Marnus & Nadine se selfdoen troue in Potchefstroom

Marnus en Nadine se selfdoen troue in Potchefstroom was baie oulik en ʼn lieflike makietie saam met familie en vriende.  Nadine het pragtig gelyk op haar troudag en aar trourok het die mooiste detail op.  Marnus se vlootblou troupak en das het perfek gepas by Nadine se trourok.

Hul seremonie was buite gewees omring deur bome en die stilheid van die natuurlewe.  Ons kan baie gelukkig wees in Suid-Afrika om so ʼn mooi klimaat te hê waar mens wel die buitelig so goed kan benut.

Die paartjie het besluit op ʼn donker groen, ligte appelkoos, vlootblou, en wit kleurskema vir hul selfdoen troue te hê.  Hierdie verskillende kleure is so mooi saam en die end resultaat is mooi.

Professionele en betroubare diensverskaffers maak ʼn groot verskil.  As jy ʼn selfdoen troue beplan, besoek Mooi Troues se Trougids vir betroubare en fantastiese diensverskaffers vir jou troue.

Marnus het Nadine verras met ʼn heerlike wittebrood by ʼn Wildreservaat in die Bela-Bela omgewing in die Limpopo provinsie.  Plaaslike wittebrood opsies is altyd ʼn fantastiese keuse!  Rol af om meer te lees oor Marnus & Nadine se selfdoen troue in Potchefstroom hieronder.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het mekaar nege jaar terug ontmoet op ʼn Donderdag-aand in ʼn bekende kuierplek in die dorp.  Marnus is oorspronklik nie van Potchefstroom af nie.  Hy was toevallig in die dorp op ʼn Noord-Wes binnenshuise krieket toer.  Gelukkig vir my het sy mede-spelers hom saam gesleep dorp toe waar ons ontmoet het.  Hy het natuurlik die eerste belangstelling gewys deur vir my te jok oor ʼn snoekertafel wat kwansuis nie gewerk het nie net om my te kry om saam met hom op ʼn ander snoekertafel te gaan speel. Vyf jaar later het hy my onder die vuurwerke van Nuwejaar gevra om te trou.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was drie jaar verloof en ons het ons troue self beplan.

Trou Begroting:


Ons het nie ʼn vaste begroting gehad nie, alhoewel ons ʼn bedrag in ons kop gehad het waarby ons wou bly, het ons nie 100% dit gedoen nie.  Dit is die kleiner goed wat in die laaste paar maande gemaak het dat ons nie by ons begroting gehou het nie, soos parfuum, geskenke vir die gevolg en die blomme het veral ʼn impak op ons begroting gehad.  Ons het oorspronklik 80 gaste gehad wat moes verminder na 50 a.g.v. Kovid 19.  Die vermindering in gaste het ons begroting heelwat verlig.

Merkwaardigste Oomblikke:


Gesamentlike antwoord: Ek was nog op pad na die seremonie toe saam met my gevolg waar ons gereed gemaak om in te stap, dit is toe waar ek my oë vir die eerste keer op Marnus gelê het. Niemand van die gaste het my toe al gesien nie.  Hy het omgedraai en skelm en onskuldig vir my terug geloer en breed geglimlag.  Dit was ʼn spesiale oomblik tussen ons waarvan niemand geweet het nie.

Paartjie se styl:


Ons het nie ʼn spesifieke styl gehad nie, maar wel spesifieke kleurskemas (donker groen, ligte appelkoos, vlootblou, wit).  Die trouvenue was baie warm in kleure en teksture soos donker hout en baie donkergroen van die verskillende bome wat die saal omring het.  Ons het niks self aan die saal verander of bygevoeg nie.  Ek as bruid het nie juwele aangehad nie, slegs my pêrel oorbelle.  My trourok was baie modern gewees met ʼn lang sleep en veil.  Die bruidegom se pak was donker blou/vlootblou met bruin skoene en ʼn bruin belt.  My trouring is baie spesiaal en anders, om daar nie so tipe ring in Suid-Afrika is nie.  My trouring is gemaak in die VSA.  Die bruidegom se trouring is elfs baie uniek gemaak met Tungsten staal deur TouchWood.

Die Besluitnemingsproses:


Ons al twee was baie betrokke met alle besluite.  Marnus was meer betrokke by die groter besluite waar ek die kleiner afrondings hanteer het.  Marnus was ook totaal op sy eie met die kleredrag van hom en sy gevolg.  Ek het ook self die besluit geneem vir gevolg se kleredrag ens.  My trourok was ʼn finale besluit tussen my en my ma wat die dag saam met my gegaan het om my rok te kies. Ons het nie regtig vir vriende en familie die kans gegee om ʼn besluit te neem nie, omdat die dag immers oor ons twee gegaan het.

Spesiale Tradisies:


Meerderheid tradisies was betrokke by ons troue onder andere:

  • “Something old, something new, something borrowed, something blue”.
  • Kousband gooi.
  • Blomme gooi.
  • Koeksny.
  • Heildronke en toesprake.
  • Ons het ook 8 kinders by ons troue gehad, want ons glo tog mens trou om eventueel geseënd genoeg te wees om kinders te kan kry.
  • Die pa en dogter dans was ook gedoen, maar dit was nie tradisioneel gedoen nie.  Ek en my pa het soos die Khoisan ʼn Rieldans gedoen.  Niemand het dit verwag nie en dit was ʼn perfekte opsomming van my en my pa se verhouding.

Die ʼnie-so-perfek’ oomblikke:


Ons was regtig tevrede met elke aspek van die troue, behalwe ons kroegmanne.  Ons groep wat ons troue bygewoon het hou graag van onthaal en die kroegmanne was nou nie op ons standaard nie.  Verder was alles soos wat ons dit wou gehad het en meer.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Gesamentlike besluit (bruid en bruidegom): Dit is moeilik om advies te gee, omdat almal anders doen en dink.  Vir ons is dit belangrik dat alle paartjies besef die dag gaan slegs oor hulle en wat hulle wil hê.  Hoe minder mense weet van jul beplanning hoe minder opinies gaan jy kry.  Doen wat jy wil doen en moenie dat familie die keuses vir julle maak nie.

Moenie probeer om alles self te “DIY” nie, kry hande om jou te help anderste gaan jul nooit voor kom nie.

Onthou ʼn noodgeval tassie vir die dag van jul troue met ALLES in vir ENIGE iets wat kan verkeerd loop.

Geniet die proses saam, want dit is wraggies in ʼn oogwink verby.

Venue & Dekor:


Die trouvenue waarop ons besluit het was nie ons eerste keuse nie.  Ons wou buite op ʼn wildsplaas getrou het, maar die afstand was vir ons net te onprakties.  Daarna het ons toe verder in die dorp rond gesoek en goeie vriende van ons het Kleinbosch aan ons voorgestel.  Ons het toe die afspraak gemaak en die venue gaan besoek.  Dadelik na ons besoek het ons die datum vasgemaak en geweet hierdie is ons venue. Die venue is van natuur pragtig en benodig nie baie dekor of veranderinge nie.   Hierdie venue is weggesteek tussen bome so niemand sal ooit weet van die pad af hoe hy binne lyk nie.  Dit het gevoel of ons in ʼn oerwoud trou.  Ons het minimale troudekor gekies wat die venue komplimenteer en so ook ons as bruidspaar laat uitstaan.

Gunsteling Diensverskaffers:


Dit is verskriklik moeilik om net ʼn paar diensverskaffers te kies, maar ons sal definitief ons fotograaf (Alexio Photography) en venue (Kleinbosch Venue) vir almal aanbeveel.

Wittebrood:


Kovid 19 het almal se reis planne omvêr gegooi, maar Marnus het ʼn baie goeie plan B gehad.  Hy het my verras met ʼn wegbreek na Mabalingwe Nature Reserve, Zabula en Adventures with Elephants.  Dit was ʼn groot belewenis om in die bos te wees met al die wilde dier en veral met die olifante.  Ons is groot hengelaars so hierdie naweek was vir ons altwee ʼn eerste en ons sal dit vir enige iemand aanbeveel.

Interessant staaltjie:

Die diere het heeltyd om ons geloop so mak was hulle.  Ons eerste aand besluit ons toe om die braaivleisvuur aan te steek in daardie oomblik kom daar toe twee vlakvarke aan gedraf na ons rigting toe.  Heel oulik gaan haal ek toe soutkoekies om vir hulle te gee.  Marnus besluit toe ook om vir een van die varke te voer. Marnus kom van ʼn plaas af so hy is heel gemaklik met diere.  Die vark vir wie hy toe nou sy hand uitsteek om te voer raak gulsig en stamp vir Marnus en sny sy voorarm so stukkie oop met haar tande.  Ek het nog nooit so groot geskrik en begin lag in dieselfde tyd nie, want ek het nog nooit gesien dat ʼn mens ʼn vlakvark so harde plathand terug kan gee nie.  Ons was toe baie versigtig na daardie ontmoeting.

Vermaak:


Ons het nie baie vermaak gehad nie.  As bruidspaar was ons mos nou die vermaak vir almal (grappie).  Ons het slegs ʼn platejoggie gehad en ons het verskeie tradisionele en nie-tradisionele aktiwiteite by die troue gedoen.

Eerste Dans:


Ja, ons het ʼn eerste dans gehad.  Ons het ook letterlik twee aande voor die troue in ons sitkamer probeer oefen, maar dit het nie gewerk nie.  Albei van ons het besef om moenie probeer iets doen wat ons nooit sou doen oor die algemeen nie en ons het toe ons normale langarm gedoen.  Liedjie: Juan Boucher, Ons Word Een.

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: