As ons by Mooi Troues so kyk na die fotos van Paul-Gey en Romi se spesiale dag kan ons verstaan hoe alles op die ou einde perfek saam gewerk het. Ons verstaan ook dadelik hoekom hulle die trou venue gekies het om hul spesiale dag te vier.
Die paartjie is baie kreatief en hul persoonlikhede word perfek uitgebeeld in die fotos. Ons by Mooi Troues hou van die kleur en styl van die fotos. Daar is soveel asemrowende elemente vasgevang in kiekies hier onder en ons hoop Mooi Troues se lesers sal sommer tonne inspirasie uit die troue se kiekies vind.
Vertel ons hoe het julle ontmoet?
Ons het mekaar ontmoet in 2011 by ‘n plek waar ons albei gewerk het. Romi het toe alreeds ‘n nuwe pos aanvaar elders, maar ons het kontak gehou en ‘n paar maande later begin uitgaan.
Romi se lag het my dadelik aangetrek en dis toe net bevestig deur haar geaardheid. Ons is net bitter gemaklik met mekaar en geniet mekaar se geselskap. Ons humorsin is baie dieselfde en ons altwee is gek oor die buitelewe en avontuur.
Wat was die styl van die troue en waar het jul julle inspirasie gevind?
Ons het die venue gekies na ons eerste besoek daaraan. Ons het besluit dis so mooi dag en aand buite op daardie dag en hoe die wêreld gelyk het op daardie stadium en ons het besluit om dit 22 Julie 2017 daar te hou. Die styl van die troue het ontaard uit ons smaak en waarvan ons hou. Ons het toegelaat dat die kreatiewe span, bestaande uit die trou-koördineerder, Paul-Gey se suster, die bloemiste ens. ons opsom en dan tentoonstel wat hulle dink sal werk. Hulle het ‘n fantastiese werk gedoen om ons styl vas te vang sonder dat ons dit te veel probeer verduidelik het. Die trou-venue se opmaak en hoe dit gelyk het op die dag was ‘n verassing vir Romi en vir myself. Ons het dit eers op die dag gesien met die aankom. Daar was verskeie verassings wat dit baie lekker gemaak het. Ek en Romi het heelaand rondgeloop en nog dekor stukkies, persoonlike byvoegings, ens. ontdek – ek stel dit regtig voor vir ‘n paartjie wat sukkel om besluite te maak. Die mense om jou moet jou kan opsom en uitbeeld anders kort jy ander mense om jou…
Was julle met wittebrood?
Ons was net vir ‘n week Mauritius toe. Ons het in ‘n klein boetiek hotel gebly aan die Noord-Oos kus. Dit was paradys, maar ons is bietjie meer bos mense so sal eers weer bietjie bos voor ons weer eiland…
Wat sou jul verander het as jul kon?
Nie veel nie. Ons moes hard hieroor dink en afgesien van ‘n paar spesiale mense wat dit nie kon maak nie was alles so perfek.
Advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?
Ons advies is om ‘n talentvolle groep mense om jou te kry vroegtydig. Mense wat jy kan vertrou en weet wat pas by jou styl. Gee hulle kans om jou idees te verwerk, te vertoon aan jou en dan met dit te gaan. Ek kan baie vinnig besluite maak, maar Romi sukkel met besluite. Eerder as om haar te druk vir antwoorde het ons paar goed gekies waarvan sy hou, deur die alternatiewe gegaan en die prentjie met al hoe meer detail ingekleur. Toe sy tevrede was het ons die kreatiewe span die groen lig gegee en dit daar gelos. Dit was soms moeilik om al die emosies goed te hanteer so voor die troue. Partykeer maak ‘n miskommunikasie jou bloedig kwaad en soms kan dit jou nie minder pla nie. Ons advies rondom dit is om maar net met dit te gaan en die groot prentjie in gedagte te hou, jy gaan baie leer van jou verloofde in sulke situasies…ek kan dus wel bevestig dat ons op die dag gevoel het ons maak die regte besluit.
Wat was julle trou begroting?
‘n Begroting moet volgens ons alles insluit wat kostes kan dra – al dra dit nie ‘n koste nie want jy kry dit verniet by iemand, merk dit op.
Ons begroting was so uitgelê:
- Verlowing R 30,000-00 (Vir die ring en naweek weg ingesluit)
- Troudag R 60,000-00 (Alles ingesluit op die dag)
- Trou Allerlei R 25,000-00 (Romi se rok en Paul-Gey se pak)
- Wittebrood R 70,000-00 (Alles ingelsuit)
Ons het die Troudag begroting opgebreek in alles wat betaal moes word en het ‘n paar maatvorms gebruik om seker te maak alles was in.
Klik hier vir meer diensverskaffers
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue: Tarentaal Teater
- Trou-koördineerders: Polka Dot Cherry Event
- Blomme en Troukoek: The Bloom event
- Musiek: Sound Motion
- Fotograaf: Vintageblue Photography
- Trourok: Suzette Rabi
- Hare en Grimering: Magenta Blush