Etienne & Lauriaan se besonderse mooi troue

Ons is absoluut gaande oor die wit-op-wit dekor van Ettienne en Lauriaan se troue wat die kluer van die blomme om die tafels laat plof. Die element van die VW Kombi’s is ook bitter oulik en uniek.  Ons sê baie dankie aan Nelis Engelbrecht wat die troue op kiekies vasgevang het.


Etienne & Lauriaan_0002 Etienne & Lauriaan_0003 Etienne & Lauriaan_0004 Etienne & Lauriaan_0005 Etienne & Lauriaan_0006


Hoe het julle ontmoet?

Die eerste keer wat ek Etienne gesien het was my woorde aan my neef:  “Sjoe hy is mooi – kan ek hom in katrol?”  Omtrent ‘n jaar later het ek hom eers ontmoet deur my neef en so het ‘n vriendskap tussen ons twee ontstaan wat later tot ons verhouding sou lei.  Ons het mekaar aangevul en krag gegee waar ons nie altyd besef het ons dit nodig het nie.


Etienne & Lauriaan_0007 Etienne & Lauriaan_0008 Etienne & Lauriaan_0009 Etienne & Lauriaan_0010 Etienne & Lauriaan_0011


Hoe het julle verloof geraak?

Ek was bederf met my gunsteling musiek plaat en geneem vir ‘n wegbreek by The One & Only hotel.  Net so na die nagereg het die kelner  vir ons ‘n bederfie gebring en gesê – “geluk met julle verlowing”.  Hy het my toe nog nie gevra om te trou nie…  Dikbek kamer toe en toe ons daar instap is hy op sy knie – kamer vol roosblare, chocolates en alles wat mooi is.


Etienne & Lauriaan_0012 Etienne & Lauriaan_0013 Etienne & Lauriaan_0014 Etienne & Lauriaan_0015 Etienne & Lauriaan_0016 Etienne & Lauriaan_0017


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?

Ons was so 4 jaar saam voordat ons getrou het.  Ons het verloof geraak 30 November 2013 en getrou 8 November 2014 by Kleine Valleij in Wellington.


Etienne & Lauriaan_0018 Etienne & Lauriaan_0019 Etienne & Lauriaan_0020 Etienne & Lauriaan_0021 Etienne & Lauriaan_0022 Etienne & Lauriaan_0023Etienne & Lauriaan_0024 Etienne & Lauriaan_0025 Etienne & Lauriaan_0026 Etienne & Lauriaan_0027 Etienne & Lauriaan_0028 Etienne & Lauriaan_0029 Etienne & Lauriaan_0030 Etienne & Lauriaan_0031 Etienne & Lauriaan_0032 Etienne & Lauriaan_0033 Etienne & Lauriaan_0034 Etienne & Lauriaan_0035 Etienne & Lauriaan_0036 Etienne & Lauriaan_0037


Advies aan ander paartjies?

Deur te trou maak jy ‘n belofte aan mekaar voor God en getuies om mekaar lief te hê en by te staan vir ewig.  Wees getrou aan mekaar en wees lief vir mekaar.  Julle trou dag is JULLE dag – doen wat julle wil en wat julle gelukkig maak.  Nooi almal wat jy graag daar sou wou hê om die groot dag te deel – jy trou net een keer.  Alles werk perfek uit – al stres jy hoe baie.  Moet nooit kwaad gaan slaap nie.


Etienne & Lauriaan_0038 Etienne & Lauriaan_0039 Etienne & Lauriaan_0040 Etienne & Lauriaan_0041 Etienne & Lauriaan_0042 Etienne & Lauriaan_0043 Etienne & Lauriaan_0044 Etienne & Lauriaan_0045 Etienne & Lauriaan_0046 Etienne & Lauriaan_0047 Etienne & Lauriaan_0048 Etienne & Lauriaan_0049 Etienne & Lauriaan_0050 Etienne & Lauriaan_0051 Etienne & Lauriaan_0052 Etienne & Lauriaan_0053 Etienne & Lauriaan_0054


Diensverskaffers: