FC & Tania se pragtige selfdoen bruilofsfees

Hier by Mooi Troues is ons opgewonde op met ons lesers meer te deel oor FC en Tania se pragtige selfdoen bruilofsfees.  Die paartjie moes wel hul troue 2 keer uitstel en kon die derde keer to trou aan mekaar beloof.  FC en Tania se liefdesreis het begin by ʼn sneeuman, hoe interessant?

Die paartjie wou ʼn groot troue gehad het en hulle het dit gekry.  Alhoewel die paartjie hul pragtige selfdoen bruilofsfees moes uitstel weens KOVID-19, kon hulle hul droomdag kry.  Haar skoonma het die orrel gespeel wat ʼn bitter spesiale element was op hul troudag.  Die paartjie het later die aand ook wel die gaste verras met iets bitter oulik.

Rol gerus af en lees meer oor JC en Tania se pragtige selfdoen bruilofsfees.

Paartjie se Liefdesreis:


Ek en FC het mekaar in 2017 ontmoet en nooit was ons ʼn paartjie nie.  So het jare verby gegaan en in 2019 het alles begin by ʼn sneeuman.  Ons wonder nou nog wie se sneeuman was die mooiste.  Ek het in Bloemfontein gebly en hy het geboer op Cradock ons het vir ʼn jaar langafstand gedoen en elke naweek en vakansie oor en weer gekuier.  En voor ek my kon kry toe is ons verlief en ʼn paartjie.  Ek het uiteindelik in 2020 na hom getrek waar ek ʼn pos gekry het by die Hoërskool Cradock as ʼn juffrou.  13 Februarie 2020 het FC my gevra om te trou op die pragtigste plek in die Oos-Kaap.  Bellavue Lodge.  Alles was perfek, my ring, die man, die oomblik en daar was selfs ʼn fotograaf.

Die Verlowing Tydperk:


Ons wou baie graag vinnig trou en het sommer dadelik ʼn datum gekies 7 November 2020.  Maar ongelukkig toe was dit KOVID-19 en moes ons 2 keer ons troue uitstel en kon toe dus 27 Maart 2021 eers trou.  Maar dit was meer as perfek.  Ek wou alles self doen vir my troue en al my idees was my eie en ook van Pinterest af, natuurlik.  My tannie en niggie het my met baie goedjies gehelp, my ma met haar idees en my skoonma het gehelp met die kosse.  En dit het gemaak dat ons ʼn perfekte dag kon hê.

Finansiële Aspekte:


Ons het besluit op ʼn datum vir troue en dadelik ʼn begroting opgestel.  Daar was net 2 dinge wat ek nie regtig wou op sny nie en dit was my trourok en ons fotograaf.  Het ons by ons by ons begroting gehou?  Nee, dis maar baie moeilik oor ons reeds baie geld verloor het oor ons ons troue 2 keer moes uitstel.  Maar op die ou einde was alles perfek en het ons meer gekry as wat ons ooit voor kon vra.  Ons wou ook graag ʼn groot troue hê en het oor die 200 gaste genooi, op die ou einde was daar 150 gaste op ons troue.

Merkwaardigste Oomblikke:


Vir my was die mooiste oomblik toe ek saam my pa kon afstap in die kerk.  Dit was net ongelooflik.  Maar vir ons albei was dit definitief ons openingsdans.  Ons het ʼn verrassings dans gehad wat ek en FC gedoen het, ons twee het dit self uitgewerk, geoefen en toe ons gaste verras.  Dit was verseker die hoogte punt van die aand.

Vermaak:


Ons het ʼn heerlike feestafel gehad en “gin” stasie, gaste was mal oor dit.  Dit het ʼn lekker geselligheid geskep.

Spesiale Tradisies:


My skoonma speel die orrel in die kerk en sy wou graag die troumars speel vir ons.  Dit was so spesiaal, ek het op die troumars geloop met my skoonma wat dit self gespeel het.

KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:


Ja ons moes ongelukkig twee keer ons troue uitstel, ons wou nie ons troue kleiner maak nie daarom het ons gewag tot dit moontlik was vir ons groot dag. Al was dit bietjie langer as wat ons wou.

Eerste Dans:


Ons het ja, daar is selfs ʼn video oor dit gemaak.  Ek en FC wou anders wees en het eers met stadige dans musiek begin en toe dansies self uitgewerk en kyk was almal verras.  Dit was verseker die hoogtepunt van die aand.   Nou nog praat mense van ons dans.

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Diensverskaffers: