Ryan & Lauré se klassieke, maar tog moderne troudag

Hierdie paartjie se liefdesreis begin by ʼn vriende-byeenkoms, waar hul vir die eerste keer ontmoet het.  Ryan en Lauré het wel daarna vinnig besef dat hulle die res van hul lewens saam wou spandeer.  Hulle het in Desember 2018 verloof geraak.  Na ʼn jaar en ʼn half as verloofdes, het die paartjie getrou.  Ryan en Lauré se intieme troue wat perfek by hul klassieke, maar tog moderne styl gepas het.

As jy ʼn gereelde Mooi Troues leser is mag jy dalk hierdie paartjie herken.  Ryan en Laure was al voorheen op Mooi Troues gesien.  Ons het ʼn tydjie terug die eer gehad om hul pragtige verlowings fotosessie met ons lesers te deel.  Nou, met blydskap in ons harte, kry ons die kans om die volgende stap in Ryan en Laure se liefdesverhaal ook te deel!  Klik hier as jy graag vir Ryan en Laure beter sou wou leer ken, voordat jy verder oor hul liefdesverhaal hieronder lees.

Soos baie ander paartjies, het Ryan en Lauré gou besef dat trou nie goedkoop is nie.  Maar hulle het die geleedheid om te trou gesien as ʼn belegging, wat ʼn leeftyd se herinneringe bied!  Ons stem saam, dit is beslis ʼn belegging.  Maar as paartjies wat op trou staan hul huiswerk mooi doen, sal hul sien daar is tog maniere om dit in ʼn spaarsaam manier te reël!

Vir hierdie rede het Mooi Troues ʼn aanlyn trougids gestig.  Sodat paartjies vinnig, maklik en eindelose toegang tot verskeie diensverskaffers het.  Daar sal jy diensverskaffers vind wat elke begroting pas!

Rol nou gerus af om meer te lees oor Ryan en Lauré se klassieke, tog moderne troudag.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het mekaar ontmoet in Januarie 2014 by ʼn vriende-byeenkoms waar ons vir almal anders geken het behalwe vir mekaar.  Ek en Ryan het dadelik baie gemaklik in mekaar se geselskap gevoel en was onafskeidbaar van daardie dag af.  Ons het ook albei vinnig besef dat ons nie die lewe sonder mekaar kon insien nie.  Na so vier en ʼn half jaar as ʼn paartjie het ons verloof geraak in Desember 2018.  Ryan het die groot vraag gevra in ʼn prentjie-mooi park in Port Elizabeth.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was vir ʼn jaar en ʼn half verloof totdat ons in Junie 2020 in ʼn intieme seremonie getrou het.  Die tydperk wat ons moes wag vanaf ons verlowing totdat ons die oorspronklike-beplande troue kon hou, was twee en ʼn half jaar.  Ons het meeste van die troue self beplan, maar het gelukkig nabye familie lede gehad om ons te help (nie net met die beplanning nie, maar ook met die trane-afvee toe die KOVID-19 pandemie ons planne omvergegooi het).

Finansiële Aspekte:


Vir ons was dit baie belangrik dat ons begroting realisties was, omdat ons van die begin af geweet het dat ons nie ʼn klein troue wil hê nie.  Ons het gelukkig heel goed binne ons begroting gebly.  Dit het baie gehelp om trou tydskrifte en ander artikels vooraf te lees wat begroting-raad bied, en ons het ons beste probeer om slim te wees met ons besluite.  Ons het 71 gaste onthaal, en het die perfekte dag gehad.  Trou is definitief nie goedkoop nie, maar ons het dit gesien as ʼn belangrike belegging wat ons maak vir ʼn leeftyd se herinneringe.

Merkwaardigste Oomblikke:


Lauré:

Die merkwaardigste oomblik was toe ek in die kapel ingestap het, met my pa aan my sy en Ryan wat voor vir my wag.  Alles waarvoor ons gehoop en gebid het, en oor gedroom het, het uiteindelik in realiteit uitgespeel.

