Damian & Jonathan se romantiese verlowing fotosessie

Toe Damian en Jonathan op ʼn sonnige wintersoggend wakker word, het albei geweet dat hulle daardie spesifieke dag om vieruur by die Dinokeng-wildreservaat verloof gaan raak.  Maar, nog Damian, nog Jonathan het geweet dat hulle albei presies dieselfde toespraak voorberei!  Wat ons nie sou gee om ʼn vlieg op die muur te wees tydens dié verlowing nie?  Maar, die span wat hierdie interessante verlowing orkestreer het, het nie een enkele detail oorgeslaan nie!  Anders as om ʼn verlowing fotosessie te doen nadat die groot vraag gevra is, het ʼn kamera-lens agter ʼn bos weggekruip en die hele affêre afgeneem.

Die kreatiewe span wat gesorg het dat die verlowing fotosessie glad verloop, vertel meer oor Damian en Jonathan se pragtige liefdes-verhaal.  Hulle bydra in die eerste hoofstuk van hul getroude lewe.  As dit só begin, kan ons nie wag vir wat dié paartjie se troue inhou nie!

gay couple gay couple gay couple gay couple gay couple

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Damian en Jonathan is al ʼn paartjie vanaf 20 April 2013.  Jonathan en Damian het ontmoet deur hul ma en ouma se vriendskap, al het hulle in die begin nie veel met mekaar gepraat nie.

In Desember 2012 het albei gesinne saam na Mosambiek gereis.  Damian en Jonathan het onder die sterre gesit en gesels toe hul liefde begin blom.

gay couple gay couple gay couple gay couple gay couple

Die groot vraag:


Damian en Jonathan het ons albei afsonderlik genader en het albei dieselfde plan gehad om verloof te raak.  Ons wou albei hul drome ʼn werklikheid maak, daarom het ons besluit om ʼn dubbele verlowing te beplan.

Hierdie perfekte verlowing het maande se beplanning geverg.  Ons moes met ʼn konsep vorendag kom waar hulle gelyktydig mekaar vra om te trou.  Damian en Jonathan het albei gesê dat wanneer hulle Elvis Presley se Can’t Help Falling in Love hoor, dit die liedjie is waarop hulle verloof wil raak.  Ons het besluit om ʼn instrumentele weergawe van die liedjie te gebruik.  Dit sal die regte atmosfeer vir die verlowing skep.  Voor die dag van die verlowing, is beide Damian en Jonathan gevra om hul alarm te stel vir vieruur vir die dag van hul verlowing.  Die liedjie wat hiervoor gebruik moet word, is die instrumentale weergawe van Can’t Help Falling in Love.

Op ʼn koue, tog sonnige winterdag, het Damian en Jonathan hul pad na Dinokeng-wildreservaat gevind.  Nadat hulle by Owl Spot Lodge ingegaan het, is hulle op ʼn wild-rit deur die reservaat geneem.  Die rit het geëindig op ʼn romantiese en afgesonderde plek onder die Groot 5, waar ʼn romantiese piekniek op hulle gewag het.

Om vieruur, en tot hul verbasing, het Damian en Jonathan se alarms gelyk afgegaan.  Hulle het albei op hul knie gegaan en mekaar die belangrike vraag gevra.  Damian en Jonathan het albei ja gesê en hul verlowing met ʼn glasie vonkelwyn gevier.

gay couple gay couple gay couple gay couple gay couple gay couple gay couple gay couple

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Damian en Jonathan het nog nie op ʼn spesifieke datum besluit nie, maar hulle hoop om teen 2022 getroud te wees.  Mk Event Management is trots om hul offisiële trou-beplanners vir hul groot dag te wees.

gay couple gay couple gay couple gay couple

Rede vir die verlowing foto’sessie:


Ons het vir Simone Venter gereël om die fotosessie vir hulle te doen.  Ons het gedink het sy is die perfekte persoon om die spesiale oomblik vas te vang.

Die ware reaksie van ʼn verlowing gaan normaalweg verlore as ʼn fotosessie eers daarna gedoen word.  Ons wou hul liefde op die spesifieke oomblik vasvang.

Die foto’s sal ook gebruik word vir hul trou webwerf en uitnodigings.

gay couple gay couple gay couple gay couple gay couple

Inspirasie agter die verlowing foto’sessie:


Beide Damian en Jonathan is lief vir die buitelewe.  Ons wou hê die eienskap van hul verhouding moet in die foto’s gesien kan word.  Ons wou die fotosessie eenvoudig en manlik hou, maar steeds ʼn romantiese atmosfeer skep.  Dit was ook vir ons belangrik om nie weg te neem van die natuurskoon van die omgewing nie.

gay couple gay couple gay couple gay couple gay couple gay couple gay couple gay couple gay couple

Visie vir droomtroue:


Ons beplan om ʼn troue te reël met baie manlike en moderne elemente.  Soos rou hout-tafels, beton- en meetkundige aspekte en swart en goud eetgerei.  Hierdie elemente gaan uitgebalanseer word met sagte, elegante en romantiese elemente, soos vloeiende tafel-lopers, glas en minimalistiese blomme.

Ons beplan ʼn buitelug seremonie.  Die gekose venue is geïnspireer meetkundige argitektuur en minimalisme, maar dit het steeds romantiese elemente.

gay couple gay couple gay couple

Klik hier vir meer diensverskaffers