Erhard & Emily se kaalvoet verlowingfotosessie

Paartjies wat opsoek is na ‘n meer ontspanne verlowing fotosessie idee sal Erhard en Emily se foto’s hier onder baie geniet.  Dié paartjie het ‘n son opkoms fotosessie gehad met ‘n vars gebroude koffie.  Hulle het hul absoluut self geniet en was selfs kaalvoet gedurende die fotosessie.

Rol af en kyk na die oulike paartjie se verlowing fotosessie hier onder.

verlowing idees verlowing idees engagement photographers cape town engagement photographers cape town engagement photographers cape town engagement photographers cape town

Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?


Ons het ontmoet toe ons baie jonger was, as tieners.  Ek het baie na hom op gekyk en het Jesus se eienskappe in hom raakgesien.  Van die begin af, voor daar enigiets romanties was, het sy liefde vir die Here en vir mense en sy vermoë om goed te lei my baie aangetrek na hom toe.  Asook die manier hoe hy eg was in alle areas.

My reinheid, onskuld en gewilligheid om te leer was die eerste ding wat hom aangetrek het aan my, sê hy.  Asook my vermoë om met mense om te gaan en hoe ek ander liefhet.

engagement photographers cape town engagement photographers cape town engagement photographers cape town verlowing idees engagement photographers cape town engagement photographers cape town

Vertel ons wie het wie gevra om te trou?


Erhard het vir my gevra om te trou, in n manier baie “eie” tot ons!

engagement photographers cape town engagement photographers cape town engagement photographers cape town engagement photographers cape town engagement photographers cape town verlowing idees engagement photographers cape town

Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?


Ons wou ‘n sonsopkoms sessie hê, omring met natuur en berge.  Ons is baie lief vir God se skepping en ‘n groot deel van tyd word daar spandeer en vele herinneringe was al gebou in die natuur.  Ons hou ook daarvan om in n omgewing te wees waar daar verskillende mense is, so daarom was in die middel van die stad ook ‘n goeie plek om fotos te neem.

engagement photographers cape town engagement photographers cape town engagement photographers cape town verlowing idees engagement photographers cape town verlowing idees

Wat het jul laat besluit oor die verlowing fotosessie


Ons fotograaf het vir ons ‘n baie goeie prys gegee en ek wou al vir n tydjie mooi fotos van ons hê.  Erhard was saam opgewonde daaroor en ek glo dit was goed vir ons om te ervaar hoe dit is aan die ander kant van ‘n kamera!  Ons sal definitief die fotos gebruik op uitnodigings.

engagement photographers cape townverlowing idees engagement photographers cape town engagement photographers cape town engagement photographers cape town

Vertel ons meer wat het jul ingedagte vir jul droom troue?


Ons harte is definitief gevestig op ‘n klein, intieme troue waar daar ‘n atmosfeer van familie en liefde is.  Ons wil nie ‘n formele, tradisionele troue hê nie.  Ons sal graag dat ons familie en vriende bydra aan dinge soos kos en drinkgoed, dat dit ‘n spanwerk is.  Ek wil graag dat die estetiese elemente van die troue mooi, sag en “warm” is.  Die lokaal speel ‘n rol in al hierdie, so ons sal beslis uitkyk vir n goedkoop en eenvoudige, maar mooi, lokaal.  Ek hou baie van blomme, so dis beslis deel van die idee.

engagement photographers cape town verlowing idees engagement photographers cape town engagement photographers cape town

Diensverskaffer