Op Mooi Troues deel ons in die inskrywing Hennie en Nicole se Afrika tema troue in Franschhoek met ons lesers. Ons het ook voorheen hul avontuurlustige verlowing fotosessie op Mooi Troues gepubliseer. As jy dit gemis het, klik hier om daarna te kyk. Die paartjie se troue was vol pret gewees. Van hul oulike honde by die seremonie tot ล kunstenaar wat regstreeks by die seremonie verf. Definitief iets anders!
Nicole en Hennie het na die kerk gereis in ล koets met twee pragtige perde, ล glasie vonkelwyn in die hand deur die hoofstraat van die prentjie mooi dorp, Franschhoek. Die paartjie het baie stylvol gelyk in hul pragtige trou uitrusting en so ook die strooimeisies in hul donker groen rokke. Verseker ล stylvolle klassieke troue.
Die tafels was simplisties met wit en neutrale kleure en kerse. Blom ontwerpe in skakerings van wit en groen elemente het die res van die venue bedek. Goeters was hul keuse vir trou dekor huur. As jy opsoek is na fantastiese dekor vir jou troue, besoek gerus Goeters se profiel op Mooi Troues. Hulle het fantastiese dekor stukke te huur vir troues. Besoek ook Mooi Troues se Trougids vir professionele diensverskaffers vir jou troue.
Om meer te lees oor Hennie en Nicole se Afrika tema troue in Franschhoek en hul liefdesreis as paartjie, rol af.
Paartjie se Liefdesreis:
Ek en Hennie het in Stellenbosch ontmoet deur my beste vriendin in 2010 wat hom ontmoet op skool vakansie. Sy het my en Hennie aanmekaar voorgestel en hy het ons gevat op ล uitstappie na ล dam naby om te gaan vis skiet. Ek was dadelik mal oor hom.
Hennie het my gevra om met hom te trou op die 2de September 2019 op ล Gondola in Venesie onder die Rialto Brug.
Die Verlowing Tydperk:
Ons was vir 2 jaar verloof en toe besluit om reรซlings te tref vir die troue. Ek is self ล trou beplanner so ek het al die beplanning self gedoen en maar net iemand gekry wat die dag gekoรถrdineer het.
Trou Begroting:
Ons het 80 gaste genooi na ons troue en het ล trou begroting gehad van maksimum R300 000. Daar was seker gemaak dat ons net geld spandeer op die elemente wat vir ons die belangrikste is soos kos en vermaak. Ons was gelukkig om met diensverskaffers te โbarterโ en ons het ook kontakte gebruik wat ons vriende is wat ook ons gehelp het om in die begroting te bly.
Ons advies sou wees om ล lys te maak van wat vir julle as paartjie die belangrikste elemente is, en daarop geld te spandeer. Pasop om onnodige geld te spandeer om goedjies soos bv. geskenkies vir die gaste soos sleutel houertjies, koekies, sepies ens. Dit tel alles op en is onnodige uitgawes.
Merkwaardigste Oomblikke:
Vir ons was dit ongelooflik om as ล getroude paartjie na die seremonie in ons koets te klim met twee fries perde die hoofstraat van Franschhoek af te ry met ล glasie vonkel wyn.
Paartjie se styl:
Ons styl en tema was ล โAfrican Safariโ. My rok was vol volstruis vere en Hennie het net ล plein swart tuxedo aangehad met ล pasgemaakte hemp.
Hennie se trou ring was silwer met olifant hare en my trou ring het Hennie self ontwerp.
Die Besluitnemingsproses:
Ek, die bruid het meeste van die besluitneming geneem. Ons familie en vriende het minimaal insette gehad met die besluitnemingsproses.
Die โnie-so-perfekโ oomblikke:
Ons sou meer kerse op die tafels wou hรช.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Advies aan die dames:
Kry definitief ล koรถrdineerder wat op die dag al die reรซlings oorneem en seker maak dat alles verloop soos beplan. Jy sal baie minder stres hรช die week van die troue sodat jy elke oomblik kan geniet. Moet nie enige trou reรซlings los vir die laaste minuut nie.
Advies aan die manne:
Los die trou reรซlings vir die vrouens, manne!
Venue & Dekor:
Ons het in my pa se Safari lodge getrou in die wilds kamp, dus was ons geรฏnspireer om ล Afrika tema te hรช.
Vermaak:
Ons het ล kunstenaar gehad wat geverf het op die dag wat gedien het as vermaak asook ล sanger by verwelkomingsdrankies en ล platejoggie vir die aand.
Wittebrood:
Ons het besluit om op ล kort wittebrood te gaan en later die jaar op ล langer wittebrood te gaan. Ons het toe net na Botlierskop Private Game Reserve toe gereis vir 3 nagte waar hulle omtrent vir ons bederf het met lekker maaltye, wilds ritte, spa behandeling en beplande aktiwiteite.
Eerste Dans:
Ons het ล eerste dans gehad. Ons het geen danslesse geneem nie, net eenvoudig lekker vas gedans. Die liedjie wat ons gekies het was โHIGH, Lighthouse Familyโ.
- Huurdienste: Goeters
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy โn internet konneksie het en โn toestel wat gekonnekteer is tot โn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of โn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ล diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Danelle Stofberg Photography
- Venue: Chamonix Wine Farm
- Blomme: Bride Sidekick
- Bruidegom-pak: Euro Suit
- Dekor: N Concepts and Designs
- Grimering + hare: Corle Barnard
- Juweliersware + Trouring: Du Toits Jewelry
- Koรถrdineerder: Janine Spies
- Musiek: Andre Terblance
- Platejoggie: The DJ Conpany
- Skryfbehoeftes: Design by Light
- Spyseniering โ Annalize Catering
- Tente: Dimensions Tents
- Trourok: Elbeth Gillis
- Vermaak: Danielle Jordaan Artist
- Videograaf: Teori
- Wittebrood plek: Botllierskop