Lourens & Melissa se Verlowing Fotosessie in die Grasvelde

In dié artikel deel ons Lourens en Melissa se verlowing fotosessie in die grasvelde.  Dié paartjie se verlowing foto’s is só mooi en romanties.  Met die groen agtergrond van die grasvelde en die sagte sonlig wat daarop skyn, is dit besonders mooi.  Ons kan sien dat Melissa en Lourens dit vreeslik baie geniet het.

Hulle het die verlowing fotosessie gehou om foto’s te hou as herinneringe en ook vir hul trou uitnodigings.  Verlowing fotosessies is belangriker as wat mens dink dit is.  Nie net is dit daar vir die mooiste foto herinneringe nie, maar ook as ʼn oefenlopie vir jul troudag.

Op die troudag wil julle nie onnodige stres hê nie en ook meer gemaklik wees voor die kamera.  ʼn Verlowing fotosessie gee paartjies die kans om hul trou fotograaf, indien dit dieselfde fotograaf is, beter te leer ken.  As julle ʼn ander fotograaf het as die een wat jul verlowing foto’s geneem het, is dit ook reg.  Dit gee nogsteeds vir die paartjie die kans om te voel hoe dit is om voor die kamera te wees.

Om te poseer en nogsteeds natuurlik voor te kom tydens ʼn fotosessie is baie belangrik.  Die laaste ding wat julle wil hê is om te styf voor te kom.  Kyk net hoe gemaklik is Lourens en Melissa in hul verlowing fotosessie.  Dit is belangrik om net die oomblik te neem en die fotosessie ten volle te geniet saam met jou geliefde.  Om bietjie meer gemaklik te wees, kies ʼn ligging waarvan julle albei hou of bekend is mee.  Dit sal julle outomaties bietjie meer op jul gemak laat voel.  Besoek Mooi Troues se Trougids vir oulike trou fotograwe.

Rol af om meer te lees oor Lourens en Melissa se liefdesreis as paartjie en om meer foto’s te sien van hul verlowing fotosessie.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons het mekaar ontmoet by Lourens se werk.  Melissa is ʼn Bourekenaar wat met COVID teruggetrek het Bloemfontein toe vanaf die Kaap.  Sy het vir ʼn ruk gesukkel om werk te vind in haar bedryf gedurende die inperking, en toe uitgereik na ander geleenthede.  Lourens se maatskappy het toe ʼn pos gehad vir ʼn Project Coordinator waarvoor Melissa aansoek gedoen het en die werk gekry.
Sy het daar begin, onder Lourens gewerk, maar na twee weke se indiensname het sy ʼn ander geleentheid gekry om in Ierland as ʼn Cost Manager te gaan werk, wat sy aanvaar het.

Met die dag wat sy haar bedanking ingedien het, het sy en Lourens vergadering gehad.  Toe hulle nou besef dat hulle nie meer kollegas sou wees nie, het daar effe gevoelens opgeduik met hulle geselsies.  Hy het toe oopgemaak en begin vertel oor die historiese huis wat hy in Waverley gekoop het met plek vir 40 karre, en die kar liefhebber wat Melissa is, kon sy nie weerstaan om uit te vra nie!  Lourens het haar toe, na ʼn lang gesprek, na die huis genooi om dit te besigtig en van daar af het hulle mekaar nie vir een dag misgeloop nie.

Die volgende afsprake was ure se stapsessies van lekker lag en harte leer ken.

Die groot vraag:


Dit was ʼn groot verassing vir die bruid, sy het geen vermoede gehad nie.  Die plan was aanvanklik om as ʼn groep egpare en vriende vir ʼn naweek Clarens toe te gaan – maar die ander twee groepe het laaste minuut gekanselleer.  Ek en Lourens het besluit om steeds voor te gaan met ons naweek planne oor die akkommodasie al bespreek was, en ons gehunker het na ʼn naweek in die Vrystaat vlaktes.

Lourens het, terwyl Melissa vir werk in die Kaap was in Junie, gaan ouers vra.

