Nico & Lieneke se stylvolle bosveld troue

Ons by Mooi Troues deel Nico en Lieneke se stylvolle bosveld troue by ‘n pragtige venue in Limpopo.  Die inskrywing bied soveel inspirasie vir paartjies wat nog moet trou.  Die paartjie het ‘n selfdoen troue gehad wat nie net mooi was nie, maar ook baie stylvol gedoen was.  Al die sagte en detail elemente van die paartjie se troue is die teenoorgestelde van die die bosveld landskap en dit is wat dit nog mooier maak.

Ons is gek oor Lieneke en Nico se dekor.  Alles is net so prentjie mooi.  Die blou en wit dekor elemente met tikseltjies groen tussen staan so mooi uit op die rou hout tafels.  Die hoë dak met rou hout balke van die venue gee dit ook ekstra ruimte en ‘n lekker plaas gevoel.  Jy kan dien hulle het baie pret gehad op hul troudag.  Die gaste het almal so gelukkig en opgewonde gelyk om die paartjie se bruilof te vier.

Die paartjie se wittebrood klink so fantasties, ons wil sommer nou ons tasse pak en gaan.  Hulle was vir sewe dae in die Maldives in ‘n pragtige Villa.  Dit is elke paartjie se droom distansie vir ‘n luukse wittebrood.  Met turkoois strande en prentjie mooi landskappe, wat wil mens meer hê.  Daar was ook ‘n verrassing toe hulle vir vier dae oorgebly het in Dubai!  Geniet die paartjie se stylvolle bosveld troue hieronder.

Paartjie se Liefdesreis:


So het ons ontmoet…..

Lieneke se verhaal:

Nico het een aand in September 2017, in Weiveld, na my toe gestap net om vir my te kom sê.  “Ek wil net vir jou sê dat jy vir my verskriklik mooi is”.  Ek het verbaas “Dankie!” gesê en hom nie weer gesien nie….

Dis Saterdagaand die 3de Desember 2017, en wie kuier ek raak in Weiveld …  Niemand minder as ene Meneer Steenkamp!  Op die daad sleep hy my aan die hand nader om vir sy pel te wys.  Dat ek vir hom nog mooier is as my beeldskone vriendin oor wie sy vriend in vervoering is.

Volgens hom was die koeël deur die kerk, maar hy moes nog’n hele paar afgevuur het voordat hy my inderdaad getref het.  Nico het gereken hy kom by my stop “op sy pad huistoe” wat op die ou einde blyk ‘n 20 km draai te wees.  Hy het gevolglik die hele Desembervakansie elke naweek Hartenbos en terug Pretoria toe gevlieg, om my te sien tydens my vakansie.

So het hy my hartsnare getokkel met sy klein blykie van groot liefde.  Gevolglik raak die stadsmeisie wat oorspronklik ‘n plattelandse meisie was toe ‘n plaasmeisie met ‘n boer, ‘n bakkie en het sy selfs haar eie bokke- net soos sy gedroom het!

Nico se verhaal:

Ek en ‘n paar pêlle het September 2017 uitgegaan Weiveld toe, dit was ‘n vreeslike lekker aand en so gesels die een pêl van ons met twee meisies wat saam met hom op skool was.  Ek stap nader om te groet, maar my pêl stel my nie voor nie en ek vra toe: “Wie is die mooi donker koppie?”  (Sy het nog highlights in haar hare gehad).

My pêl antwoord my “Nee, sy was saam my op skool maar moenie eers probeer nie sy het ‘n kêrel.” Ek sê toe: “Ek het nie gesê ek gaan iets probeer nie ek vra net wie dit is?” Ek besluit toe om nader te stap na haar toe en sê vir haar: “Met alle respek gesê, ek weet jy het ‘n kêrel.  Ek wil maar net vir jou sê jy is regtig ‘n verskriklike mooi meisie.”  Ek sal nooit vergeet nie sy het ‘n rompie aangehad en ‘n blommetjies-hemp.  Sy was mooier as die lewe self met ‘n glimlag wat die lewe kan ophelder.

Op die 3de Desember gaan ons klomp pêlle weer Weiveld toe.  Ek sien toe weer dieselfde mooie meisie met die mooiste blou rokkie.  Ek stap nader en begin gesels, en terwyl ons gesels sê my pêl: “Nico beleef net gou hoe mooi is die meisie!” My pel verwys toe na haar vriendin, ZAnélle.  Net so draai ek om en trek vir Lieneke nader “Nee, nee kyk gou hoe mooi is die meisie!”  Die res is geskiedenis en die begin van ons twee se oproepe, boodskappies en “date-nights”.

Desembermaand het ek gewerk en moes vliegtuigkaartjies bespreek heen -en -weer Hartenbos toe en terug om saam die mooie meisie tyd te spandeer, maar

dit was alles die moeite werd.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Alles het op die dag perfek geloop!!  Maar mens kom die ‘nie-so-prefek’ oomblikke na die tyd agter!  Na die tyd sien ek hoe my rok gevou het van die opgewondenheid van die dag het ek vergeet om my onderrok redelik met mag af te trek soos Anél dit by elke pas gedoen het en ek vergeet om dit op die dag te laat doen.

Ek sien op die foto’s dat niemand aan die dominee nagmaal (Ons het in plaas van aanbidding het ons nagmaal bedien) aangebied het nie, waaroor ek bitterlik sleg gevoel het na die tyd!  Ons het ook na die tyd besef ons moes maar soos die fotograaf gevra het (maar ons vergeet het) ons lysies gemaak het oor familie foto’s.  Ons is baie gelukkig, maar die familie was ontsteld na die tyd!  Bruide maak julle lysies!!

Die Verlowing Tydperk:


Nico het Augustus vir sy ouers gesê hy gaan met my trou.  So het hy toe begin met die groot spaar.  Ek was verbaas dat hy selfs sy motorfiets verkoop het om geld te spaar.  Ek het so gesien hoe een na die ander ding verkoop word en op naweke word daar op veilings gewerk.  Hy het die vroutjie van Vonkel Juwellery Design in Augustus benader om my my ring te begin ontwerp.  So het hy dit beplan en ek was kort, kort gevra waarvan hou ek maar nooit regtig belangstelling getoon om te soek nie.

Ek het gedink die verlowing is nog ver.  Min wete dat die mannetjie hard aan die beplanning besig was.  So stap ons Oktober verby Browns en ‘n ring het nog nooit my aandag so getrek soos daai dag nie.  By gesê skoonsussie het my al baie van tevore in ring winkels ingehad en ek het nie regtig belangstelling getoon nie.  So kon hy presies weet watse riglyne gevolg moet word met die beplanning en ontwerp van die ring.  Hy het my ouers in Desember gevra toe ons vir hulle gaan kuier het.

Ring al in Februarie klaar gemaak:

Die ring was reeds begin Februarie klaar en in die kluis.  Ek het nog die tyd in ‘n woonstel gebly en hy by sy ouers.  Hy was van plan om my eers na my eksamen in Junie te vra.  Sodat ek (soos ek dit wou gehad het) eers my onderwys graad voltooi.  Hy het toe intussen begin na ‘n huisie soek vir ons twee.  Die man het baie haastig geraak en kon nie meer wag nie!.  Hy het twee weke voor die verlowing wat op 30 Maart plaas gevind het, besluit hy gaan my vra en familie en vriende laat weet.

Ons het verloof geraak op die plaas in Vaalwater by die waterval en vriende en familie het ons by die plaashuis ingewag.  Ons was verloof vir 11 Maande en so het ek en Nico baie tyd gehad om te beplan aan ons droom dag. Nico het met meeste van die mense kommunikeer en beplan.  Aangesien ek by die skool werk en nie altyd op my foon en rekenaar kon wees nie.  Ons het baie trou-ekspo’s bygewoon en ek het gedurig op Pinterest na idees gekyk.  Ons het nie gebruik gemaak van ‘n trou beplanner nie.  Net van die venue se organiseerder vir op die dag en my skoonma en haar vriendin het die blomme gedoen.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


  • Maak lysies
  • Doen wat julle gaan gelukkig maak en moet oor niks spyt wees nie.
  • Leer uit ander se foute soos myne!
  • Luister na jong getroude paartjies se advies!  Vertrou my hulle weet gewoonlik waarvan hulle praat VERAL as hulle onlangs getrou het.
  • Vra soveel as moontlik kwotasies aan en moenie probeer kostes spaar op die Fotograaf, Vidoegraaf, Grimering en Hare nie!

Finansiële Aspekte:


My pa was baie opgewonde dat ek met so goeie man trou en hulle het gevra dat ek dadelik my begroting vir hulle stuur, hy het die tradisionele manier gekies en wou graag vir alles betaal.  My ma het my rok betaal en my skoonpa het die drank en blomme betaal.  Ons het ongeveer 120 mense gehad op ons trou dag en ons het 160 genooi.

Ons het van die begin af almal genooi wie ons wou en nooit vervang as daar plek oop was nie.  My raad is kry genoeg kwotasies daar is soveel verskillende opsies en solank mens die kwotasies en voorbeelde het kan mens die beste keuses maak.

Sit onvoorsiene onkostes by jou begroting by wat dan die kwotasie na die troue insluit.  Onthou een ding doen alles soos jy dit wil hê!  Mens trou net een keer en mens kan NOOIT terug gaan in tyd nie.  Kies dit sodat jy na die tyd kan terug kyk en se “alles was presies soos ek dit wou gehad het”.  Spandeer geld op die Grimering en Haar kunstenaar asook fotograaf en Videograaf vir die res kan mens altyd aanhou soek na beter pryse.  Maar daardie vier loop hand aan hand en dit is wat mens op die ou einde het.

Spesiale Tradisies:


  • Bruid se pa betaal troue.
  • Bruidegom se pa betaal blomme en drank.
  • Bruidegom betaal Wittebrood.
  • Bruid en Bruidegom se ouers sit aan die hoof tafel Pa en Dogter dans.

Merkwaardigste Oomblikke:


Waar begin ek!  Die bosveld troue was ‘n sprokiesverhaal troue en ek kan nie vir Bordeaux en al my verskaffers genoeg dankie se vir die ongelooflike mooi dag waarmee God ons geseën het nie.  Die Here se teenwoordigheid van die begin van die beplanning was altyd daar!  Hy het ons geseën om te kan trou en twee weke op wittebrood (7dae Maldives en 4dae in Dubai) te gaan en net betyds terug te wees vir die grendeltyd.

Ek en die hele ‘trek’ het Woensdag 26 Februarie om 20:00 daar aangekom en die vriendelike dames van Bordeaux het ons ingewag en geduldig help aflaai aan blomme, rokke, tasse en kos.  My skoonma en haar vriendin het die blomme en decor gedoen so ons het ‘n fees gehad met lekker kuier en lag van Woensdag tot Vrydag net klomp meisies!  In die aand na die dag se werk in die saal het ons ‘n wyntjie en die bosveld vuur geniet.  Die manne het Donderdag na my skoonpa se wildsplaas op vaalwater gegaan so uur van die venue af.  Al die nabye familie en vriende het van die Vrydag middag af begin arriveer en ons het ‘n familie braai die Vrydag aand gehad.

‘n Perfekte dag:

Ons 6 meisies (Ek en my strooimeisies) het vroeg geloop en die borrelbad in die bruidsuite gaan geniet!  Saterdag kon NIE MEER perfek wees nie!  Die weer was so mooi dit was bewolk.  Ons meisies en die twee ma’s het nie warm gekry nie en daarom kon ons met oop deure in ons pajamas in die bruidsuite dans heel oggend met die bosveld as ons uitsig. E lke meisie het ‘m stel pajamas van Sew Couture gedra en die twee ma’s het dieselfde japonne ook van Sew Couture gedra(Die fotos is stunning wens ek kan alles opsit!).

Lekker weer:

Ek het ‘n week voor die troue met die videograaf (Ducksoup Productions) gepraat.  Hulle het gesê ‘n ‘bridal review’ gaan nie moontlik wees nie.  Dit gaan te warm wees vir die meisies om buite te staan terwyl ek aantrek.  Asook, die badkamer is te klein hulle.  So hulle gaan nie mooi fotos kry met die meisies wat dan uit die badkamer verskyn nie.  Sowaar met die weer kon ek my ‘bridal review’ doen.

Fantastiese fotograaf:

Te danke aan ons ongelooflike fotograaf Melissa het die fotos so mooi uitgekom en jy kan die trane in my meisies se oe sien toe hulle my sien in my beeldskone rok van Anél.  Dieselfde met die manne my ma het met ‘n mooi gesiggie by die kansel aangekom en so ook sy strooijonkers.  Die weer het so mooi afgespeel dat hulle, hulle kleiduif kon geniet en nie verbrand in die bosveld son nie. Dit te dank aan ons Pappa God!  Hy het werklikwaar ons dag geseën en daarom wil ek dit graag met die wêreld deel!  Foto van my keuse- Dit is ons opgesom in ‘n foto.

Vermaak:


Ons het die Uwe Piet Pompies op ons troue gehad, tydens die fotos het Piet Pompies by die Kanapees die gaste vermaak.

Paartjie se styl:


Ek (bruid) het van Hoërskool af gedroom oor my droom rok wat deur Anél Botha gemaak gaan word.  So ek was so opgewonde toe my ma se sy sal betaal vir my rok wat deur die uwe Anél gemaak gaan word.  Ek het vir haar twee idees gewys en sy het albei kombineer in my droomrok.  Nico (Bruidegom) het een kleur ingedagte gehad en spesifiek gesoek en oor en oor aangepas.  Hy het sy pak by Carducci gekoop en op sy wit hemp ‘n ‘N.L’ op die sak van sy hemp borduur wat baie spesiaal en uniek is.