Die dankbaarheid, blydskap, en vrede wat ek in daardie oomblik ervaar het is ʼn gevoel wat my lewe lank saam met my sal bly!

Ryan:

Vir my was dit die oomblik waarvoor ek al jare lank wag, wat as gevolg van die pandemie nie kon plaasvind gedurende ons intieme troue in vlak 3 van die grendeltydperk in 2020.

Die oomblik toe Lauré, in haar wit trourok en al haar skoonheid na my toe stap in die kapel.  Sy het my soos een van die gelukkigste mans in die wêreld laat voel.  Ek kan nogsteeds nie die woorde vind om te beskryf hoeveel daai oomblik vir my bedoel het nie!

Paartjie se styl:


In woorde opgesom, is ons styl dalk heel beste beskryf as klassiek maar tog steeds modern.  Ons albei is mal oor tydlose style wat nie te dramaties, maar ook nie te simplisties is nie.  Ons het ons trou uitrustings uitgekies volgens hierdie styl, en ons ringe is ook ʼn goeie voorbeeld daarvan.

Die Besluitnemingsproses:


Die besluitnemings-proses was moeiliker as wat ons aanvanklik verwag het, maar ons het dit soveel as moontlik saam aangepak.  Toe ons aanvanklik ons troue beplan het, het ons baie in klein “details” vas begin kyk wat nie belangrik was nie en wat besluitneming partymaal gekompliseer het.

Gelukkig toe ons weer moes begin beplan vir ons 2021 datum, het ons op die groter prentjie begin fokus en was besluitneming baie makliker.  Ons het ook meer as genoeg hulp van ons geliefdes gehad toe ons ʼn ekstra opinie of twee benodig het.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Lauré:

Probeer om nie te veel te bekommer oor dinge wat eintlik nie belangrik is nie.  Onthou dat jy nie alles kan beheer nie, en dat die mooiste dinge in die lewe (veral op ʼn mens se troudag) gewoonlik die dinge is wat onverwags gebeur.  Geniet dit, en wees vir elke oomblik dankbaar.

Ryan:

Maak seker jy neem elke oomblik van jou groot dag in!  Moenie vergeet om ʼn tree terug te neem en teenwoordig te wees nie.  Fokus op die mees belangrikste persoon daar, jou vrou!  Die herinneringe wat jy op jou troudag maak sal jy vir altyd koester.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Alhoewel daar heel moontlik ʼn paar dinge was wat nie volgens plan gebeur het nie, het die dag vir ons albei perfek gevoel en kan ons nie eers daardie dinge nou onthou nie.  Ons sal niks wil verander nie, en is dankbaar vir hoe alles verloop het.

Eerste Dans:


Ons eerste dans was op Riaan Benade se liedjie “Spontaan”.  ʼn Goeie vriend het dit voorgestel as ʼn lekker dans liedjie met mooi bypassende woorde.  Ek kan steeds nie die liedjie uit my kop kry wanneer ek aan ons troue dink nie, en dit sê baie oor die impak van daardie oomblik.  Ons is albei nie die heel beste dansers nie, maar het besluit om eerder nie dinge te veel te kompliseer nie, en so natuurlik as moontlik ons sokkie-passies op die dag uit te haal.

Venue & Dekor:


Ons het dadelik op Lace on Timber verlief geraak en nie verder vir ander venues gesoek nie.  Die beeldskoonheid van die venue het ons dadelik aangetrek en was die perfekte “canvas” waarom ons ons klassieke maar steeds moderne troue wou reël.  Lace on Timber het boonop ʼn ongelooflike professionele span wat ons van die eerste dag af op hulle hande gedra het.  Ons het besluit om die natuurlike styl van die venue te gebruik en sagte en romantiese kleure te gebruik vir ons dekor.  Hierdie was meestal skakerings van “dusty pienk”, groen, room, en grys.  Hierdie kleur-skema het ons klassieke, en moderne, trou tema mooi beklemtoon.

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: