Mark & Rochelle se Troufees in Mpumalanga 

Met opgewondenheid deel ons Mark en Rochelle se troufees in Mpumalanga met Mooi Troues se lesers.  Hierdie pragtige paartjie het ʼn trou fees gehad by die pragtige trou venue, Smitsfield.  As julle opsoek is na trou inspirasie vir julle plaastroue, dan is hierdie een wat julle nie wil mis nie.

Rochelle en Mark het ʼn pragtige buitelug trou seremonie onder eikebome gehad, omring deur die versorgde tuine van Smitsfield trou venue.

Ons is totaal en al verlief op die paartjie se fotosessie.  Mona-Liza, ʼn trou fotograaf gebaseer in Nelspruit, Mpumalanga het die paartjie se troue só pragtig vasgevang.  Die foto’s met die plaas landskappe in die agtergrond en die plaasdiere is só mooi.

Hulle trou dekor was aards en neutraal, wat perfek pas by die pragtige trou venue.  Smitsfield is ʼn moderne trou bestemming geleë langs die Vaalrivier.  Hulle onthaal saal is ʼn moderne gebou met ʼn industriële gevoel tot dit.  Die neutrale en sagter trou dekor elemente skep die perfekte kontras tussen die trou venue se moderne interieur en industriële gevoel.  Dekor elemente op die trou tafels was eenvoudig gehou met verskillende blompotte en skakerings van aardse kleure.  Die dahlias en rustieke droë blomme op die trou tafels bring bietjie kleur elemente in en werk perfek saam met die meer neutrale kleurskema.

Die bruid se trourok het ʼn klassieke en meer eenvoudiger styl, wat perfek inpas by hul troue se voorkoms.  Ons hou so baie van haar kleurvolle handruiker wat haar voorkoms perfek komplimenteer. Die bruidegom se sand kleurige troupak met sy bruin das met die wit hemp werk perfek met die kleurskema.

Rol af om meer te lees oor Mark en Rochelle se troufees in Mpumalanga en oor hul liefdesreis.

Paartjie se Liefdesreis:


Dit het alles op Stellenbosch begin met ʼn goeie vriendskap, Vida e koffie en goeie geselsies tot 04:00 in Mark se Datsun bakkie.  Dit het geëindig op die plaas waar hy my gevra het om te trou in die middel van die sojaboon lande waar ons besig was om te oes.

Trourok:


My trourok het ʼn baie spesiale storie.  Ek het vir ʼn paar passings by bruidswinkels gegaan, en ek het geweet waarna ek soek nadat ek baie rokke gepas het.  Ek sien toe ʼn trourok waarvan ek baie hou op een van die meisies wat ek van Stellenbosch af ken, en het haar gevra waar sy dit gekry het, want ek was net absoluut mal daaroor!  Sy het toe aangebied om dit aan my te verhuur en dit het my perfek gepas!

Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:


Ek sou sê die trou seremonie – ons het ʼn buite-seremonie onder die eikebome gehad. Die wind het 20 minute na die trou seremonie begin waai en jy kon die storm sien nader kom.  Dit het toe begin reën en almal van ons het na die trou venue gehardloop om uit die reën te kom.  Ons kon nie ons geloftes sê óf ons trouringe vir mekaar gee nie, maar dit was só spesiaal, want ek het so kalm gevoel toe my man net begin lag het en geweet het dat die reën seëninge bring (so het ek vir myself bly sê).

Verloof- en Trouringe:


Ek het altyd vir Mark gesê dat ek nie ʼn spoggerige ring, of ʼn regte diamant in my verloofring wil hê nie, want ek verloor gereeld goed (veral juwele).  Hy het toe ʼn verloofring gemaak met ʼn vyfde generasie diamant wat hy van sy Ma gekry het (geen druk).  Die trilogie-ring herinner my gedurig aan ons en God se hand oor ons huwelik. Ek het ʼn rustieke silwer ring vir Mark gekies, net soos hy daarvan hou.

Trou Dekor en Styl:


Ek het geweet ek wil verskillende kleure hê en ook nie dieselfde kleure op elke gaste tafel nie, terselfdertyd was ek mal oor die Laeveld se droë blomme.  So ek het vir Dahlias en rustieke droë blomme gegaan wat my Skoonma in die veld gepluk het.  Ek was gelukkig genoeg om ʼn plaaslike Dahlia-verskaffer en ʼn Skoonma met goeie smaak en styl te hê.  So ek het dit in haar hande gelos om te doen wat sy ook al wou doen.

Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:


The Scene – hulle het ons trou video gemaak. Hulle was so tegemoetkomend en vriendelik.

Meer oor Mona-Liza Photography:


Mona-Liza is ʼn internasionale trou en leefstyl fotograaf, gebaseer in Nelspruit, Mpumalanga, maar reis graag reg oor die wêreld om pragtige troues af te neem.

Mona-Liza se trou fotografie styl is baie natuurlik en spontaan en mens kan sien dat paartjie gemaklik is voor haar kamera.  Haar foto’s het ʼn baie sagte, maar tog skerp gevoel tot dit, wat dit ʼn baie werklike gevoel gee.

As julle opsoek is na ʼn talentvolle trou fotograaf in Mpumalanga of regoor Suid-Afrika, maar seker Mona-Liza Photography is op jou kortlys.

Trou Venue:


Ons plaas is gebaseer 10km vanaf Smitsfield trou venue.  Een van my eerste besoeke in Ermelo was toe ek Smitsfield trou venue sien, my Skoonma het vir my die trou venue gewys net omdat dit iets was om te sien as jy Ermelo besoek.  Ek onthou dat ek weggestap en vir haar gesê het ek sal nie omgee om op Smitsfield te trou nie.  Vier jaar na daardie besoek het ons getrou by hierdie spesiale trou venue, wat ek ook nou my voltydse werk noem.  Ek werk saam met die eienaars op die venue en dit was só spesiaal om ons troue hier te kon hou.

Meer oor Smitsfield:


Smitsfield is ʼn bestemming trou venue, wat spesialiseer in naweek troues.  Geleë in die hoëveld van Mpumalanga 2,5 uur se ry vanaf Pretoria of Johannesburg, op ʼn plaas oos van Ermelo.  Geniet eksklusiewe naweke troue, genoeg opstel tyd, geen haas en ʼn stresvrye trou-ervaring.

Smitsfield se nuutgeboude onthaalsaal, geïnspireer deur die industriële fabriek styl van die 1900’s, beskik oor ʼn pragtige glas ingang, diamantagtige houtkappe en ʼn glinsterende kandelaar.  Die venue bied ʼn skoon palet wat verskeie trou style komplementeer, van klassiek tot modern, rustiek tot simplisties.  Die venue kan tot 350 gaste akkommodeer.

Smitsfield bied ʼn baie unieke akkommodasie-ervaring, met gerestoureerde hout treinwaens wat uit die 1950’s dateer en moderne enkel staande suites, wat uitkyk oor die Vaalrivier.  Hul kan 38 gaste op die eiendom akkommodeer.

Eerste Dans:


Tonight – Secret Nation

Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:


Ek sou sê gee julself tyd om die hele trou beplanning proses van jou troue te geniet.

Trou Begroting en Beplanning:


Die paartjie het hulle troue self beplan in vyf maande met ʼn begroting van om en by R 850.00 per persoon.   Hulle het altesaam 145 trou gaste onthaal.

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

      Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

      Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

      Artikel Diensverskaffers: