Michael & Suné se magiese woud troue

Tussen 170 akkerbome, die geluid van voëltjies wat tjirp en ʼn waterstroompie wat in die agtergrond loop, het Michael en Suné ʼn magiese oomblik voor die kansel gehad.  Hulle het in die buitelug die ja-woord gesê en daarna na ʼn betowerende glas-venue beweeg waar hulle onder die sterre saam hul gaste feesgevier het.  Suné het ʼn duidelike prentjie gehad van haar groot dag, so sy moes mooi beplan om seker te maak al haar idees pas binne die begroting.  Pragtige dekor, ʼn prentjie mooi omgewing en aandag aan details het gesorg vir ʼn asemrowende woud troue!

Michael en Suné se troudag is gevul met tonne inspirasie en oulike idees om die ervaring vir jou gaste onvergeetlik te maak.  Rol af vir die wen-resep vir ʼn magiese woud troue.

magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding

Paartjie se Liefdesreis


Die ‘Ja’ het gekom nog voordat Mike sy sin kon voltooi!  Dis was 16 Desember 2017 (op my verjaarsdag), sonsopkoms, iewers op ‘n rots in die Cederberge waar Mike my gevra het om die avontuur van die huwelik aan te pak.

Ongeveer 3 jaar voor dit, in Januarie 2015, het ek en Mike, studente van die Universiteit van Stellenbosch, mekaar by ‘n seil-braai ontmoet.  Ons het oombliklik besef dat ons baie in gemeen het.  Soveel so dat ons sommer binne die eerste week na die ontmoeting ‘n vriendskaplike tenniswedstryd gaan speel het.  Ons was vir 2 jaar as ‘n paartjie in die mooie Stellenbosch voordat Mike gaan boer het op sy ouers se plaas in die Oos-Kaap, 8 maande voor ons troue in Caledon, Wes-Kaap.

Na die droom-troue is ek saam met hom plaas toe waar ons tans saam ons Jack Russell (Phoebe), Maltesie (Liley) en katjie (Jazz) bly.

magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding

Die Verlowing Tydperk


Ons verlowing tydperk was vanaf 16 Desember 2017 tot 8 September 2018.  Ek het die meeste van die beplanning self gedoen.  Mike het ongeveer 600 (uit die 800) origami voëltjies vir die trou venue gevou.

magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding

Merkwaardigste Oomblikke


Suné:  Vir my was die lekkerste oomblik net na die fotosessie toe ek en Mike ‘n klein piekniek gehou het tussen die bome.  Dit was ‘n paar minute waar ons kon stil wees en die oomblik ten volle inneem.

Mike:  Toe ek vir Suné sien afloop in die paadjie deur die woud.  Dis die eerste oomblik waar dit my werklik getref het dat hierdie meisie my vrou gaan wees.

magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke


Mike wou hê ek moes instap op sy gunsteling liedjie, die tema-lied van “We bought a zoo”.  Ek het nee gesê, met die plan dat ek hom sou verras deur wel die liedjie te gebruik om mee in te stap.

Die musikante het egter die liedjies omgeruil en hierdie liedjie gebruik vir die bruidsmeisies, en nie vir my nie!  Gevolglik het Mike gehuil toe die bruidsmeisies inloop, maar nie toe ek inloop nie.  Gelukkig was die oomblik te groot vir my en ek het dit nie eers besef tot Mike my na die tyd daarvan vertel het nie!

magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding

Finansiële Aspekte


Die begroting was ongeveer 150 000.  Die begroting was bepaal deur in detail na elke afdeling van uitgawes te kyk en navraag te doen oor hoeveel dit normaalweg kos.  Ek was baie spesifiek oor wat ek wou gehad het, so die kuns was om dit te probeer hou by die begroting sonder om te dit wat ek wou gehad het, te moes verander.

magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding

Vermaak


Ons musikante, Palm Strings (Mike se oom), het akoestiese kitaar en viool gespeel tydens die seremonie en onthaal.  My tannie het ook ‘n alt-viool stuk aan ons opgedra tydens die seremonie.  Daar was verskeie speletjies wat die gaste kon geniet, insluitend ‘Giant Jenga’ en ‘Cornhole.’  Mike se sussie, Kim Liebenberg, het die voorsang gedoen met haar ‘ukulele’.

Dit was ‘n koue lentedag, maar die gesellige vuur, pizza skywe en Gin-kroeg het ons gaste lekker warm gehou.  Ons het ook ander canapes en ‘n kaas tafel gehad met tuisgemaakte wildsbiltong van die plaas.  Iemand het voor die troue vir ons gesê: “As julle genoeg drink- en eetgoed het, is almal gelukkig!”

Ons seremonie-meester, Chris Liebenberg (swaer), het allerhande speletjies in die mou gehad waarvan ons salig onbewus was.  Ek en Mike was albei geblinddoek en moes besluit watter soen op die wang van hul eggenoot was.  Ons het ook die ‘skoen-speletjie’ by die onthaal gespeel.

magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding

Eerste Dans


Een van my passies is dans, so hierdie was een van die mees opwindende aspekte van die troue vir my.  Mike, aan die ander kant, wou die dans storie net agter die rug kry – dit was veels te senutergend vir hom!

Ek het iets aanmekaargeslaan en ons het in totaal 2 keer in my sitkamer geoefen.  Die eindresultaat was asemrowend!  My ma, Elsie, sê dit was vir haar die hoogtepunt van die troue.  Tydens die dans het Mike my opgetel en in die rondte gedraai.  Die liefde tussen ons in daardie oomblik was tasbaar.

magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding width= magical forest wedding magical forest wedding

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme


Suné: Die verloof-wees is deel van die avontuur, so jy kan dus geensins dat klein dingetjies jou ontstel nie.  Geniet elke deel van die beplanning!  Dis presies wat jy daarvan maak.

Mike: Skryf jou trou-beloftes en toespraak ten minste ‘n week voor die tyd.  Ek het dit vir die oggend vyfuur gelos, en dit voeg onnodige stres by die dag.  Jy wil die dag graag ten volle geniet, so vermy enige ekstra stres.

magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding magical forest wedding

Klik hier vir diensverskaffers