Wilke & Bianca se Moderne Troudag

Die lewe het ʼn manier om elke nou en dan die mat onder ʼn mens se voete uit te ruk en die planne wat jy só goed deurdink het, totaal en al omver te gooi!  Maar, op die ou einde keer alles weer terug na normaal en kan jy jou lewe nie indink sonder daardie klein veranderinkies nie.  In die middel van Wilke en Bianca se trou-beplanning, het die lewe juis só onvoorsiene draai op hul pad gebring.  Hul trou beplanning moes toe eers opsy geskuif word en is ʼn paar jaar later aan aan VIA-kanaal se Kom Ons Trou Nou program oorgegee.

Bianca en die VIA span het die byna onmoontlike taak aangepak – om ʼn troue in drie dae te beplan!  Al was Wilke nie deel van die beplanningsproses nie, het Bianca sy styl ook in ag geneem en op ʼn moderne tema besluit. Vriende en familie is gebel, uitrustings is gekies en diensverskaffers is gereël om dié paartjie se dag so spesiaal as moontlik te maak.  Akoestiek Musiek het veral ʼn groot rol gespeel om ʼn rustige en romantiese atmosfeer vir hierdie blits-bruilofsfees te skep!

Vandag is Wilke en Bianca sielsgelukkig en dankbaar vir daardie verrassinkie wat so onverwags op hul pad gekom het.  Rol af om meer oor hul liefdes-verhaal uit te vind en aanskou hoe hulle ʼn pragtige moderne troudag in slegs drie dae beplan het.

Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA

Paartjie se Liefdesreis


Ons storie het in 2015 begin toe ons mekaar baie lukraak deur vriende ontmoet het.  Maande later het ons begin gesels en nooit opgehou nie.  Ons het mekaar 2 maande geken en besluit ons gaan trou.  Tydens ons trou beplanning het ons uitgevind dat ek swanger is.  In skok, maar soveel geluk, het ons besluit dat alles eerder na ons dogtertjie en huis moet gaan as op ʼn troue.  Daar was komplikasies tydens die swangerskap en ons dogtertjie is vroeg gebore.  Sy is in hartversaking in en het bloeding op die brein gehad.  God se genade het haar deurgedra en vandag, 3 jaar later, het ons ʼn pragtige dogtertjie!

Met dié dat al ons aandag gevestig was op ons dogtertjie en ons nuwe rol as ouers, was trou laaste op die lys.  Tog, was dit die enigste ding wat nog nodig was om ons as ʼn gesin te bind.  Ek (Bianca) het besluit om in te skryf vir die TV reeks Kom Ons Trou Nou.  Ek het Wilke gevra om te trou.  Dit was die perfekste dag en ons is so geseën en dankbaar dat ons dogtertjie deel daarvan kon wees.

Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA

Die Verlowing Tydperk


Ons was ʼn volle paar uur verloof voordat ons by die kansel afgestap het!  Met die hulp van ʼn trou-beplanner het ek 3 dae gehad om die troue te reël.  Nét 3 dae!  Dit was chaos, maar so perfek!

Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA

Finansiële Aspekte


Ons was so geseënd om deel te kon wees van ʼn TV program waarin die verskaffers meeste van die groot kostes gedek het.  Daar was 50 gaste by ons groot dag.  Ons beste advies sal wees:  Vergeet van alles wat perfek moet wees en alles wat mens sien op die internet.  Die oomblik wanneer mens by die  kansel afstap en jou lewe aan mekaar beloof, besef jy niks daarvan maak saak nie.  Al wat saak maak is die gevoel tussen julle twee.  As mens terugkyk, gaan dit altyd soos die perfekte dag voel – nie oor die materialistiese aspekte daarvan nie, maar as gevolg van die liefde teenwoordig.

Kom Ons Trou Nou VIAKom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA

Vermaak


Ons het ʼn platejoggie gehad, sowel as die ongelooflikste musiek kunstenaars Akoestiek.  Dit het definitief ʼn atmosfeer geskep wat mens nie anders sou kon kry nie.

Kom Ons Trou Nou VIAKom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIAKom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA

Merkwaardigste Oomblikke


Vir ons albei was die mees merkwaardigste deel van die dag toe ek vir Wilke gevra het of hy met my sal trou.  Wilke se dit was vir hom baie spesiaal om my in ʼn trourok te sien en te besef hoe graag hy my nog altyd in ʼn trourok wou sien en met my wou trou.  Die spesiaalste oomblik vir my was die kyk op sy gesig toe ek hom vra en hy bewoë vir my kyk en ek besef hierdie is ons groot dag – uiteindelik!

Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA

Paartjie se styl


Ons hou baie van moderne style.  Ons was mal oor die spierwit rok en die geheel en al swart pak.  Die donker kleure van die blomme en dekor was vir ons sprokies-mooi.  Ons trouringe was baie eenvoudige pante van swart en roos-goud.

Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA

Die Besluitnemingsproses


Omdat Wilke van niks bewus was nie, het ek al die besluite gemaak.  Ek het wel al die besluite geneem wat ek weet hy ook sal wou hê.  My pa en stiefma was betrokke in die proses om my rok te kies en Wilke se beste vriend het gehelp om sy pak te kies.  Verder het ons 3 dae gehad om alles bymekaar te kry en dit was op die ou einde ʼn sprokies-troue vir ons.

Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA

Venue & Dekor


Die venue, De Harte, was soos ʼn sprokie venue.  Ons was mal oor die pragtige blomme agter die hoof-tafel, die styl van die saal se baksteen mure, die pragtige tuine en die asemrowende kapel.  Die kapel laat jou kompleet voel asof jy in die natuur is, omring deur bos!  Die dekor was iets waarvan ons albei hou.  Dit was vir ons nog altyd belangrik dat die bruidegom ook van die algehele styl hou.  Ons was mal oor die wit en swart dekor, met goue en Boergondië details.

Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA

Wittebrood


Vir ons wittebrood, het ons besluit om Bali toe te gaan.  Ons altwee wou nog altyd graag Bali besoek, omdat ons baie geestelik is en ook omdat dit bitter mooi lyk op foto’s!  Om vir 2 volle weke Bali te verken was ʼn  ongelooflike ervaring.  Ons het op die strand skemerkelkies gedrink en in die reënwoud tussen die rys velde gestap.  Daar is iets só rustig en romanties aan Bali en ons het definitief die beste tyd van ons lewe gehad.  Soveel so, dat ons op ons eerste huweliksherdenking teruggaan!

Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA Kom Ons Trou Nou VIA

Mooi Troues Diensverskaffers:

Klik hier vir meer diensverskaffers