Johan & Juzelri se Pragtige Troue in Namibië

Ons deel graag Johan en Juzelri se pragtige troue in Namibië met Mooi Troues se lesers.  Hierdie pragtige paartjie het so ʼn mooi troue gehad in die mooie natuurskoon op ʼn plaas in Namibië.

Ons by Mooi Troues is totaal en al mal oor die detail op die trourok se bors deel en hoe dit ook oor die skouers fyn detail het.  Die strooimeisies het ook pragtig gelyk in hul oranje kleur skakering strooimeisie-rokke wat Hoiden Bridesmaids ontwerp het.  Die bruidegom se groen troupak is besonders mooi en ietsie buiten die gewone kleurskema en pas so mooi in by die hele troue se kleurpalet.

Hulle het ʼn pragtige buitelug seremonie gehad onder die bome, omring deur die groenigheid van die gebied.  Alle aandag was op die paartjie en die mooi helder blomme boog van die middelpunt was van die seremonie.

Die talentvolle trou fotograwe, Nifty Shoots het die paartjie se trou foto’s geneem en ons is heeltemal verlief daarop.  Nifty Shoots het net ʼn manier om ʼn paartjie se troue af te neem in emosie gevulde foto’s wat ʼn storie vertel.  Hul foto’s is helder, kleurvol, skerp en net mooi.  Ons gunsteling foto’s is die paartjie se paartjie fotosessie tydens sonsak.  Dit is so spontaan en het ʼn pragtige romantiese gevoel.

Die dekor het hul gegaan vir ʼn meer aardse kleurskema vir hul onthaal se dekor elemente.  Die rottang plek matjies en gedroogte blom elemente op die tafel trek die aardse gevoel so mooi deur.  Tikseltjies helder kleur soos die oranje rose en wit kerse en blompotte breuk die aardse kleurskema bietjie.  Die paartjie het ook ʼn mooi helder blomme boog agter hul tafel.

Rol af om meer te lees en sien.

Paartjie se Liefdesreis:


Hulle het ontmoet by die Universiteit van Pretoria, waar albei geswot het.  Johan het vir Juzelri gevra om te trou in die veld in Namibië, waar Juzelri groot geword het.

Trourok:


Dit was die eerste rok wat Juzelri aangepas het, en Vonve Bridal Couture was die eerste plek waar sy gaan rokke aanpas het.  Sy het nie eintlik geweet wat sy soek nie en het die ontwerpers by Vonve Bridal Couture gevra hulle moet iets kies wat hulle dink by haar gaan pas.

 

Trou Dekor en Styl:


Hulle albei is lief vir die natuur en die plaas, en dus het hulle besluit op aardse kleure en ’n rustieke styl.

Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:


Die seremonie, die foto’s na die seremonie, en die dans saam met al hulle gaste by die onthaal.

Meer oor Hoiden Bridesmaids:


Hoiden Bridesmaids is ʼn ervare ontwerp etiket wat spesialiseer in strooimeisie rokke.  Geïnspireer deur die nuutste internasionale trou modes, hul styl is ʼn gepaste voorbeeld vir die moderne strooimeisie.

Hoiden Bridesmaids is geleë in die hartjie van Port Elizabeth waar elke rok met plaaslike liefde gestik is, alhoewel meeste van hul bestellings aanlyn geplaas word en weggestuur word regoor Suid Afrika. Besoek gerus Hoiden vir al jou strooimeisie-rok behoeftes.

Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:


Ons diensverskaffers was baie goed: Nifty Shoots, Touch of Serenity, Otjiwa, en Nelly (make up artist) was almal ongelooflik.

Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:


Bruid: dis lekker om lank en rustig te beplan.  Delegeer take na mense wie jy vertrou.

Bruidegom: Wees betrokke by die beplanning en vra hoe jy kan help.  Dis ʼn baie lekker ervaring om saam met jou toekomstige vrou te hê.

Meer oor Nifty Shoots:


Nifty Shoots het begin as ʼn man-en-vrou span, wat saam in Pretoria troues vasgevang het.  SP is ʼn gekwalifiseerde meganiese ingenieur, wat sy passie vir kuns en teken gebruik het om sy video kennis te bou.  Terwyl Nadine met haar honneurs in grafiese ontwerp ʼn alternatiewe perspektief gebring het na die trou foto bedryf.

Hulle foto’s en video’s het ʼn dokumentêre styl, waar hul probeer die tussen-in oomblikke ook afneem wat help om die gevoel van die dag vas te vang.  Die doel is om vir julle iets te gee wat julle sal kan geniet vir baie jare om te kom, wat nie uit styl uit sal gaan nie. Nifty Shoots het al meer as 120 troues afgeneem.  Al die ongelooflike tye saam met wonderlike mense het hulle ʼn opregte waardering vir troues gegee.  Tans is hul gebaseer in Paarl in die Wes Kaap, maar al die jare in Namibië het hulle ʼn ding of twee geleer van lang afstande ry.  So Nifty Shoots is meer as bereid om oral in Suid Afrika rond te ry agter mooi troues aan!

Verloof- en Trouringe:


Juzelri se ring: rond, sjampanje-kleurige diamant geset in ’n goue blom “solitaire setting”.  Juzelri het toe sy vir Johan ontmoet al geweet hoe haar ring moet lyk en hom vertel, en hy het dit net so gemaak.

Johan het ’n swart “ceramic” ring, hy hou van plein.

Trou Venue:


Hulle albei wou op ’n plaas trou en wou gehad het al die gaste moet oorslaap.  Otjiwa is die enigste venue in die land waar daar 150 gaste kan oorslaap.  Buiten dit is dit nie te ver van Windhoek en die lughawe af nie, dis maklik bekombaar sonder ’n 4×4 kar, en dis ’n pragtige lodge in ’n baie mooi deel van Namibië.

Eerste Dans:


Yours van Russel Dickerson


    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

      Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

      Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

      Artikel Diensverskaffers:

        [endsection]