Francois & Lizé se Spaanse gevoel troue

Francois en Lizé se Spaanse gevoel troue in Gansbaai is perfek vir die paartjies wat ʼn plattelandse troue beplan.  Albei Lizé en Francois kom van die platteland en wou ʼn troue hê waar hul die buitelig ten volle kon benut.  Dit is presies wat hierdie paartjie reg gekry het.

Hulle trou dekor het ʼn tikseltjie Spaanse inspirasie, waaroor ons gek is!  Die gebruik van bougainvilleas trek onmiddellik jou oog. Bougainvilleas is ʼn groot gunsteling in die Mooi Troues kantoor.  Hulle het die Spaanse gevoel ingebring deur  afwisselende goue, blou en wit potte te gebruik. Alles afgerond met blou en blom patroon servette.  Die blom ontwerpe was definitief die middelpunt van die tafel.

Hierdie pragtige troue sal baie inspirasie bied vir die paartjies wat opsoek is na ʼn rustieke, maar nogsteeds sagte troue.  Is jy verloof?  Vind professionele diensverskaffers in Mooi Troues se Trougids. Geniet die paartjie se pragtige Gansbaai troue.

bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready

Paartjie se Liefdesreis:


Met regte Stellenbosch student liefde en koffie!  Ons albei het dieselfde rigting studeer.  Eers 4 jaar na ons ontmoeting en die eerste probeerslag om my nommer te kry, het ons regte liefdesreis begin.  Hy het my toevallig in die gang gesien en besluit om weer ʼn kans te vat en my na ʼn dans gevra.  Na die dans, vele koffies en ʼn fees saam, is die res geskiedenis en was die koeël deur die kerk.

Ons was bietjie meer as 2 jaar saam toe Francois my onkant gevang het met die “Ja” vraag – nogal iets om reg te kry!  Hy het my op ʼn mooi winters Sondag oorreed om ʼn entjie te gaan ry om na die Canola lande te gaan kyk, een van my gunsteling dinge as plattelandse kind uit die Overberg.

Ons het op ʼn koppie tussen die Canola lande gestop en besluit om foto’s te neem. Ek was totaal en al onbewus dat die foto eintlik ʼn video was en tussen die Canola lande het Francois op sy knie gegaan.  Daar op die koppie het ons gevier met ʼn bottel sjampanje wat skelm saamgery is.

bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready

Spesiale Tradisies:


Familie is vir ons albei baie belangrik, maar ek het ook ʼn groot sentimentele streek in my.  Sonder dat dit beplan was het ons tiksels nostalgie in ons dag ingebring wat so spesiaal was.  Francois het sy oupa se dasspeld en manchet-knope gedra en ek my ouma se goue armband, albei wat nie die dag met ons kon deel nie.  Geërfde meubelstukke en koek-staanders vir dekor, daar was soveel mense in gees saam met ons.

groom getting ready groom getting ready groom getting readygroom getting ready groom getting ready groom getting ready groom getting ready groom getting ready groom getting ready groom getting ready groom getting ready groom getting ready groom getting ready

Die Verlowing Tydperk:


Ons het verloof geraak 19 Augustus 2018, maar wou graag ʼn somer troue gehad het wat ons verlowings tydperk 1 jaar en 3 maande gemaak het.  Ek en Francois het die troue self beplan, natuurlik met die hulp van familie lede.

first look first look first lookfirst look first look first look

Merkwaardigste Oomblikke:


Daar is eerlik soveel om van te kies, maar ons beide se gunsteling oomblik was die eerste keer wat ons mekaar gesien het. Ons wou dit nog altyd bitter graag doen aangesien ons geweet het die oomblik wanneer ons mekaar voor die kansel kry gaan so vinnig en is redelik oorweldigend.  Ons wou graag ʼn oomblik vooraf hè met net ons twee om dit alles saam in te neem.  Ek het sonder my sluier in gegaan om steeds ʼn bietjie van ʼn verassing te hou vir die seremonie.

Die oomblik toe hy omdraai was sy gesigsuitdrukking prysloos.  Dit was so ʼn spesiale en emosionele oomblik dat die paar mense om ons ook ʼn traantjie gepik het.  Ons het die geleentheid gehad om saam te kon bid vir ons dag vorentoe en die meeste van die senuwees te kalmeer. Ons kon ook inneem hoe mooi die finale produk van die onthaal uitgedraai het.

Dit is iets besonders wat ons vir elke paartjie sal aanbeveel.

wedding ceremony wedding ceremony wedding ceremony wedding ceremony wedding ceremony wedding ceremony wedding ceremony wedding ceremony

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Ons het wel klank probleme ervaar by die seremonie, maar ons het ʼn plan gemaak!  Definitief iets wat ons meer op sou fokus as ons geweet het dit kan so ʼn probleem veroorsaak.  Ongelukkig kan ʼn mens ook niks aan moeder natuur verander nie, so die wind het ons omtrent gejaag die dag.  Ongelukkig moes baie dinge verander as gevolg van dit.  En het ek tot my sluier verloor toe ek die paadjie afstap!  Ons kon maar net lag.

wedding ceremony wedding ceremony wedding ceremony wedding ceremony wedding ceremony

Die Besluitnemingsproses:


Ons het op alles saamgewerk.  Voor finale besluite geneem is het ons altyd mekaar se opinies in ag geneem, meestal seker ek wat vir Francois oorval met keuses op keuse, maar dit was ons al twee se dag en dus het ons albei se opinies saak gemaak.  Familie het definitief gehelp en was daar wanneer ons nie oortuig was oor sekere dinge nie. Hulle opinies en raad het baie gehelp wanneer ons vasgehaak het.

wedding photoshoot ideas wedding photoshoot ideas wedding photoshoot ideas wedding photoshoot ideas wedding photoshoot ideas wedding photoshoot ideas wedding photoshoot ideas wedding photoshoot ideas

Paartjie se styl:


Die rok het alles begin by die onverwagse koop van kant materiaal!  Ek was nog altyd lief vir growwe kant met groot en unieke patrone en voor ek kon inneem wat gebeur was dit gekoop.  So het die prentjie van my rok gevorm om hierdie fantastiese stuk lap, vol drama en ʼn tikkie Spaanse inspirasie.  Ons is ook groot op dans, so ons moes ʼn manier kry vir my rok om prakties te wees sonder om die drama te verloor en siedaar – ʼn verwyderbare sleep en ʼn lang sluier wat vir die makietie gedeelte van die aand afgehaal kon word.

Die trou pak was seker die maklikste besluit van alles.  Francois het van die begin af presies geweet wat hy soek, ʼn stylvolle donker blou pak.  Sonder moeite het dit maklik by die hele gevoel van die troue ingepas!  Die mooiste Paisley das met ons blom kleure het dit perfek afgerond.

Ons ringe is albei uniek op hul eie manier.  My ring is ʼn kombinasie van alles wat ek in verskeie prentjies van gehou het, roos goud om te kan werk saam met alles, ʼn oorkruis band en ʼn radiant snit steen wat altyd my gunsteling was.  Die end resultaat was die perfekte kombinasie tussen modern en antiek.  My pant is eenvoudig gehou om saam met die ring in te smelt.  Francois het sy eie verassing bygevoeg deur die datum wat ons begin uitgaan het asook my gunsteling Bybel vers binne in te graveer.

Francois se ring moes prakties wees weens sy werk, so ons het vir ʼn silwer ring gegaan met ʼn effense growwe oppervlak.  Ons wou wel iets spesiaals doen en het dus gevra dat hulle my vingerafdruk aan die binnekant van sy ring te graveer – so dra ons albei ietsie spesiaal elke dag saam met ons.

wedding photoshoot ideas wedding photoshoot ideas wedding photoshoot ideas

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Bruidspaar – of julle dit self doen of iemand vra, maak seker alles is reg by elke verskaffer en dat hulle ʼn plan B het vir alles!  Maak byvoorbeeld seker jou platejoggie het ʼn rugsteun vir al sy goed indien iets sou blaas.

Bruide – probeer alles die die dag voor die troue klaar hê sodat jy alles kan inneem die volgende dag sonder om rond te hardloop en kan fokus op die lekker en mooi en al die klein spesiale oomblikke.

Bruidegomme – maak seker almal (jou manne) weet wie waar moet wees wanneer, ʼn mens vergeet sulke goedjies soms in al die opwinding en stres.  En juis op daardie noot, probeer om nie te veel te stres nie, dit dra niks by tot die dag nie!

En ja almal se dit seker, maar dinge gaan verkeerd loop. Fokus op die res, want jy het net soveel beheer oor alles.  Dit maak nie die dag minder spesiaal nie en neem nie weg van die belangrikste nie.

wedding photoshoot ideas wedding photoshoot ideas wedding photoshoot ideas

Finansiële Aspekte:


Ons het ʼn bietjie van ʼn alternatiewe idee oor ons begroting gehad. Ons het nog altyd geweet dat ons graag die meeste van ons wittebrood wou maak en het dus ons begroting eers om dit beplan. So kon ons uitwerk hoeveel ons kon spaar vir ons troue na die wittebrood se onkoste afgetrek is.  Beide ons ouerpare het ook ʼn bydrae gemaak, wat dinge vir ons soveel makliker gemaak het.  Ons het ʼn fantastiese Excel trou begroting gekry vanaf my suster wat amper elke klein dingetjie in ag neem – dit het ons soveel gehelp om mooi te beplan en so na as moontlik aan ons begroting te bly.

Die finale getal van trou gaste was 97.  Op die einde van die dag is dit werklik die klein goedjies wat ʼn mens nie aan dink nie wat optel en mens ʼn bietjie oorstoot.  Dus help ʼn goed saamgestelde Excel sigblad ongelooflik baie – veral een wat jou begrotings bedrag wys teenoor betaalde bedrag, so kan jy kophou van wat is nog uitstaande en waar moet jy bietjie sny.  Ons het wel ʼn klein bietjie oor ons begroting gegaan en op +-R160 000 geëindig.

wedding photoshoot ideas wedding photoshoot ideas

Gunsteling Diensverskaffers:


Goeie genade – wat ʼn keuse.  Almal van Nikkie wat die foto’s gedoen het tenspyte van die storm wind.  Dan natuurlik die Marais’ van Murasie wat net eenvoudig uit hul pad gegaan het om te help.  Christien wat my buitengewone idees gevat het en iets besonders saam gesit het.  Aan die einde van die dag wou ons soveel as moontlik plaaslik ondersteun en hulle het ons nie in die steek gelaat nie.  Dit is mense wat almal lief is vir wat hulle doen en dit met soveel passie aanvat – hulle raak deel van die trou gaste en dit is werklik besonders.

v wedding photoshoot ideas wedding photoshoot ideas wedding photoshoot ideaswedding photoshoot ideas wedding photoshoot ideas

Venue & Dekor:


Ons albei kom van die platteland af en wou graag trou waar ons die buitelug ten volle kon benut.  Genoeg dansplek was ook natuurlik ʼn groot item op ons lysie.  Ek het toevallig weer op Murasie afgekom deur iemand se trou foto’s en heel toevallig het hul op daardie stadium net klaar gemaak met hul opknappings.  Nog voor ons ons voete daar gesit het was ons verlief op die foto’s.

Ons was net weereens vas oortuig na ons self gaan kyk het, die venue, die omliggende area en die ongelooflike uitsig oor die dam en berge is net nie vergelykbaar nie.  Die plus punt was natuurlik dat ek groot geword het in die Overberg en dit was ʼn bonus om plaaslik te kon ondersteun.

Die dekor was alles om een ding gebaseer – bougainvillea.  My suster het in April maand in Robertson getrou en orals in die area was die massas bougainvillea besig om te blom.  Dit was nie noodwendig die maklikste blom om te gebruik nie, maar Christien van Husband and Wife Team was ʼn absolute ster!  Alles verder is om dit besluit – helder, welige, kleurryke blomme om die natuur na binne te bring.  Die Spaanse gevoel is verder ingebring deur afwisselende goue en blou/wit potte te gebruik, alles afgerond met blou en geblomde servette. Aan die einde van die dag was die blomme die sterre van die dekor.

Murasie wedding venue in Gansbaai Murasie wedding venue in Gansbaai Murasie wedding venue in Gansbaai Murasie wedding venue in Gansbaai Murasie wedding venue in Gansbaai Murasie wedding venue in Gansbaai Murasie wedding venue in GansbaaiMurasie wedding venue in Gansbaai Murasie wedding venue in Gansbaai Murasie wedding venue in Gansbaai wedding cake wedding cake wedding cake

Eerste Dans:


Definitief!  Ons is baie lief vir dans en het vir onsself ʼn dans geleer vanaf YouTube as ons eerste dans.  Dit was nie die maklikste proses nie, maar soveel pret op die einde.  Die dans was op “For You” van Liam Payne en Rita Ora.  Dit het perfek uitgewerk dat ons mal was oor die dans self en die woorde van die liedjie, so ons kon dit net so gebruik sonder om iets te verander.

wedding first dancewedding first dancewedding first dance wedding first dance wedding first dance wedding first dance wedding first dance

Wittebrood:


Ons wou albei nog bitter graag Bali toe gaan na ons in Thailand was.  Albei van ons wou graag ʼn wittebrood met see, sand en sonskyn hè.  Dus was dit die perfekte tyd om te gaan.  Ek en Francois het baie raad gevra vanaf mense wat reeds daar was.   Ons het besluit om ons wittebrood in twee te deel.  Die eerste gedeelte wou ons regte toeriste wees en het ons in Ubud gebly.  Ons het op al die toere gegaan wat ons kon inpas en die geskiedenis van Bali ervaar.  Na dit het ons na die Nusa Dua skiereiland gegaan waar ons net ontspan het en die warm Bali weer en water geniet het.

wedding reception wedding reception wedding reception wedding reception wedding reception wedding receptionwedding reception

Klik hier vir diensverskaffers