Marco & Chrystal se oulike verlowing fotosessie

Dominique van Hello Love Photography deel weereens met ons ‘n prentjie mooi verlowing foto sessie.  Dié keer is die die verlowing foto sessie van Marco en Chrystal.  Hul het ‘n oulike kamp gevoel by hul foto sessie ingebring. Gaan loer gerus na die foto’s onder en word geïnspireerd by die oulike idees.


Marco & Chrystal soos gesien op Mooi Troues_0002 Marco & Chrystal soos gesien op Mooi Troues_0003 Marco & Chrystal soos gesien op Mooi Troues_0004


Hoe het julle die eerste keer ontmoet? 

Tydens ons eerste jaar van studies, het ek en Marco klas geloop by 2 verskillende kolleges wat langs mekaar was op dieselfde kampus. In daardie eerste week het ek en ‘n paar vriendinne na ‘n News Café gegaan vir middagete, en daar ontmoet ons toe ‘n groepie manne saam met wie ons so lekker gekuier het dat ons klas gebank het vir die res van die dag. Marco was natuurlik deel van die groepie mansmense. En dit was op daardie einste dag dat ons sommer net gekliek het en daar en dan verlief geraak het. My “Italian Stallion” en sy Mini-Cooper.


Marco & Chrystal soos gesien op Mooi Troues_0005 Marco & Chrystal soos gesien op Mooi Troues_0006 Marco & Chrystal soos gesien op Mooi Troues_0007 Marco & Chrystal soos gesien op Mooi Troues_0008 Marco & Chrystal soos gesien op Mooi Troues_0009


Hoe het julle verloof geraak? 

Dit was ‘n kuier aand vir die twee van ons. Ons het pizza bestel, wyn geskink en piekniek gehou op die mat in ons sitkamer. Daar was liefdes liedjies in die agtergrond, ons het vir mekaar serenades gesing, en lekker gelag oor hoe laf ons saam is. Dit was soveel pret! Dit was ook die eerste keer wat ons poker saam  gespeel het. Marco het aanhoudend “per ongeluk” sy kaarte en “chips” laat val sodat hy op een knie moes afgegaan om dit op te tel. Die laaste keer wat dit gebeur het, toe vra hy die woorde wat ek nooit sal vergeet nie: “Sal jy my die gelukkigste man lewendig  maak en my die voorreg gee om jou my vrou te noem? Sal jy met my trou?” Natuurlik het ek JA gesê!!


Marco & Chrystal soos gesien op Mooi Troues_0010 Marco & Chrystal soos gesien op Mooi Troues_0011 Marco & Chrystal soos gesien op Mooi Troues_0012 Marco & Chrystal soos gesien op Mooi Troues_0013 Marco & Chrystal soos gesien op Mooi Troues_0014 Marco & Chrystal soos gesien op Mooi Troues_0015 Marco & Chrystal soos gesien op Mooi Troues_0016 Marco & Chrystal soos gesien op Mooi Troues_0017 Marco & Chrystal soos gesien op Mooi Troues_0018 Marco & Chrystal soos gesien op Mooi Troues_0019 Marco & Chrystal soos gesien op Mooi Troues_0020 Marco & Chrystal soos gesien op Mooi Troues_0021 Marco & Chrystal soos gesien op Mooi Troues_0022 Marco & Chrystal soos gesien op Mooi Troues_0023 Marco & Chrystal soos gesien op Mooi Troues_0024 Marco & Chrystal soos gesien op Mooi Troues_0025 Marco & Chrystal soos gesien op Mooi Troues_0026 Marco & Chrystal soos gesien op Mooi Troues_0027


Wanneer beplan julle om te trou?

 Ons het die 16de Augustus 2015 getrou.


Marco & Chrystal soos gesien op Mooi Troues_0028 Marco & Chrystal soos gesien op Mooi Troues_0029 Marco & Chrystal soos gesien op Mooi Troues_0030 Marco & Chrystal soos gesien op Mooi Troues_0031 Marco & Chrystal soos gesien op Mooi Troues_0032 Marco & Chrystal soos gesien op Mooi Troues_0033 Marco & Chrystal soos gesien op Mooi Troues_0034 Marco & Chrystal soos gesien op Mooi Troues_0035


Diensverskaffers