DeWet & Wiana se romantiese buitelug fotosessie

Indien jy inspirasie, of bloot ʼn manier gesoek het om jou geliefde te lok na ʼn paartjie-fotosessie, is jy op die regte plek!  DeWet en Wiana het hierdie fotosessie tydens ʼn dans kompetisie gewen en besluit om die tema daarvan rondom hulle persoonlikhede en dinge waarvoor hulle lief is, te baseer.  Dit het gelei tot ʼn romantiese buitelug fotosessie in die natuur.  Hulle het ook ʼn prettige element bygevoeg om die foto’s meer interessant te maak.  DeWet en Wiana het sommer net daar, in die middel van die pad, ʼn vuur aangesteek, malvalekkers gebraai en heerlik piekniek gehou!

Ons hier by Mooi Troues dink dit is ʼn baie oulike idee om jou en jou geliefde se reis in drie fotosessies op te deel – ʼn paartjie fotosessie, ʼn verlowing fotosessie en dan natuurlik jul trou foto’s.  Elke fotosessie kan ʼn soortgelyke tema hê om die algehele prentjie te voltooi.

Rol af om na DeWet en Wiana se romantiese buitelug fotosessie te kyk.

couple photoshoot on a dirt road couple photoshoot on a dirt road couple photoshoot on a dirt road couple photoshoot on a dirt road couple photoshoot on a dirt road

Die eerste ontmoeting:


Ons eerste ontmoeting was nou nie juis iets uit ʼn strokiesverhaal nie, maar dit het tog in een ontaard.  Met ons eerste ontmoeting het ek (Wiana) gedink dat DeWet baie aantreklik, maar bietjie arrogant is.  Ons het egter later die aand lekker gesels en gekuier en van daar af het dit net vlam gevat.

Ek (DeWet) het haar raak gesien en haar glimlag en borrelende blydskap het my aandag baie getrek.

v couple photoshoot on a dirt road couple photoshoot on a dirt roadcouple photoshoot on a dirt road couple photoshoot on a dirt road

Hoekom ons mekaar liefhet:


My gunsteling eienskap van DeWet is dat hy enige situasie, maak nie saak hoe sleg dit is nie, kan verander dat mens kan lag daaroor.  Hy is ook altyd ʼn bok vir sports.  Hy sal altyd probeer om iets vir ander mense so lekker as moontlik te maak.  Sy sagte oë en mooi persoonlikheid kan enige slegte dag verander in’ n goeie een!

My gunsteling eienskappe van Wiana is dat sy altyd opreg is en sy sal altyd ander bo haarself plaas.  Sy is baie spraaksaam en hou baie van geselsies maak!

couple photoshoot on a dirt roadcouple photoshoot on a dirt road couple photoshoot on a dirt road couple photoshoot on a dirt road couple photoshoot on a dirt road couple photoshoot on a dirt road

Rede vir die fotosessie:


Toe ons ontmoet het, kon DeWet glad nie dans nie en ek (Wiana) is vreeslik lief vir dans.  Met tyd het hy maar geleer dans en nou is ons altwee baie lief daarvoor.  Ons was een aand by ʼn kerk dans en daar was ʼn geskenk bewys vir die paartjie wat die beste gedans het.  Ek weet nou nie of ons die beste gedans het nie, maar ek weet wel dat ons die heel meeste daardie aand gedans het; Ek dink nie ons het 3 danse gemis nie!  Die geskenk bewys was toe ʼn fotosessie by Mariette Du Toit.  Ek is tot vandag toe dankbaar dat ons dit gewen het – sy is puik!

couple photoshoot on a dirt road couple photoshoot on a dirt road couple photoshoot on a dirt road couple photoshoot on a dirt road

Inspirasie agter die fotosessie:


DeWet het op die plaas groot geraak en alhoewel ek ʼn dorpsmeisie is, hou ek ook baie van die natuur en buitelewe.  Dus het ek en DeWet die fotosessie in die buitelug baie geniet. Nie een van ons het eintlik geweet wat om te doen met die fotosessie nie;  Nog minder het ons geweet hoe of waar!  Ons het die mees natuurlikste manier om ons verhouding uit te beeld gekies – gemaklik en eenvoudig.  Mariette het ook baie insig en raad gelewer oor wat die mooiste en beste foto’s sal maak.

couple photoshoot on a dirt road couple photoshoot on a dirt road couple photoshoot on a dirt road couple photoshoot on a dirt road couple photoshoot on a dirt road

Klik hier vir diensverskaffers