‘n Ring met ‘n storie daar agter:

My man het besluit om my ring by Vonkel Jewelery design te laat maak en binne die ring het hy graveer “Vir Altyd”.  My trou pand was ‘n verassing!  Ek het deur dieselfde vrou sy ring laat maak en binne die ring laat graveer “Vir Ewig en” en dis hoe ek ook aan ons # gekom het #VirAltydSteenkampLiefde.

Ek en Nico het baie saam gestem en meestal dieselfde idees gehad oor alles.  Sy ring was ‘n verassing die vrou van Vonkel het om ontwerp vanaf ‘n foto wat hy vir my gestuur het en die pantjie het hy en die vrou self op besluit.  Sy trou skoene was my trougeskenk aan hom, R.M Williams.

Groot drome kom waar:

Dit was ‘n groot droom van hom en hy het van die begin af gesê hy wil in so spesiale unieke paar kleur skoene trou. So dit het my 11 Maande gegee om te spaar. Saam met sy skoene het ek ‘n brief aan hom gegee wat ek vir die Here geskryf het waar ek presies beskryf hoe ek my trouman eendag sien en dit was presies Nico nog voordat ek Nico ontmoet het.

Gunsteling Diensverskaffers:


Ons FOTOGRAAF uit en UIT!  Asook ons Venue ! Maar al die verskaffers was ongelooflik en op die ou einde lyk alles prentjiemooi!!

Venue & Dekor:


Ons het die Venue gekies nog voor ons hom besoek het!  Die Venue is ons as paartjie uitgeknip in die Bosveld tussen niks en nêrens is waar ons twee wou trou en die Venue het vir ons uitgestaan van die begin af!  Die dag toe ons die venue besoek het ons dadelik die familie gebel en gesê ons wil daar trou.  Dis ver maar die mense wat daar wil wees sou definitief ‘n plan gemaak het om daar te wees.  Die dekor het my skoonma en haar vriendin gedoen.

Hulle het gegaan op waarvan ek hou en baie van die kleure was gekies deur die lap wat ek gekies het van die Bruidsmeisies se rokke.  Ek was baie rustig en glad nie moeilik wat die dekor aanbetref nie, want ek het geweet alles sal uitwerk soos dit moet en dit gaan mooi lyk.  Hoe minder ek betrokke was hoe meer het ek vertrou en hoe minder het ek gestres of geweet van goedjies wat verkeerd loop!

Die Besluitnemingsproses:


Die bruid en bruidegom het meeste van die finale besluite geneem.  Ons het so min as moontlik familie se insette toegelaat, ons het wel raad gevra en dan besluit of ons dit wil volg.  Ons het ook wel die familie heeltyd op hoogte gehou oor elke reëling en besluit wat ons gemaak het.  Alles behalwe die dekor het ek alles in skoonma se hande oorgelaat en geweet sy gaan my nie teleurstel nie.

Wittebrood:


Ons albei se droom was om Maldives toe gaan.  Alhoewel ek (bruid) geweet het dit is duur en het nie verwagtinge gestel nie aangesien dit ook ‘n verrassing was.  My verwagtinge was by verre oortref.  Die verrassing was gehou totdat ons oor die eilande gevlieg het en my ma vir my gesê het Male is die hoofstad van Maldives (iets wat ek nie geweet het nie).  Ek was so verbaas ek het in trane op die vliegtuig uitgebars!!

Ons het 7 volle dae in die Madives in ‘n strand villa spandeer!  SO lekker geëet, kuier en die son sak en sonsopkoms geniet.  Dit is UIT EN UIT die moeite werd sal dit vir ENIGE iemand aanbeveel.  Ek het op pad terug nog ‘n verrassing gekry en dit was dat ons oorgestaan het op Dubai vir 4 dae om in ‘n luukse Hotel te bly en te “SHOP totdat ons GEDROP” het!

Eerste Dans:


Ons het die eerste deel van die liedjie gedans op – Reckless love of God, Cory Asbury en Tweede deel was op Somerson van Appel.  Ons het vir Danslesse by Dance Junction in Pretoria, Montana gegaan!  Baie goed sal hulle vir enige iemand aanbeveel asook baie bekostigbaar!  Ons eerste dans deel was ‘n Viennese Waltz en Tweede deel was ‘n sokkie.

Klik hier vir diensverskaffers