Geniet ‘n Romantiese Wegbreek na Umngazi Hotel & Spa in die prentjie mooi Wilde Kus. Slegs sowat twintig kilometer buite Port St Johns in die Oos-Kaap is dit die ideale romantiese wegbreek bestemming.
Daar is min plekke waar tyd werklik stadiger beweeg en waar die natuur jou heeltemal omvou soos op die ongerepte Wilde Kus. Dit is hier, tussen golwende groen heuwels en die eindelose blou van die Indiese Oseaan, waar Umngazi Hotel & Spa ʼn toevlug bied vir paartjies wat smag na rus, romanse en betekenisvolle oomblikke saam.
Hierdie unieke bestemming, geleë waar die Umngazi-rivier die see ontmoet, is nie net ʼn plek om te bly nie, maar ʼn ervaring wat al jou sintuie betrek.
Umngazi Hotel & Spa bied die perfekte balans tussen afsondering en luuksheid. Hier hoef julle nie te kies tussen avontuur en ontspanning nie. Julle kan beide geniet, op julle eie tyd en pas. Of dit nou lang strand stappies tydens sonsondergang is, oggende gevul met voëlgesang en vars seelug, of stil oomblikke saam op ʼn privaat stoep. Elke dag bring nuwe geleenthede vir ontspanning.
Wat Umngazi Hotel & Spa werklik besonders maak, is die gevoel van sorg vryheid wat met julle aankoms begin. Met alles ingesluit, van heerlike maaltye tot daaglikse geriewe, kan julle fokus op wat werklik saak maak en dit is om te ontspan. Die vriendelike gasvryheid, aandag aan klein detail en die natuurlike skoonheid van die ligging skep ʼn atmosfeer waar herinneringe moeiteloos gevorm word.
Of julle droom van ʼn rustige wegbreek of ʼn ervaring gevul met ontdekking en bederf, Umngazi Hotel & Spa bied die perfekte agtergrond vir ʼn wittebrood wat julle vir altyd sal koester. Rol af om meer te lees.

Verblyf opsies by Umngazi Hotel & Spa:
Umngazi Hotel & Spa bied ʼn verskeidenheid verblyf opsies wat ontwerp is om by elke paartjie se behoeftes en voorkeure te pas, sonder om in te boet op gemak of styl. Die kamers en suites is versprei oor die eiendom en bied pragtige uitsigte oor die see, rivier of omliggende tuine.
Hul wittebrood-suites is ideaal vir pasgetroudes wat opsoek is na ʼn romantiese wegbreek, weg van die stad se gejaag. Met ruim uitlegte, elegante afwerkings en kenmerke soos buite storte, kaggels en privaat stoepe, is hierdie suites perfek vir ʼn romantiese wegbreek.
Umngazi Hotel & Spa bied die volgende verblyf opsies:
Garden Rooms:
Die Garden Rooms is naby die hoofhotel geleë en omring deur pragtige, inheemse tuine. Hierdie kamers is ideaal vir gesinne of paartjies wat gerief en maklike toegang tot die oord se geriewe verkies. Sommige eenhede bied interleading opsies vir groter groepe, en elke kamer beskik oor ʼn en suite badkamer met ʼn buite-stort en ʼn privaat patio.
River Rooms:
Die River Rooms kyk uit oor die rustige Umngazi-rivier en bied ʼn kalm, natuur-gevulde atmosfeer. Hierdie kamers is perfek vir gaste wat ontspanning en stilte soek, met die klanke van water en voëllewe as agtergrond. Soos die Garden Rooms, is daar opsies vir gesinne met interleading kamers.
Sea Rooms:
Die Sea Rooms bied van die beste uitsigte by die oord, met panoramiese see-uitsigte terwyl dit steeds naby die hoofgeriewe is. Hierdie kamers is baie gewild en geskik vir paartjies, vriende of gesinne. Die kombinasie van ligging en uitsig maak dit ʼn gunsteling keuse vir baie besoekers.
Emlonyeni Deluxe Sea-Facing Suites:
Emlonyeni is ʼn eksklusiewe, volwassenes-alleen area wat apart van die hoofhotel geleë is. Hierdie luukse suites bied maksimum privaatheid, met panoramiese see-uitsigte, ʼn privaat swembad, dek en ʼn eksklusiewe sit- en eetarea. Dit is ideaal vir paartjies of klein groepe wat ʼn meer afgesonderde ervaring verlang.
Honeymoon Deluxe Sea-Facing Suites (Standard)
Hierdie romantiese suites is spesiaal ontwerp vir paartjies. Hulle is weg van die hoof hotel geleë vir ekstra privaatheid. Hierdie suites bied luukse kenmerke soos ʼn kaggel, klein kombuis, bad en dubbel buite-stort. Die atmosfeer is intiem en modern, met pragtige see-uitsigte.
Honeymoon Deluxe Sea-Facing Suites (Double Storey)
Die dubbelverdieping wittebrood suites bied ʼn meer unieke en afgesonderde ervaring. Geleë in die bos langs die kus, met groot vensters en asemrowende uitsigte, skep dit ʼn ware wegkruip gevoel. Dit is perfek vir paartjies wat iets ekstra spesiaal en privaat wil hê.
Ntabeni Deluxe Spa Suites
Ntabeni is die mees luukse opsie by Umngazi. Hierdie suites is ruim, modern en hoog teen die heuwel geleë. Met die mooiste panoramiese oseaan uitsigte. Gaste geniet ekstra voordele soos spa geriewe, ontbyt wat op versoek bedien word en selfs ʼn gholfkarretjie diens. Dit is ideaal vir paartjies wat opsoek is na ʼn premium, bederf-ervaring.
Klik hier om meer te lees oor die verskillende verblyf opsies.

