Brendon & Chrizaan se musikale reis na liefde

Vandag word ons Mooi Troues lesers bederf met Brendon en Chrizaan se musikale reis na liefde.  Wanneer ʼn paartjie deur ʼn gemeenskaplike passie na mekaar aangetrek word, versterk dit outomaties die paartjie se liefde vir mekaar én vir die passie.  Wanneer daardie passie musiek is, is dit soos ʼn romantiese musikale film wat voor jou oë afspeel.  Hierdie paartjie se liefde vir mekaar en vir musiek is onmisbaar in elk van hul unieke verlowingfoto’s.  Hulle het ʼn klavier gebruik as inspirasie vir hul verlowing fotosessie.  Dit wys jou net – as jy ʼn fotosessie doen in ʼn omgewing wat jy ken, sal jy en jou aanstaande floreer!

Rol af en beleef hul unieke musikale sprokie.

Worthit Photography

Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?


Brendon het my een Vrydagaand kom optel en ons albei het jeug bygewoon.  Ons het toe vir die eerste keer ontmoet.  Ek was vreeslik skaam en ʼn regte muurblom wat nie veel sê nie.  Brendon het my dadelik gemaklik laat voel en ons het meer begin gesels.  Ons het eers later die aand agtergekom ons deel ʼn gemeenskaplike passie – ʼn liefde vir musiek en klavier speel.

Katy's Palace Bar Worthit Photography Worthit PhotographyKaty's Palace Bar Worthit Photography

Vertel ons wie het wie gevra om te trou?


Brendon het my gevra om te trou.

Een van my studente het aan die Idols sang kompetisie deelgeneem waar ek die klavier begelei het.  Aan die einde van die aand het hulle die bedankings gedoen en my na die verhoog geroep.  Tot my verbasing het Brendon begin sing! In die begin kon ek hom nie sien nie, ek kon slegs sy stem hoor.  Ek het hom vir die eerste keer gesien toe hy met ʼn bos rose in die gang afgestap kom.  Hy het die lirieke en musiek self geskryf en toegepas op ons verhaal.  In die liedjie se woorde het hy my gevra om te trou.

Katy's Palace Bar Worthit Photography Katy's Palace Bar

Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?


Omrede ons albei ʼn passie vir musiek deel en omdat ons altwee klavier speel, wou ons graag hierdie groot deel van ons verhouding uitbeeld.  Dit is ʼn fotosessie wat eg aan my en Brendon is.  Met die klavier as die sentrale punt van die fotosessie, beeld dit so mooi die musiek as ʼn sentrale punt van ons verhouding uit.

Worthit Photography Worthit Photography Worthit Photography

Wat het jul laat besluit oor die verlowing fotosessie?


Ons het dit hoofsaaklik gedoen vir ons trou uitnodigings en geskenkies vir die gaste.  Ons het ook geweet dat dit pragtige dekor in ons huis sal wees en dat ons dan elke dag herinner kan word aan ons musikale reis na liefde.

Katy's Palace Bar Worthit Photography

Vertel ons meer wat het jul ingedagte vir jul droom troue?


Ons wens is dat elke gas die liefde en warmte van ons spesiale dag saam ons kan deel.  ʼn Nuwe huwelik is so opwindend en ons wil graag hê almal moet daardie opwinding saam met ons ervaar.  Ons grootste wens is dat die dag suksesvol sal afloop en dat almal lekker saam sal kuier.

 

 

Worthit Photography Worthit Photography Katy's Palace Bar Worthit Photography Katy's Palace Bar

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: