Nardo & Simone se pragtige plaas verlowing sessie

Soos Simone met ons deel het die Liewe Vader ander planne met jou as wat jy oorspronklik beplan het. Soms is die besluit om ‘n lang afstand verhouding te hê ook in die weegskaal.

Nardo & SimoneNardo & Simone Nardo & Simone


Hoe het julle ontmoet?

Ons het in 2010 ontmoet. Ek was ‘n blink-oog student wat vir ‘n maand in Mosselbaai gaan proef het.  My verwagting was ‘n lekker see-vakansie, maar die Liewe Vader het ander idees gehad. Partykeer wag ‘n mens se lewensmaat vir jou waar jy dit die minste verwag.  Nardo was my stil, misterieuse senior, met donker oë. Sy sjarme en goeie Vrystaatse  maniere het my stadig oortuig en ons het al meer saam begin  kuier.  Ons eerste soen was met sonsopkoms op die strand. Dit was die begin van ‘n 4-jaar langafstand verhouding. Ek was in die Kaap en hy in Mosselbaai.  Dit was moeilik maar dit het ons gedwing om van die begin af te besluit of ons ernstig oor mekaar is, aldan nie. Ons het geleer dat ons tyd saam kosbaar is en gekoester moet word.

November 2014 het ons ons verlof in die Vrystaat deurgebring.  Na al die jare in die Wes-Kaap bloei Nardo egter steeds Oranje.  Ons het vir ‘n naweek op ‘n plaas net buite Clarens gebly . Nardo het n piekniekmandjie vol lekkernye gepak en met erns gesoek na die perfekte piekniek-plekkie.  Min wetend was die ligging vir my nie so belangrik nie, maar ek het maar gehelp soek.  Hy het op sy knieë gegaan, my gesê hoe lief hy my het en my gevra om te trou.  Dit was presies hoe ek dit sou wou hê. Net ek en Nardo, in die koelte langs die rivierloop.  Die populiere het hande geklap en vir ‘n oomblik het tyd stilgestaan.


Nardo & Simone Nardo & Simone Nardo & Simone Nardo & Simone Nardo & Simone Nardo & Simone Nardo & Simone Nardo & Simone Nardo & Simone Nardo & Simone Nardo & Simone Nardo & Simone Nardo & Simone Nardo & Simone Nardo & Simone Nardo & Simone Nardo & Simone


Waneer beplan jul om te trou?

Ek werk nou, na al die jare se geduldige wag, uiteindelik ook in Mosselbaai. Ons trou op 11 April 2015 by Tramonto in George en kan nie wag vir die groot feesvieringe nie.


Nardo & Simone Nardo & Simone Nardo & Simone Nardo & Simone