LOCH LYNNE WINE ESTATE

TROU VENUE / DURBANVILLE, WES-KAAP

Loch Lynne is ʼn pragtige wynlandgoed met ʼn trou venue, geleë teen die heuwels van Durbanville. Hierdie skilderagtige werkende plaas behou steeds hul boerdery-aktiwiteite en is omskep in ʼn lieflike bestemming vir troues, korporatiewe funksies en ander geleenthede. Perfek geleë in die  Durbanville Wyn Vallei, met uitsigte oor die stadsliggies van ʼn afstand.

Of julle opsoek is na pragtige natuur tonele en groenigheid van die Kaapse wynlande, of die hoë gehalte moderne interieurs van dié venue vir julle troue, dan sal Loch Lynne die perfekte keuse wees vir julle spesiale dag.  Loch Lynne het verskeie areas beskikbaar waar julle jul droomtroue of spesiale geleentheid kan hou.

Loch Lynne het ʼn ruim stylvolle onthaal lokaal perfek vir troues en funksies.  Die buitelug binnehof is perfek vir ʼn buitelug seremonie, intieme troue of funksie.  Vir die seremonie kan julle gebruik maak van Loch Lynne se pragtige glas huis lokaal.  Die keuse is julle sin.

Om julle spesiale dag nóg meer onvergeetlik te maak, bied Loch Lynne ʼn volledige trou koördinering- en spyseniering diens.  Hulle het ook ʼn alles-insluitende trou pakket opsie vir julle troudag.  Alles in ʼn rustige wynland-omgewing. Loch Lynne se onthaal lokaal vir troues bied beide styl en gerieflikheid aan paartjies.  Die onthaal lokaal se dekor elemente sluit in swart-en-wit vloere, kandelare, vloer-tot-plafon-glasdeure en geselekteerde meubels.

    KONTAK DIE DIENSVERSKAFFER

      JOU NAAM:

      E-POS ADRES:

      SELFOONNOMMER:

      TROUDATUM:

      BOODSKAP:



      GEPUBLISEER OP MOOI TROUES

      MEER INLIGTING

      sit     FACEBOOK instagram  

      KLIËNTE RESENSIES

      As jy op soek is na ‘n ongelooflike trouvenue, hoef jy nie verder as Loch Lynne te kyk nie! Die venue self is pragtig, met ruim en goed toegeruste areas wat perfek is vir beide binne- en buite-troues. Of jy nou ‘n intieme of ‘n groot troue beplan, sal die personeel by Loch Lynne saam met jou werk om ‘n werklik onvergeetlike ervaring te skep. Een van die dinge wat hierdie venue onderskei van ander, is die aandag aan detail wat duidelik is in elke aspek van die troue.

      Miskien die belangrikste, is die personeel by Loch Lynne werklik uitsonderlik. Van die koördineerders tot die kelners, is almal toegewyd daaraan om te verseker dat jou spesiale dag perfek in elke opsig is. Hulle is vriendelik, akkommoderend en werklik daar om te verseker dat jy en jou gaste ‘n werklik onvergeetlike ervaring het.

      Algeheel kan ek Loch Lynne nie hoog genoeg aanbeveel nie. Jou spesiale dag verdien niks minder as die beste nie, en jy sal dit alles by Loch Lynne vind!

      Carel Chris

      18 Februarie 2023


        SKRYF JOU RESENSIE ONDER

        Hy jy gebruik gemaak van die diensverskaffer vir jou troue?  Los asseblief 'n resensie oor jou ervaring.


        WANNEER HET JULLE GETROU?



        SKRYF JOU RESENSIE OOR DIE BESIGHEID ONDER:



        JOU NAAM:


        E-POS:


        SELFOON NOMMER: