CJ & Kyla se Dromerige Verlowing Fotosessie in Somerset-Wes

CJ en Kyla se dromerige verlowing fotosessie in Somerset-Wes was die perfekte kombinasie van liefde, lig en rustige omgewings. Elke oomblik is pragtig vasgevang deur die talentvolle trou fotograaf, Lucille Scheepers, wat met haar oog vir detail die paartjie se liefde in tydlose herinneringe vas gevang. Hierdie foto’s gaan nie net vir hul trou uitnodigings gebruik word nie, maar sal vir altyd as kosbare herinneringe dien.

Vir CJ en Kyla was die fotosessie veel meer as net foto’s neem, dit was ’n kans om gemaklik te raak met hul fotograaf. Op ’n troudag is die fotograaf soos jou skaduwee, altyd naby en teenwoordig, en soms in jou intiemste spasie. Daarom is dit só belangrik om vertroue en gemak saam te bou. Hoe meer ontspanne en natuurlik die paartjie voel, hoe mooier en opregter straal die foto’s uit.

Die ligging in Somerset-Wes het ’n romantiese atmosfeer gebied van die versorgde paadjies en stylvolle argitektuur tot die statige bome wat soos natuurlike mure ’n romantiese agtergrond gevorm het. Hierdie tonele het ’n gevoel van rustigheid en tydloosheid uitgestraal en was die ideale doek waarop hul liefde vasgelê is.

Selfs hul uitrustings het perfek ingepas by die stemming van die dag. Die sagte, neutrale kleure en ontspanne styl het ’n ligte en natuurlike gevoel beklemtoon wat die warm en eerlike aard van die sessie onderstreep het.

Rol nou rustig af en geniet saam met ons die besonderse foto’s van CJ en Kyla se viering van liefde, eenvoud en die mooi reis wat hulle binnekort as man en vrou gaan aanpak.

Meer oor Lucille Scheepers:


Lucille Scheepers is ’n leefstyl- en trou fotograaf in die Wes-Kaap, bekend vir haar vermoë om emosie en egtheid in elke beeld vas te vang. Met ’n passie vir fotografie en ’n opregte hart vir mense, fokus sy daarop om foto’s te skep wat nie net mooi lyk nie, maar ’n storie vertel. Of dit jou verlowing fotosessie, intieme troue of groot dag viering is, Lucille werk met ’n kalm en vriendelike benadering wat paartjies natuurlik laat voel. Sy glo dat die mooiste foto’s ontstaan wanneer mense gemaklik en eg is, dit is presies wat sy in haar werk na vore bring.

Lucille se talent en unieke styl is reeds wyd erken. Haar werk is verskeie kere op Mooi Troues gepubliseer en sy was ook ’n top-finalis in Suid-Afrika se gesogte trou-toekennings. As jy op soek is na ’n trou fotograaf in die Wes-Kaap wat jou spesiale dag met warmte, professionaliteit en ’n kreatiewe oog kan vasvang, is Lucille Scheepers die perfekte keuse.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons het ontmoet in Hoërskool. Was saam in die klas van graad 10 af en het graad 11 begin uitgaan. Ons was 7 jaar saam voor ons verloof geraak het.

Die groot vraag:


Ons was op pad na ʼn “fine dining date night” by Loch Lynne. CJ het die courtyard opgemaak met ʼn romantiese tafeltjie, blomme, sjampanje en liggies en vir Kyla verras met die verlowing. Na die verlowing het hy haar weer verras met ʼn ete saam met die familie om die verlowing te vier.

Hoekom ons mekaar liefhet:


Kyla se gunsteling eienskappe van CJ – Positiwiteit, sin vir humor, toewyding. CJ se gunsteling eienskappe van Kyla – Omgee hart, lus vir die lewe, deursettingsvermoë.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Verlowing was Januarie en troudatum is Oktober.

Die verloofring:


Die ring was ʼn verassing. Kyla kon nie besluit waarvan sy hou nie en het verskillende idees gehad. CJ het die ring van begin tot einde ontwerp en dit was perfek.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Foto’s vir ons uitnodigings asook om die fotograaf vir die troudag te ontmoet.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ons het gekyk na verskillende plekke en die venue was iets besonders en het baie opsies van verskillende style gehad.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


Verwagting – om dit te geniet en meer tyd in die tydperk met mekaar te spandeer Vrese – baie verskillende opsies en om die regte keuses te maak dat die dag perfek is.

Visie vir droomtroue:


ʼn Dag gevul met baie vreugde en liefde saam met die mense na aan ons. Nie te groot troue nie want ons sal graag tyd met elkeen wil spandeer. Ons trou in Wolseley en het ʼn venue gekies waar ons gemaklik en tuis voel.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: