Karien se plattelandse troue is definitief iets wat jy sal geniet om te lees en te kyk na. Hulle troue se kleurskema was geel met die ‘n helder koningsblou wat die perfekte kombinasie maak.

Ietsie spesiaal van die paartjie se troue is die storie agter die kerk in Parys waar hulle getrou het. Karien se oupa en ouma sowel as haar ma en pa het daar getrou.

As jy ‘n plaasmeisie is of ‘n stadsmeisie wat mal is oor die plaas-lewe sal jy die paartjie se troue waardeer. Dit het plaasgevind op ‘n plaas met die styl van ‘n stadstroue. Hulle onthaal was gehou op hulle familieplaas in ‘n markiestent onder die sterre en reg langs die rivier.

Die paartjie het hulle troue as ‘n fees-kuier met lekker musiek en heerlike kos beskryf. Die gaste wat die troue bygewoon het, het tot na middernag gekuier. Die talentvolle Nanet Skead het Jaco en Karien se troufoto’s geneem.

Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0001Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0002 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0003 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0004 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0005 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0006 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0007 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0008 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0009 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0010 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0011 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0012 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0013 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0014 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0015 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0016 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0017 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0018 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0019 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0020

Hoe het julle verloof geraak?


Ons liefde het na ‘n ontspanne Afrika vakansie begin blom. ‘n Jaar en twee maande later kuier ek by hom in die Vaalharts by Hartswater saam met my broer en skoonsus. Hy reël toe met ‘n goeie vriend van ons vir ‘n helikopterrit oor die pragtige vallei. Ek en hy spring eerste in en skaars in die lug vra hy my met die mooiste beloftes en ring om met hom te trou. My hart slaan toe ‘n paar keer bollemakiesie en toe kry ek genoeg asem vir die ja ! Na nog so twee sweefdraaie deur die blou lug land ons weer by hulle. En van iewers af, ek weet nou nog nie van waar nie, kom toe ‘n skinkbord met sjampanje te voorskyn !

Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0021 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0022 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0023 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0024 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0025 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0026 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0027 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0028 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0029 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0030 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0031 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0032 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0033 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0034 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0035 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0036


Raad vir paartjies wat gaan trou:

  • Kies ‘n tema vir jou troue wat die storie van julle liefde vertel.
  • Dit maak jou troue heeltemal uniek. Ons tema was ‘n skapie [of dan skapies] omdat Jaco na ons Botswana toer vir my ‘n klein skapie in Afrika krale gegee het as geskenkie. Natuurlik het die skapie gepronk op ons troukoek se boonste laag. Ons het die tema gebruik heel van die begin met die troukaartjie, dwarsdeur al die verskillende ervarings van die troue, padlangs tot op die plaas en ook as deel van die dekor.; soms heel stylvol maar ander kere weer speels en so ‘n bietjie tong in die kies.
  • Omdat ek baie lief is vir materiale en teksture het ek ook ‘n
  • temalap gekies wat in die tent by verskillende fokuspunte gebruik is . Saam met ou geliefde en geleefde meubelstukke uit ons huis was die markiestent huislik en uniek met genoeg kuierplek onder die bome en in die bos langs die rivier.
  • En die blomme vir die dag; vars en natuurlik en oral !
  • Goeie en lekker musiek vir ‘n ontspanne atmosfeer is die sleutel tot die hele fees; saam hiermee natuurlik ‘n gesellige kostafel met kos wat jy weet jou gaste sal geniet.
  • Probeer dinge self doen sonder om te veel stres op jou of die familie te laai.
  • Kies ‘n fotograaf met wie julle gemaklik en net julleself kan wees.
  • Hou alles informeel en gemaklik.
  • Werk volgens ‘n begroting en bly daarby !

Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0037 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0038 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0039 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0040 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0041 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0042 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0043 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0044 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0045 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0046 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0047 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0048 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0049 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0050 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0051 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0052 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0053 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0054 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0055 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0056 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0057 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0058 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0059 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0060 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0061 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0062 Jaco & Karien se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0063


Diensverskaffers:

  • Fotograaf: Nanet Skead 
  • Videograaf: Gerald Skead
  • Hare: Salon Bello
  • Dekor: Karien & Karin
  • Orkes : Sunset Grooves
  • Platejoggie: CJ Entertainment
  • Skryfbehoeftes: Canvas
  • Spyseniering: Feasts&Flowers
  • Trou Rok: Garnish
  • Grimering: Blush make-up studio
  • Venue : Riversong Farm