Romantiese Wegbreek na Pineapple House Boetiekhotel

Ons het ʼn romantiese wegbreek geniet na Pineapple House Boetiekhotel in Seepunt, Kaapstad. Dié boetiekhotel is die ideale plek vir paartjies wat wil ontspan op ʼn romantiese wegbreek, of ʼn wittebrood. Seepunt het ʼn baie spesiale plek in die stigters van Mooi Troues se harte omrede dit is waar Mooi Troues begin was in 2013.

Rupert and Lesley Sykes, is die eienaars van die Pineapple House Boetiekhotel en het hierdie unieke boetiekhotel tot lewe gebring.  Ons is mal oor die helder, maar nogsteeds neutrale dekor- en ontwerp elemente wat gebruik was deur die hele hotel.  Alles is uniek en vertel sy eie storie, van die leefareas tot die gaste kamers.

Jy kan sien dat alles in die hotel gekies is om die reisigers se gemak te verseker.   Met duursame, gemaklike verblyf en geleë sentraal naby toeriste -aantreklikhede, wat dit maklik maak om rond te beweeg sonder moeite.

Mooi Troues reis gereeld na oulike wegbreek bestemmings toe en skryf baie inskrywings oor oulike verblyf vir paartjies wat net ʼn wegbreek soek tydens die troubeplanning fase, of gedurende hul wittebrood.   Ons kan definitief sê dat Pineapple House Boetiekhotel ʼn oulike plekkie is om jou volgende wegbreek na te reël.  Julle kan asseblief hier klik na vorige inskrywings van Wittebrood bestemmings wat deur ons besoek was.

Rol af om meer te lees oor ons wegbreek by Pineapple House Boetiekhotel en ook wat die hotel bied vir reisigers deur na die foto’s te kyk.

Die Ligging:


Pineapple House Boetiekhotel is in die hartjie van Seepunt geleë by 8 Irwinton Straat.  Slegs 500 meter of 5 minute se stap vanaf die Seepunt Paviljoen en 9 minute se ry na die V&A Waterfront.

Dit is die ideale ligging vir paartjies wat die stad wil verken.  Daar is soveel om te doen, stap langs die Seepunt Promenade, neem die Redbus toer, geniet middag en/of aandete by een van honderde fynproewer restaurante … net om ‘n paar aktiwiteite in die voortreflike Atlantiese kus te noem.  Slegs 15 minute se rit en jy is by populêre strande soos Clifton en Kampsbaai.

Dinge om te doen by die hotel self:


Daar is ʼn leefarea soos jy die hotel binnekom, waar jy televisie kan kyk, ʼn boek kan lees of net te sit en ontspan met ʼn glas van jou gunsteling drankie .  Al die televisies het ook Netflix beskikbaar, so jy kan definitief ontspan en jou gunsteling televisie program geniet in jou kamer.

As die weer mooi is, kan jy ook buite op die dek ontspan en as jy te warm kry kan jy afkoel in hul plonspoel.

Daar is ook gratis Wi-Fi beskikbaar, sodat jy definitief jou sosiale media op datum kan hou en al jou aanhangers wys waar jy bly en hoe lekker jy vakansie hou!

Die Kamers:


Pineapple House Boetiekhotel se verblyf bied 9 unieke kamers.  Elke kamer het ʼn ander styl, kleurskema en gevoel tot dit.  Dit is presies waarom gaste ʼn boetiekhotel kies, vir die uniekheid daarvan.  Gedurende ons verblyf was ons baie gelukkig om in twee van Pineapple House Boetiekhotel se kamers te bly.

Die eerste aand het ons in Three Oh One – hul luukse suite gebly.  ʼn Baie gemaklike koning grootte bed sal jou verseker van ʼn baie goeie nagrus.  Geen moeite was bespaar wanneer dit kom by die afwerkings van die kamer nie.  Baie aandag was gegee aan klein detail en ontwerp elemente.   Daar is ook ʼn ruim privaat balkon by die suite waar jy die sonlig kan geniet.   As jy vinnig wil afkoel, sonder om na die klein swembad te gaan, kan jy sommer die buite stort op jou privaat balkon gebruik.  Die badkamer is ʼn ruim oopplan spasie met ʼn losstaande bad, dubbel wasbak, klomp kaste en ʼn ruim stort en privaat toilet.

Ons tweede aan het ons in One Oh One – hul kleiner kamer gebly.  Dieselfde passie en liefde as wat ingegaan het in die groter kamers is in die klein kamers spandeer.   Ons was gaande oor die muurpapier in die kamer.  Die muurpapier het onmiddellik ons aandag getrek.

Daar is ʼn kleiner badkamer met ʼn ruim stort, wasbak en ook ʼn toilet.  Hierdie is die ideale kamer vir paartjies wat hou van rond reis en net ʼn gemaklike spasie soek om te rus.

In Kamer Geriewe:


Al Pineapple House se luukse kamers sluit die volgende in-kamer geriewe in:

  • Lugverkoeler
  • Fiber wifi
  • Toga’s en pantoffels
  • Haardroër
  • LCD televisie
  • Luukse geriewe
  • Netflix -toegang
  • Privaat balkon
  • Reën stort
  • Yskas & Minibar
  • Kluis
  • Geen rook nie
  • Tee en koffie

Ontbyt by Pineapple House Boetiekhotel:


Pineapple House Boetiekhotel se ontbyt definitief uit die boonste rakke.  Met ʼn verskeidenheid van vars vrugte, verskillende brood opsies, ʼn vars lemoensap en ʼn opsie van enige van hul warm ontbyt, sal jy definitief ʼn heerlike ontbyt geniet.

Ons het ʼn geposjeerde eiers ontbyt geniet met salm en een met spek.  Dan het ons die volgende oggend ʼn heerlike Engelse ontbyt geniet.  Dit was albei heerlik gewees en het ons die energie gegee om die dag vol aktiwiteite aan te pak.

Boek jou verblyf by Pineapple House:


Klik hier om jou verblyf by Pineapple House Boetiekhotel te boek.  Indien jy enige vrae het, kan jy hul ʼn e-pos stuur.  Vir tonne oulike foto’s en die nuutste nuus, volg hul op Instagram en Facebook.

Jy kan ook vorige gaste se baie goeie resensies lees op hul Trip Advisor profiel.  Onthou om die hutsteken, #mooitroues te gebruik op sosiale media wanneer jy by die hotel kuier.

Kyk na ons video hieronder:

Artikel Krediet: