Stefan & Charlene se cool vintage troudag

Stefan en Charlene is definitief ʼn “hip and happening” paartjie en ons is baie opgewonde om hul koel troue met jul te deel wat by die veelsydige trouvenue in Riebeeck-Wes gevier was.  Geniet asseblief die foto’s en word geïnspireer om jou troue by die venue ook te hou.

Groenrivier Function Centre is ‘n plattelandse trou venue in Riebeek Vallei, in die Swartland distrik. Hierdie is die ideale bestemming vir ‘n troue. Dit is ‘n pragtige trou venue net so oor ‘n uur se ry vanaf Kaapstad, omring deur die natuurskoon van die gewilde Riebeek Vallei gebied. Beide Riebeek-Kasteel en Riebeek-Wes bied werêld klas verblyf vir gaste met baie aktiwiteite om jou trou gaste besig te hou.

Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0002 Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0003

Hoe het julle die eerste keer ontmoet?


Charlene antwoord: Ek was 16 en hy was 18. Hy het pas Weskus toe getrek, toe ʼn vriendin vra het of ek nie sou belang stel om na ʼn “blind date” aand te kom waar daar ʼn paar meisies en ʼn paar ouens sal wees om mekaar te ontmoet nie.

Stefan: Soos gewoonlik was Charlene weer “fashionably” laat. Toe sy ʼn uur na die klomp ander meisies alreeds daar was, opdaag, kon ek nie my oe van haar af hou nie.

Charlene: Die volgende aand het ons 2 op ʼn formele Valenteins-ete gegaan, en van daar af het ons sprokiesverhaal begin.

Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0004 Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0005

Hoe het julle verloof geraak?


Charlene: Ek het van niks geweet nie. Ek was onder die indruk dat ons Langebaan toe ry om huis planne by ʼn argitek af te gee, en dan sommer iets te gaan eet. Volgens Stefan was die argitek nog nie tuis nie, en vir daardie rede het ons solank gebruik gemaak van die mooi dag, en Shark Bay toe gery om die mooi uitsig te waardeer terwyl ons wag. Terwyl ons daar op die rots staan en die pragtige blou strandmeer waardeer, het hy my styf vasgehou. Hy het sy liefde aan my verklaar, en voor ek myself kon kry, staan hy gekniel voor my met ʼn boksie met die mooiste ring wat ek in my lewe al ooit aanskou het, en vra my om sy vrou te wees…

Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0006 Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0007 Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0008 Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0009 Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0010

Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?


Stefan: Die dag voor die troue was ons offisieel 9 jaar saam, waarvan ons 2 jaar verloof was.

Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0011 Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0012 Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0013 Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0014 Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0015 Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0016 Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0017 Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0018 Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0019 Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0020 Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0021 Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0022 Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0023 Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0024 Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0025 Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0026 Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0027 Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0028 Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0029 Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0030 Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0031 Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0032 Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0033 Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0034 Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0035 Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0036

Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?


Stefan & Charlene: Maak nie saak wat die lewe na jul kant toe gooi nie, staan by mekaar, maak nie saak hoe moeilik dinge raak nie, moet nooit ooit opgee nie. As al die ander dinge en mense hul rug op jou draai, wees daardie een persoon wat jy weet altyd daar sal wees in die donkerste tye.

Wees beste vriende, en doen dinge saam. Daar word altyd gesê dat jy hard moet werk aan ʼn huwelik, maar as twee mense reg is vir mekaar, sal dit nooit harde werk wees nie, maar die mees natuurlikste ding in die wêreld.

Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0037 Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0038 Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0039 Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0040 Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0041 Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0042 Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0043 Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0044 Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0045 Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0046 Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0047 Charlene & Stefan se troue soos gesien op Mooi Troues_0048

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    • Fotograaf: Kusjka du Plessis
    • Spyseniering: Malita Joubert
    • Blomme + dekor: Joan Verster
    • Trourok: Erna Visagie
    • Musiek: Louis van Lill
    • Hare en grimering: Doret Faasen (Cutting Gallery)