BELAIR PAVILION

TROU VENUE / PAARL

Die uitsig oor Simonsberg, vanaf Belair Pavillion trou venue op die pragtige klein plaas teen die hange van Paarl Berg, is uitsonderlik.

Die boetiek-landgoed is geleë in die hart van die Kaapse Wynland, omring deur bekende wynplase, op die Suid Agter Paarl pad, 45 minute vanaf Kaapstad.  Die landgoed is nie oop vir die publiek nie, en dus bied dit privaatheid asook eksklusiwiteit.

Belair is bekend vir hul ongelooflike tuine, waarmee min kan vergelyk.  Die onthaal area is uniek, en bestaan uit staal pilare, met glas deure wat reg rondom oop maak na die prentjie mooi tuine.  Die onthaal area is so te sê lewendig, met ster-jasmyn wat groei teen die gebou … buite, asook binne.  Die Jasmyn is pragtig groen, regdeur die jaar, en blom in November.

Die dramatiese waterfonteine skep ʼn sprokiesmooi paadjie vir die bruid en haar gevolg, na die 120-sitplek kerkie wat toegerank is met klimop plante.  Die kerkie, asook die onthaal area en die tuine, is omring deur Wisteria bedekte boë, wat blom in September.  Belair bied ook ʼn buite seremonie area aan vir groter byeenkomste, wat tot en met 250 gaste kan akkommodeer. Die area is geleë onder Waterpeer bome, wat heerlike koelte verskaf in die somer maande.  Die area spog met ʼn swart en wit geteelde paadjie, wat bedek is met boë, toegerank met wit rose.

Een van die vele gewilde kuier areas by Belair, is die intieme skadu bedekte stoep, aangrensend teen die hoof onthaal area.  Die stoep is omring met plante en is bedek met feetjie-liggies.  Daar is ʼn lekker vuurmaak plek asook ʼn intieme buite dansvloer, vir die wat verkies om onder die sterre te dans.

Die bekoorlike gastehuis op die perseel, spog met 14 kamers en kan soveel as 28 gaste akkommodeer.  Ontbyt is ingesluit en word by Fairview wynlandgoed aangebied.  Klik hier om hulle venue te besigtig.

    Wedding Venue in the Cape Winelands Paarl

    KONTAK DIE DIENSVERSKAFFER

      JOU NAAM:

      E-POS ADRES:

      SELFOONNOMMER:

      TROUDATUM:

      BOODSKAP:

      MEER INLIGTING

      sit FACEBOOK  instagram  

      KLIËNTE RESENSIES

      Geen resensies op die oomblik nie.

        SKRYF JOU RESENSIE ONDER

        Hy jy gebruik gemaak van die diensverskaffer vir jou troue?  Los asseblief 'n resensie oor jou ervaring.

        WANNEER HET JULLE GETROU?

        SKRYF JOU RESENSIE OOR DIE BESIGHEID ONDER:

        JOU NAAM:

        E-POS:

        SELFOON NOMMER: