Klassieke Boheemse Trou Inspirasie

Hierdie klassieke Boheemse trou inspirasie met skakerings van pienk is perfek vir die bruidspaar wat iets klassiek soek.  Baie bruide voel bang om weg te breek van die tradisionele dekor styl vir ‘n troue.  Die fotosessie sal jou ‘n idee gee hoe jy nogsteeds die “tradisionele” gevoel kan hê, maar met ‘n Boheemse invloed.

Trou dekor het baie verander oor die jare.  Jy kan nou letterlik doen wat jy wil, solank as wat dit stylvol gedoen word.  Daar is nie regtig meer reëls oor wat waar moet gebruik word nie.  Jy kan ‘n baie moderne of Boheemse tafel uitleg hê vir ‘n formele aand troue.  Die verskil tussen ‘n informele en formele troue is meer oor die uitleg van die eetgerei, wynglase en ook die gasvryheid diens wat gelewer word.

Mooi Troues het ‘n fantastiese trougids wat van Suid-Afrika se beste diensverskaffers het vir jou troue.  As jy die perfekte span diensverskaffers vir jou troue het, maak dit dinge baie makliker.  Geniet die klassieke Boheemse trou inspirasie hieronder.  Jy sal sommer tonne inspirasie vind vir jou troue.

Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas

Wie het die fotosessie gereël?


‘The Tiemensma’s’, René en Marno, is ʼn jong energieke paartjie met ʼn passie vir fotografie en liefdesverhale.  Troues is een van hul grootste areas van kundigheid.  Die Tiemensma’s het ʼn visie gehad wat hulle wou voortbring.  Dit is toe dat hulle Izelle Marais van ‘Mrs Marais Weddings’ genader het.  Izelle Marais is ʼn troubeplanner en koördineerder.  Sy het ʼn groot liefde vir organisering en stilering van troues.  Saam het ‘The Tiemensma’s’ en ‘Mrs Marais Weddings’ hierdie opwindende fotosessie aangepak om hierdie visie na vore te bring.

Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas

Dekor:


Ons het ʼn besluit geneem om weg te beweeg van metale vir die dekor en meer te fokus op wit en room elemente.  Vir die eetgerei en onderborde het ons iets gekies met ʼn goue satyn afwerking in plaas van ʼn blink afwerking om ʼn gesofistikeerde effek te skep.  Die keuse van sjampanjeglase is beïnvloed deur die nuwe internasionale neiging wat weg beweeg van tulp vorm glase.

Dan het ons ook die nuwe tendens van macramé, waarmee almal nou besig is, ingebring deur drup matjies vir die glase te knoop en so vir bruide idees te gee hoe om hulle eie stempel af te druk op hulle troudekor, sonder dat dit ‘tuisgemaak’ lyk.  Ons het ʼn kombinasie van pilaar- en lang kerse gebruik in wit en room kersblakers wat ʼn baie sagte effek verleen het aan die tafel.  Ons wou graag gehad het dat alles vloei en niks hard lyk of uitstaan nie, daar moet kontinuïteit wees op ʼn gaste tafel.

Daar is ʼn sagte materiaal loper wat mooi sag op die tafel lê en tot op die grond val gebruik met bruid satyn servette om die tafeldekor bymekaar te bring en af te rond.

Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas

Inspirasie agter die fotosessie:


Die fotosessie is geïnspireer deur ʼn verskeidenheid faktore. Ons het van die begin af geweet dat ons ʼn moderne maar Boheemse gevoel na vore wil bring.  Baie bruide is soms bang om weg te beweeg van die tradisionele styl af, ons wou graag vir almal wys dat jy steeds tradisioneel en uniek kan wees, en dit alles terwyl die wese van die dekor steeds klassiek en elegant is.

Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Die foto’s doen verseker die praatwerk. Elke diensverskaffer is spesifiek uitgesoek omdat hul elkeen uitblink met ongelooflike talent, kreatiwiteit, professionaliteit en omdat hulle kundigheid beskik.  Die diensverskaffers verstaan mekaar, werk goed saam met enige span en wil altyd die beste produk na vore bring.

Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas

Agter die skerms van die fotosessie:


Al die betrokke diensverskaffers het ʼn uitstekende diens gelewer en dus het alles soos ʼn droom verloop.  Daar is altyd ʼn moontlikheid dat iets kan verkeerd gaan, maar daar is niks wat ons ongelooflike span nie vinnig sou kon oplos nie

Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas

Kleurskema:


Die keuse van kleure is beïnvloed deur ons behoefte vir sagtheid, vroulikheid en ʼn kleur pallet wat neutraal is wat nou die neiging in die trou bedryf is. Ons het tekstuur met gedroogde elemente ingebring en so die sagte blos kleure bietjie gebreek. Ons kleurskema kan beskryf word as ʼn aardse pienk kleur pallet.

Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideasBoho wedding decor ideas

Venue en Ligging:


Ons het die venue gekies vir al die verskillende opsies wat hy bied om foto’s by te neem.  Daar is baie natuurlike lig binne-in die saal.  Dit het ʼn skoon pallet en enige iets kan daarby en daarin pas.  Hulle het ook pragtige tafels en stoele met ʼn moderne aanslag.  Die venue is ook ʼn baie goeie opsie vir ʼn naweek-weg en kan klein groepe akkommodeer asook groter troues.

Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas

Mees spesiale deel van die fotosessie:


Om ons visie en drome vir die fotosessie uiteindelik te sien ʼn realiteit word.  Ons het so lank aan die sessie beplan, om seker te maak elke detail is so perfek as moontlik.  Dit was ongelooflik om te kon sien hoe alles bymekaar kom.  Dit was ook ʼn groot voorreg om saam met sulke wonderlike en uiters talentvolle mense te werk.

Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas

Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:


Moet nie bang wees om jou eie idees te inkorporeer by hierdie styl nie. Dit is belangrik om altyd jou eie smaak en idees ten toon te stel. Jou gaste moet weet dat dit wat hulle by die troue sien en beleef verteenwoordigend van die egpaar se styl en wese is. Hierdie styl is tydloos, elegant en uniek. Jy kan nie verkeerd gaan nie!

Boho wedding decor ideas Boho wedding decor ideas

Klik hier vir diensverskaffers