Izahne en Victor se vrolike tema vir hul spesiale dag het uit verskeie kleure, onder andere, grys, pienk en groen bestaan. Diรฉ dag troue het gesorg vir pragtige lig waarvan Christopher Smith kon gebruik maak om elke spesiale oomblik perfek met sy lens vas te vang.
Die paartjie se onthaal het plaasgevind onder die bome by die Arcadia Gastehuis wat perfek komplimenteer was met die mooiste tafel dekor voorsien deur Audrey Ludick .
Kyk gerus na diรฉ verliefdes se fotoโs hieronder vir โn paar idees.
Die verlowing:
Ons was al ses jaar saam toe ons verloof geraak het. Ons het gewag tot ek klaar gemaak het met universiteit. Hy het my een naweek, net voor my eind-eksamen, verras en gereรซl dat ons Sun City toe gaan vir die dag. Ek het ons sak gepak en geen boksie opgemerk nie en my moed het in my skoene gesak. Ons het heel oggend geswem en later die wandelpaadjies gaan verken. Ons stop toe by โn groot waterval om fotoโs te neem en ek dink toe dat dรญt die โn ideale plek sou wees vir hom om my die groot vraag te vra. Net toe ek omdraai om die kamera te kry en weer terug draai, staan Victor op sy een knie met die boksie in sy hand. Ek was so verbaas, hy het toe heeltyd die ring in sy broek se sak gehou.
Advies vir paartjies gee wat besig is om hul troue te beplan:
Eerstens, om die onthaal area en kerk te bespreek. Vooraf prentjies en kleurskemas wat jou oog vang bymekaar te maak, en eers so twee maande voor die tyd โn besluit te maak vir die dekor. Die dag gaan in โn oogwink verby en al wat jy na die tyd het is jou fotoโs. Waarop mens nie moet kompromitteer nie is die fotograaf. Laastens, dring daarop aan om voor die tyd die troukoek te proe.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy โn internet konneksie het en โn toestel wat gekonnekteer is tot โn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of โn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy โn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Christopher Smith
- Venue: Arcadia Gastehuis
- Dรฉkor: Audrey Ludick
- Hare en Grimering: Salon Cheval