Lourens en Melissa het ʼn bergklim ekspedisie vir die Saterdagoggend beplan na ontbyt tuis.  Oppad na die piek van die berg, het hulle plek-plek fotos geneem saam en van mekaar om die landskap vas te vang so daar was geen snaaksigheid toe hulle bo kom en Lourens die kamera opstel om ʼn foto van hulle saam te neem nie.  Lourens vra vir Melissa toe om ʼn klip te gaan haal om die foon te stut, in daardie tyd druk hy gou die ringboksie in sy broeksak.  Toe hulle reg staan vir die foto, bieg Lourens dat hy die foon op video gestel het en hulle giggel saam daaroor.  Daarna, het hy op die knie geval en vir Melissa gevra om te trou.  Met lam knieë, bewende hande en trane in haar oë, het sy vir hom ʼn “natuurlik JA” gegee daar in die hart van die Vrystaat.

Hoekom ons mekaar liefhet:


Melissa oor Lourens:

Hy-
– het ʼn verhouding met ons God.
– hits my aan om myself lief te hê sodat ek vir ander kan gee.
– het ʼn ongelooflike “zest for life” en sy hart is so gerig op diè om hom.  Hy bring altyd soveel vreugde.
– stel my altyd gerus dat ons alles kan oorkom, en “cliché”, hy maak my veilig voel.
– stel my bo enigiets, altyd.
– is so sorgvuldig oor my en ons twee Labradors.

Lourens oor Melissa:

Haar-
– mooi hart.
– vasberadenheid.
– fokus.
– liefde vir diere en vir haar naaste.
– skoonheid en mooi glimlag.
– avontuurlustigheid.
– dreef vir aktief wees.
Willingness to do the right thing and to be the best version of yourself.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Slegs Agt maande:
13 Augustus 2022 – Verlowing
29 April 2023 – Troudatum

Die verloofring:


Die toekomstige bruid was grootliks betrokke met die ontwerp – sy is vreeslik kieskeurig gewees oor die ring.  Haar grootste rede was dat die ring “anders” moet lyk as enigiets wat al van tevore gedoen was.

Die bruidegom het haar gereeld gevra oor die ontwerp van die ring en of sy dit gefinaliseer het- maar sy was ʼn taai kliënt.  Sy het op die end ʼn finaal ontwerp gekies en dit vir hom deurgestuur waarna hy dit by V’dodili gaan ontwerp het – die bruid het nie daarvan geweet nie en ook nie wanneer di plaasgevind het nie.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ons aanvanklike doel met die fotosessie was vir ons trou uitnodiging – en om ʼn paar professionele foto’s saam te hê.

Oor ons nie al vir jare saam was nie, was dit eintlik die eerste geleentheid om foto’s eie aan ons te hê.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Die pragtige 1902 Victoriaanse huis is so uniek en eie aan ons erfenis – dit was eintlik vanselfsprekend.  Dit was ʼn geleentheid om die huis ook af te speel.  Dit sal altyd vir ons ʼn spesiale plek wees – oor dit die aanknopingspunt van ons verhouding was.

Ons fotograaf het voorgestel dat ons êrens in die veld ook neem oor ons verlowingsessie in Februarie plaasgevind het, het die grasvelde gekreun en jou oë seer gemaak van die see van groen by Woodlands Wildlife Estate.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


Die kort tydlyn – ons het verloof geraak in Augustus en trou 29 April 2023.  Met ʼn voltydse werk, ʼn verhuising na Pretoria en boonop ʼn Meestersgraad wat in Februarie begin – ʼn mondvol, maar dit gaan alles die moeite werd wees!

Visie vir droomtroue:


ʼn Somer herfsdag in Bloemfontein met elegansie en tydlose elemente waarna ons kan terugkyk wat steeds stylvol gaan wees.  Buite troue – terwyl die bruid instap moet daar ʼn rustigheid van die natuur oor almal spoel.  Alles swart en wit met minimale dekor.  Smullekker kos, goeie wyn en baie kerslig.  ʼn Onvergeetlike kuier saam familie en vriende waar almal hulle dansskoene aantrek.

Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: