Pers skryfbehoefte inspirasie

Wie sal nié graag hul gunsteling ontwerpte skryfbehoeftes vir hul spesiale dag wil hê nie?  Vir baie bruide is die effek van ʼn reliëfdruk pragtig, maar weens die duur aard van hierdie skryfbehoeftes, word dit dikwels afgeskryf.

By White Kite Studio het hulle ‘n oplossing! Deur ʼn stempel te laat maak met ʼn pragtige monogram of illustrasie, kan elke deel van jou skryfbehoeftes ʼn pragtige reliëf motief uitbeeld.

Hierdie pers is nie so duur om te laat maak nie, en dis ʼn pragtige stempel om te hou. Corine en Jaco het so ʼn stempel laat maak vir hul uitnodigings, maar dieselfde stempel gaan nou ook gebruik word vir die res van hul skryfbehoeftes.

cp_0161cp_0162 cp_0163 cp_0164 cp_0165 cp_0166 cp_0167 cp_0168 cp_0169

Diensverskaffers:

Skryfbehoeftes: White Kite Studio