Zahvick en Maralie se herfs troue in die Karoo dorp, Cradock is die perfekte voorbeeld van Å klassieke elegante styl.Ā Karoo troues is na aan ons harte by Mooi Troues en daar is altyd ietsie spesiaal aan Å troue in die Karoo.Ā Die landskappe, geboue en energie is eenvoudig besonders.
Maralie het Špragtige Lilly reeks trourok aangehad van LOCA Bridal. Haar trourok was melkwit met ŠA-lyn styl en ŠV-vorm nek lyn. Die trourok het só mooi aan haar gelyk en die vloeiende sagte materiaal het Šbaie klassieke voorkoms. Haar voorkoms gekomplimenteer met die mooiste Hellohaai oorbelle. Haar pragtige kleurvolle handruiker was die perfekte byvoeging tot haar hele voorkoms en het perfek ingepas by die troue se styl. Zahvick se swart troupak pas in die by die klassieke voorkoms van die paartjie se troue en lyk tog te deftig.
Die paartjie het in die herfs seisoen getrou en wou graag herfskleure deel maak van hulle kleurskema.Ā Hulle trou lokaal gee Å ou wĆŖreldse gevoel en die pragtige blom ontwerpe in skakerings van roes-oranje, sagte pienk, geel en room het perfek ingepas.Ā Kandelare met verskillende pastel kleurige kerse gee Å baie romantiese gevoel aan die onthaal spasie.
Hulle trou foto’s in die strate omring deur die gebou van Cradock se middedorp werklik besonders mooi.Ā Ā Rol af om meer te lees oor die paartjie se troudag en foto’s geneem deur AVE Weddings & Lifestyle.

Paartjie se Liefdesreis:
Ons het in 2013 begin gesels op BBM; ons het elke dag gesels en vinnig baie goeie vriende geword.Ā Op hierdie stadium het ons nog nooit in persoon ontmoet nie, aangesien ek in Cradock was en Zahvick in Oos-Londen.Ā Ons het kort na dit begin om meer te voel vir mekaar en gedroom oor die dag wat ons mekaar uiteindelik sou ontmoet.
In 2014 het ons droom gerealiseer toe ons mekaar vir die eerste keer in Oos-Londen ontmoet het; ons is toe offisieel in Å verhouding.Ā Zahvick is toe in 2015 Kaap toe om te studeer en ek is in 2016 Port Elizabeth toe.Ā Ons het met elke vakansie soveel tyd saam spandeer as wat ons kon.
Ek het in 2020 begin werk in Cradock en Zahvick was gevestig in Kaapstad.Ā In 2022 kon Zahvick Cradock toe trek en ons is toe uiteindelik na 8 jaar vir die eerste keer in dieselfde dorp gevestig. Ons het 2 maande na dit verloof geraak toe Zahvick my vir Å langnaweek Kasouga toe gevat het.

Trourok:
My rok is Å melkwit A-lyn styl met baie lae tule en Å V-vorm neklyn.Ā Die romp het 2 nate ingewerk wat een van my gunsteling details van die rok is.Ā Ek is ook mal oor die laag fyn blinkers onder die tule wat so subtiel is, maar tog so mooi sprankel in die lig.

Verloof- en Trouringe:
My verloofring is roosgoud met Å ovaal hoofsteen en 3 klein steentjies aan elke kant.Ā Ek wou graag iets hĆŖ wat tydloos en klassiek is, so die ontwerp is perfek vir my.Ā Die troupant is Å fyn ring met steentjies in Å āvā-vorm wat mooi pas om my verloofring.
Zahvick wou ook graag iets hĆŖ wat eenvoudig en tydloos is; hy het besluit op Å klassieke 9ct geelgoud ring.

Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:
Victoria Manor het beslis uitgestaan.Ā Hulle het werklik hulle beste gedoen om seker te maak dat alles was soos ons dit graag wou hĆŖ vir ons groot dag en dat ons gelukkig was.Ā Die diens by ons onthaal was uitstekend en ons is dankbaar dat hulle die proses met die regmaak van die onthaal area vir ons so maklik gemaak het.
Ons was ook baie tevrede met Jacques Arendt se dienste as seremoniemeester en platejoggie. Ons sal hom gerus aanbeveel vir enige iemand.

Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:
Ons het lieflike weer gehad op ons troudag, maar toe ons na die seremonie by die kerk uitstap het die wolke skielik saamgepak en donderweer het in die verte gedreun.Ā Ons was optimisties dat ons sou fotoās neem voor dit begin reĆ«n.Ā Terwyl ons gery het tot by die veld waar ons sou fotoās neem en op pad soontoe het dit begin sous.
Ons het omgedraai om terug te gaan dorp toe, maar toe stilgehou langs die pad waar dit opgehou reĆ«n het. Ons het so paar fotoās geneem voor dit weer begin reĆ«n het.Ā Een van ons gunsteling herinneringe is die oomblik wat ons vir mekaar gekyk het en begin lag het toe dit skielik reĆ«n op ons, ons het gesoen in die veld in die reĆ«n en dit is een van ons gunsteling fotoās.


Meer oor Hellohaai:
HellohaaiĀ spesialiseer in hand gemaakte Polymer Clay trou oorbelle, met ander woorde maak Hellohaai jou trou-oorbel-drome waar.Ā Daar is iets vir elke tipe bruid daar buite, of jy nou ān moderne ā of tydlose dame is, sal jy verseker iets kry wat jou hart maak glimlag.Ā Indien jy nie seker is oor wat by jou hare of rok gaan pas nie, kontak Hellohaai gerus om bietjie raad te vra, soveel bruide is al deur onsekerheid gehelp om die regte oorbelle te kies.

Meer oor LOCA Bridal:
LOCA Bridal spesialiseer in moderne trourokke vir die stylvolle bruid.Ā āOns liefde vir SA ontwerpers en begeerte om die perfekte droom rok vir ons LOCA bruide te skep, het gelei tot Å reeks wat beide grasieus, hewig uniek en werklik pragtig is.
GeleĆ« in die pragtige Port Elizabeth (Gqeberha, Oos-Kaap) is LOCA BRIDAL gebore met die sentimente van alles wat uniek en mooi is in die trou bedryf, en geromantiseer deur die verhale van āHappily Ever Afterā.
āBy LOCA word dinge anders gedoen deur bruide toe te laat om hul gunsteling komponente uit LOCA se ontwerpers reeks te meng en pas om hul eie unieke rok te skep.Ā LOCA se bruids-inkopie-ervaring is geĆÆnspireerd deur ‘n meer moderne, nie-tradisionele trourok passing.

Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reƫlings:
Ons stel voor dat julle Šgoeie troubeplanner boek aanskaf voor julle begin beplan aan julle groot dag. Daar is baie om te doen en dit kan nogal oorweldigend raak as mens nie weet waar om te begin nie. ŠBeplanner help mens geweldig baie om op dreef te bly met alles wat gedoen moet word, wat reeds gedoen is, jou begroting, afsprake ens. Geniet die beplanning! Dit is só opwindende tyd in mens se lewe wat ongelooflik vinnig verby gaan; moenie jouself oorlaai met stres dat jy vergeet om die proses te geniet nie.
Ons beveel gerus die volgende troubeplanner aan wat aanlyn beskikbaar is by Bespoke.

Trou Venue:
Ons wou graag Å troue hĆŖ wat klassiek en elegant is.Ā Ek het nog altyd die Victoria Manor in Cradock in gedagte gehad; die hotel het Å pragtige Victoriaanse styl wat perfek was vir die atmosfeer wat ons graag wou hĆŖ vir ons spesiale dag.

Trou Dekor en Styl:
Ons het Å herfs troue gehad en wou graag herfskleure gebruik vir ons kleurskema; die blomme was Å mengsel van roes-oranje, sagte pienk, geel en room.Ā Ons het minimaal dekor gebruik; buiten die ruikers in die middel van elke tafel, was daar kandelare met verskillende kleur kerse in ons kleurskema.Ā Om die herfs tema verder te komplimenteer het ons gebruik gemaak van koper bakke as deel van die dekor.

Trou Begroting en Beplanning:
Zahvick en Maralie het 8 maande aan hul troue beplan.Ā Hulle het 45 gaste onthaal en R100 000 spandeer.Ā Ā Die koste alles ingesluit was ongeveer R2 200 per kop.

Eerste Dans:
āUntil I Found Youā deur Stephen Sanchez

- Fotograaf: AVE Weddings & Lifestyle | Kontak
- Venue: Die Tuishuise and Victoria Manor Cradock | Kontak
- Trourok: Loca Bridal| Kontak
- Oorbelle: Hellohaai | Kontak
- Blomme: Alsmeer Flower Distributors. | Kontak
- Ruikers: Mariet Stannard
- Bruidegom-pak: Delbro Premium | Kontak
- Kerse: Clover Leaf Candles| Kontak
- Gaste Geskenke: Klei potjies – Dagmar Shaw| Kontak
- Grimering: Suzanne du Toit
- Hare: Turning Heads Cradock| Kontak
- Huwelik kontrak: Walter Schulze @ Metcalf & Kie Cradock| Kontak
- Huweliksbevestiger: William Labuschagne – Victory Church Cradock| Kontak
- Juweliersware: Amila Designer Jewelry| Kontak
- Platejoggie: Jacques Arendt| Kontak
- Paartjie se verblyf: Die Tuishuise and Victoria Manor Cradock| Kontak
- Skryfbehoeftes: Georgie & Moon + Lize Swarts Design & Printing| Kontak
- Spyseniering: Die Tuishuise and Victoria Manor Cradock| Kontak
- Strooimeisie-rokke: Forever New| Kontak
- Trouringe: Vincent Park Manufacturing Jewellers| Kontak
- Troukoek: Bev Mullder
- Koek Topper: Mini Me & You | Kontak
- Wittebrood Bestemming: George en Knysna
- Wittebrood Plek: Buff and Fellow| Kontak