Aktiwiteite en Avonture:
Vir paartjies wat hou van ʼn bietjie avontuur, bied Umngazi Hotel & Spa ʼn wye reeks aktiwiteite wat die natuurlike skoonheid van die Wilde Kus ten volle benut. Van kajak vaart en opstaan roeiplank op die rivier tot begeleide staptogte langs die kus. Daar is altyd iets om saam te ontdek.
Strand liefhebbers kan lang, rustige wandelinge geniet of eenvoudig ontspan op afgesonderde strande waar dit voel asof julle die wêreld vir julleself het. Vir die meer avontuurlustiges is daar ook geleenthede vir visvang en die verkenning van die omliggende gebied.
Klik hier om meer te lees oor die aktiwiteite en avonture beskikbaar.

Etes en Drankies:
Etes is ʼn groot deel van die Umngazi-ervaring, en gaste word bederf met ʼn verskeidenheid heerlike disse wat met sorg voorberei word. Die alles ingesluit aanbod beteken dat julle elke dag kan uitsien na vars, smaakvolle maaltye sonder enige moeite.
Van uitgebreide ontbyte tot smaaklike middagetes en verfynde aandetes. Elke maaltyd word geniet met asemrowende uitsigte en ʼn ontspanne atmosfeer. Die fokus is op kwaliteit, vars bestanddele en ʼn kulinêre ervaring wat beide gemaklik en spesiaal voel.
Gaste kan ook meer intieme kulinêre ervarings geniet in hul wynkelder of op hul privaat Gazebo met ʼn prentjiemooi uitsig oor die rivier. Daar is ook ʼn onvergeetlike ontbyt- en ook sonsak boot vaart op die Mngazi Rivier beskikbaar teen ʼn addisionele koste.
Daar is ook lip lek lekker Saterdae Seekos aande, Sondag is braai dag. Hul het ook piekniek opsies beskikbaar teen ʼn addisionele koste.
Klik hier om meer te lees oor die kos en drankie opsies beskikbaar by Umngazi Hotel & Spa.

Ontspanning en Welstand:
Die spa by Umngazi Hotel & Spa bied ʼn rustige toevlug waar paartjies kan ontspan en herlaai. Geleë aan die hange van die Umngazi koppies met asemrowende uitsigte. Met ʼn verskeidenheid spa behandelings wat ontwerp is om liggaam en gees te vernuwe, is dit die ideale plek vir ʼn bederf-ervaring saam.
Of julle kies vir ʼn paartjie-massering of ʼn individuele behandeling, die kalmerende omgewing en professionele diens verseker dat julle heeltemal ontspan en verfris sal voel.
Klik hier om meer te lees oor die Umngazi Spa.




Geriewe om te ontspan:
Umngazi Hotel & Spa bied ʼn verskeidenheid geriewe wat ontwerp is om ontspanning moeiteloos te maak. Van swembaddens met uitsigte oor die see tot gemaklike sit areas en versorgde tuine. Daar is meer as genoeg plekke om eenvoudig te ontspan en die oomblik te geniet.
Die oord se uitleg en natuurlike omgewing skep ʼn gevoel van ruimte en rustigheid, wat dit maklik maak om te ontkoppel van die alledaagse en jouself ten volle in die ervaring te verdiep.

Bespreek julle wittebrood wegbreek:
Kontak Umngazi Hotel & Spa nou om beskikbaarheid te bevestig en julle wegbreek na hierdie pragtige bestemming te bespreek.
Of julle ʼn pasgetroude paartjie is opsoek na ʼn romantiese wittebrood, ou getroudes is opsoek na ʼn plek om te ontspan of net ʼn paartjie is opsoek na ʼn heerlike wegbreek naweek, Umngazi Hotel & Spa is die perfekte bestemming vir almal.

Artikel Krediet:
Foto’s: Verskaf deur Umngazi Hotel & Spa

