Met die hulp van diensverskaffers wat presies verstaan wat die kreatiewe fotograaf wou uitbeeld het hulle as span ‘n baie mooi gestileerde fotosessie as trou inspirasie saam gesit wat inspirasie dien vir bruide wat met die Minder-is-Meer tema wil gaan.
Blaai onder deur die foto’s en word geïnspireer met propvol inspirasie vir jou Minder-is-Meer troudag.
Vertel ons meer van die inspirasie vir die fotosessie
Ek hou van ’n simplistiese sagte romantiese gevoel en daarom het ek die venue gekies wat dit komplimenteer. Die oop vlaktes op die venue en die wit kliniese kapel het mooi bymekaar gekom.
Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?
Die span weet waarvan ek hou en hulle werk dra by tot die gevoel wat ek wou skep.
Deur wie is die fotosessie gereël?
Die fotosessie is deur fotograaf. Susan du Toit gereël as trou inspirasie.
Wat was vir jul die spesiaalste oomblik van die fotosessie?
Die sagte winters lig net voor sonsondergang.
Advies vir paartjies wat die inspirasie wil volg?
Minder is meer – Hou dinge simplisties en eenvoudig sonder te veel fieterjasies.
Diensverskaffers:
- Fotograaf: Susan du Toit Photography
- Dekor: Wedding and Event collection
- Model: Leandrie Lockhorst
- Grimering: Innova makeup
- Rok: Silver Swallow design
- Koek: Pippa Polly Cakery
- Venue: The Stone Cellar