Jason & Michèlle se rustieke troue

Die rustieke troue van Jason en Michèlle wat ons in dié inskrywing deel,  wys ons aan ons lesers hoe mooi ʼn troue kan wees, al het die paartjie se ouers meeste van die dekor items self gemaak.

Die paartjie het besef dat dít húl troudag is en het elemente van hul stokperdjies uitgebeeld in keuse van venue ens.  Onder andere is hulle baie lief vir boot ry en het Michèlle na die opelug kapel gereis op ʼn klein bootjie.   Mooi Troues se lesers wat besig is om hul eie troue te beplan moet tog nie huiwer om bietjie van hulself in hul troudag in te bring nie – Iets waarin jul gaste bekend is wat julle as ʼn paartjie saam doen.

Jason kon nie die trane keer toe hy uit sy beeldskone bruid uit eintlik in die trougang sien loop nie.  Dié paartjie moes weens die KOVID-19 inperkings hul troue twee keer uitstel!

Mooi Troues se lesers kan nou rustig afrol om Jason en Michèlle se rustieke troue te geniet.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons liefde het al vlam gevat op skool toe ons maar net graad 8 was, niks ernstigs nie, want watse 14 jarige soek tog ʼn vaste meisie. Dit was nie tot ons albei begin werk het na matriek wat ons eintlik werklik mekaar gevind het. Ons liefde vir mekaar het net gegroei van daar af en vir 4 jaar het ons liefde geblom.  Tot 2019 waar Jason bo op ʼn perd (groot vrees) my gevra het ons te trou.

Ons het vir ʼn uitstappie gegaan eintlik om te zipline (my vrees), maar toe waai die wind net te veel. Ons het toe gekies om perd te gaan ry in Swaziland. Dit is net daar by die mooiste dam uitsig waar die groot vraag gevra is en natuurlik het ek Ja gesê!

Die Verlowing Tydperk:


Ons was verloof vir ʼn jaar en ʼn 7 maande . Eintlik moes dit net n jaar gewees het, maar KOVID-19 het ons bietjie langer tyd as verloofdes saam gegee.

Ons het ons troue self beplan met die hulp van my familie en ons vriende.

Finansiële Aspekte:


Ons het nie ʼn spesifieke begroting gehad nie, ons het maar net spaarsamig gewerk en dinge mooi beplan voordat ons keuses en uitgawes aangegaan het.

My advies, spandeer genoeg op ʼn goeie fotograaf, dit is tog die enigste bewyse van jou droomdag. Kry ʼn goeie platejoggie (toets hul dalk voor die troue) om spyt te voorkom, moet nie net vir die goedkoopste opsie gaan nie.

Spaar geld deur self goedjies te maak.  Daar is soveel idees op Pinterest en familie is altyd bereid om nuwe stokperdjies te begin as dit kom by trou dekor.

Ons het 80 gaste gehad.

Merkwaardigste Oomblikke:


Vir my die bruid was dit die oomblik wat ek en my bruidsmeisies en pa op die boot aangery gekom het en al die gaste se oë net op ons was. Die musiek het die hele oomblik so emosioneel gemaak en dit was werklik vir my ʼn hoender vleis oomblik.

Vir die bruidegom was dit natuurlik “die oomblik waar ek haar kon soen en uiteindelik my vrou kan noem, haar oë en mooiste glimlag in haar pragtige wit rok, sy het my asem weggeslaan”

Paartjie se styl:


My rok was so spesiaal vir my omdat hy gemaak was deur my ma Melinda.  Dit was ʼn “off white” satyn rok met ʼn pragtige kant sleep en pêrel beldjie om die middel. My trouring het ek en Jason saam gekies een dag toe ons sommer net in Menlyn rond geloop het. Ons het net daar geweet.

Jason se pak was ʼn pragtige ligte blou pak met bruin skoene en bloos pienk das. Sy oorspronklike kleur was vlootblou, maar toe hy die pak aanpas het sy oë sommer geblink. Jason se ring is ʼn blou en swart tungsten ring ook gekies op ʼn onverwagte uitstappie na die winkelsentrum.

Die Besluitnemingsproses:


Ons het probeer om meeste besluite saam te neem, maar tog het die vrou die laaste sê … Nee maar ons het almal se insette geneem en die beste besluite gemaak daarvolgens. Ons vriende en veral familie het baie insette gelewer en dit is een van die groot redes waarom ons droomdag ʼn sukses was.

Gunsteling Diensverskaffers:


Ons fotograaf en videograaf! Hulle het ons so gemaklik laat voel en het elke oomblik perfek vasgevang.

Ons blomme was ook ʼn uitsondering!

Vermaak:


Ons het ʼn platejoggie gehad wat musiek gespeel het. Tydens die kanapees het ons vir elke gas ʼn drankie gegee waarmee hulle hulself kon afkoel in die hitte.

Eerste Dans:


Ons het ʼn eerste dans gehad.  Dit was sekerlik die ding waaroor ons die meeste gestres het. Ons het 1 maand voor die tyd lesse begin neem, maar eintlik eers ʼn week vir die troue regtig mooi geoefen.

Ons het ʼn mengsel van Ed Sheeran se “Perfect” en Elvis se “Can’t help falling in love with you” en dan ʼn lekker opwindende liedjie van Grease.

Dit was vir ons baie lekker en pret omdat ons so gemaklik met mekaar was. Ons het deur die hele dans met mekaar gepraat net om mekaar te herinner watse stap kom volgende.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Vir die dames

Moenie jou rok te veel aantrek voor die troue nie, anders wil jy elke keer iets bysit of verander.  Smeer sonskerm as julle buite trou … Jy wil nie op wittebrood gaan met ʼn gebrande gesig nie.

Vir die manne

Onthou maar om jou vroutjie gerus te stel en haar ʼn week voor die troue baie meer te ondersteun as altyd, die emosies word maar hoog.  Sê maar net Ja … Neem in die oomblik waar sy haar geloftes aan jou voorlees (as julle het) die stres kan jou heeltemal laat afsny en dan hoor jy niks. Luister na haar woorde aan jou.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


My rok het bietjie groot gesit die oggend van die troue en ons was nie heeltemal gelukkig met ons platejoggie nie.

Maar behalwe vir die sout en peper wat nie op die tafels was nie, het ons regtig DIE perfekste dag gehad.

Venue & Dekor:


Ons wou nog altyd by Tolderia trou, ons is mal oor visvang, boot ry en net die mooi natuur uitsig. My visie vir ons troue was nog altyd om uit te kyk op die glans van die water met die gras groen grasperk vir die seremonie en onthaal.

Ons inspirasie was lanterns, liggies en vuil pienk. Die dekor was meestal self gemaak deur my ouers. Ons het “fairy lights” en lanterns op die tafels gehad en pienk lopers met blom rangskikkings.

Wittebrood:


Ons was op wittebrood in Ballito.  Die see is een van ons gunsteling vakansie plekke. Ons het elke oggend wakker geword met n see uitsig en vars lug.

Behalwe vir die “matriek rage” was ons wittebrood rustig en romanties, en heeltemal te veel uiteet en romanse …

KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:


Ja.  Een week voor ons troue was “lockdown 5” aangekondig.  Ons moes al ons gaste laat weet dat ons troue tot verdere kennisgewing uitgestel is na alles reeds beplan is. In Augustus het ons weer ʼn datum gehad wat ons weer moes uitstel tot November.  Ons gaste totale moes ook gesny word.

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: