Ruben & Tamaryn se Helder Kleurige Troudag

Ruben en Tamaryn se helder kleurige troudag sal enige kleur liefhebber se boksies aftik.  Helder blomme sal enige paartjie se troudag in ʼn oasis van kleur verander en ʼn prettige voorkoms gee aan elke aspek van ʼn paartjie se troudag.

Tamaryn het beeldskoon gelyk in haar trourok en haar strooimeisies se lig blou rokkies was ʼn totaal en alle wenner.  Die sagte blou kleure het só mooi gepas by die kleurvolle elemente van Tamaryn en Ruben se troudag.  Ruben het ʼn donkerblou pak aangehad met ʼn blom patroon das wat ook ʼn bietjie die formele voorkoms breek.

Hulle buitelug seremonie tussen die bome is só salig met die rivier wat in die agtergrond hardloop en die geluide van die natuurskoon is die perfekte plek om die knoop te haak.

Die onthaal lokaal was ʼn pragtige plof kan kleur gewees in ʼn kombinasie van helder amper sitrus kleure en hier-en-daar ʼn ligter meer sagter pastel kleur skakering.  Hierdie kleur kombinasie en skakerings van verskillende kleure werk net perfek saam en skep ʼn baie moderne voorkoms.  Die kontras tussen die hout tafels en die kleure op die tafel werk goed saam en die deurskynende stoele bring weer ʼn moderne element in. Feetjie liggies reg deur die onthaal lokaal het ʼn romantiese sprokies gevoel aan die onthaal lokaal gegee.

Die paartjie se fotosessie was pragtig met die sagte sonlig wat so deur die bome skyn.  Daar was soveel mooi agtergronde van die bome tot die groot dam en die oulikste vir ons was die donkies in die agtergrond.

Beplan julle troue deur gebruik te maak van Mooi Troues se Trougids vir al jul trou diensverskaffers.  So sal julle ʼn stresvrye trou beplanning geniet.

Rol af om meer te lees oor Ruben en Tamaryn se trou storie.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het op skool ontmoet … 2024 is ons al 10 jaar saam.

Ruben het die mooiste dag beplan by Dinokeng Game Reserve waar ons rond gery het en diere gekyk het.  Hy het die lapa gereël vir die dag waar ons en ons naaste familie en vriende ‘n game van “pass the parcel” gespeel het.  So het my ring by my uit gekom.  Toe ek my geskenkie oop maak toe is dit my ring … Toe ek omdraai, toe is hy op sy knieg en vra my om te trou. 😊

Trourok:


Ruben se tannie het my trou rok gemaak, en het dit absolutely genail.  Hy was gemaklik en mooi, ek kon nie vir beter vra nie.

Verloof- en Trouringe:


Ek het ‘n pragtige platinum ring met ‘n moissaniet en diamante.  Dit is ‘n vintage style waaroor ek mal is en Ruben het dit perfek reg gekies.

Ruben se ring is tungsten met ‘n groen ebony hout laag.

Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:


Onthou, dit is julle dag!  Opinies is altyd nice om te hoor, maar dit moet vir JULLE die lekkerste dag wees.

Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:


Meulstroom 100%.  Hulle was ons enigste verskaffer en ons kon nie vir beter vra nie.

 

Trou Dekor en Styl:


Ek wou iets bright en gelukkig gehad het.  Ek voel die oranjes en pienke was presies die “image” van dit.  Ons wou ‘n kleurvolle troue gehad het wat represent hoe kleurvol ons verhouding is.  Tanja en haar span by Meulstroom het ‘n stunning werk gedoen om my klein idee só wonderlik te maak.

Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:


Een van die hoogtepunte is definitief die fotos wat ons saam die donkies geneem het!  Dit was groot pret. 😊

Trou Venue:


Die rivier was die absolute wenner vir ons.  Die Meulbos kapel het ons harte gewen.

 

Eerste Dans:


Just You & I (akoesties) – Tom Walker

Trou Begroting en Beplanning:


Ruben en Tamaryn het +/- 18 maande self aan hul troue beplan.  Hulle troue het R120 000 gekos en hul het 50 gaste onthaal – die koste is ongeveer R2 400 per kop.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: