Die Bosveld is โn baie gewilde keuse by paartjies wat in die Gauteng en Limpopo area wil trou. By Mooi Troues is ons baie opgewonde om Juandre en Zanelle se bosveld troue wat โn hele naweek aangehou het met ons lesers te deel wat propvol oulike trou inspirasie is.
Ook deel Zanelle dat sy Mooi Troues se webblad gebruik het om na Regte Troues publikasies te kyk om idees te kry vir haar en Juandre se troue. Ook het sy Mooi Troues se advies artikels baie behulpsaam gevind.
Rol asseblief af en geniet elke foto en die storie van Jaundre en Zanelle se Bosveld troue.
Paartjie se Liefdesreis
Ons liefdesverhaal is voorwaar iets uit โn ander wรชreld โฆ Soms kyk ons terug op ons padjie saam en dink โฆ wow die Here het ons twee definitief gemaak vir mekaar.
Soos baie ouers hulle kinders waarsku oor โdating sitesโ het ons ouers ook, maar hier ontmoet meneer en mevrou Oberholzer mekaar op die uwe Tinder.
Juandre was โn baie onafhanklike jong man wat net wou jag, visvang, braai en kuier- daar was nie tyd of plek vir โn vrou in die besige lewe nie. Juandre se vriende staan toe almal trou se kant toe en besluit die man moet ook nou begin vlerk sleep. Met bietjie aanhitsing maak die man toe โn Tinder profiel oop.
Zanelle was ook enkellopend en baie onafhanklik en haar vriendinne besluit toe ook sy kort โn spesiale iemand in haar lewe.
So โswipeโ die twee mekaar toe raak op Tinder en die liefde blom. Onwetende dat die โswipeโ hulle hele lewe sal verander. Na โn rukkie se gesels en die kat uit die boom kyk ontmoet hulle mekaar toe โฆ Nie lank daarna nie sommer mekaar se ouers ook. Die liefde het behoorlik geblom.
Die verlowing
Op 4 Augustus 2018 vra Juandre op hulle plaas in Rustenburg of Zanelle met hom sal trou.
Juandre het met Zanelle se ouers gereรซl om te kom kuier op die plaas sodat hy die groot vraag kan vra in almal se teenwoordigheid. Zanelle weet natuurlik van niks, sy het eksamen geskryf in Potchefstroom en daarna deurgery Rustenburg toe vir haar amper skoonma se verjaarsdag partytjie op die plaas. Daar was โn verjaarsdag braai gereรซl by die bos boma in die middel van die plaas en niks was ongewoon nie. Al Juandre se familie was ook by die braai en almal kuier toe heel rustig soos gewoonlik.
Oupa Andre (Juandre se oupa) sit toe langs Zanelle en sy senuwees het geknaag oor wat nou gaan plaasvind. Juandre sรช toe Zanelle moet kom kyk die koedoes drink water by die watergat en natuurlik se oupa Andre โnee ounooi sit nog eers bietjieโ. Arme Juandre het al sy dae gehad om vir Zanelle te kry om die koedoes te gaan kyk. Toe Zanelle uiteindelik oor die klipkraal kyk toe staan haar gesin anderkant die kraal met bordjies met die volgende woorde op: โSal jy met my trou?โ en Juandre sak op sy knieg neer langs Zanelle.
Zanelle het natuurlik vreeslik gehuil, ja gesรช en ook van die skok gesรช niemand van hulle gaan nie Hemel toe nie want hulle almal jok lekker saam.
Die Verlowing Tydperk
Ons was presies 9 maande verloof en het ook self ons eie troudag beplan.
Finansiรซle Aspekte
Ons is in die bevoorregte posisie om ouers te kan hรช wat ons finansieel kon ondersteun om ons sprokies troue te kon hรช. Die begroting was R1,000 per gas wat alles insluit. Ons het 160 gaste genooi waarvan 137 wel die troue bygewoon het.
Dit was nie altyd maklik om by die begroting te bly nie want hoe langer mens beplan hoe meer oulike goedjies sien jy. Ons sal voorstel om nie langer as โn jaar verloof te wees nie want dan mag jou smaak dalk intussen verander of jy sien iets mooier en jy wil dit eerder hรช.
Dit is ook van kardinale belang om te onthou dat alhoewel mens graag alles die beste wil hรช op jou troudag is dit ook nie die moeite werd om jouself in baie skuld te los vir jare na die troue nie. Dit is ook belangrik om te onthou om nie jou troue met bekende mense of vriende sin te vergelyk nie want elke paartjie doen wat hulle kan bekostig.
Vir ons was die belangrikste om โn venue te kry wat alles insluit, dus โn fooi per kop wat jou huur asook kos en ander dienste insluit. Kry โn fotograaf en videograaf (indien julle โn video gaan hรช) wat die meeste bied vir die laagste koste, maar doen goed navorsing oor jou fotograaf (reviews, hellopeter ens). Fotos is baie belangrik.
Ons het nogal baie goed op โBlack Fridayโ gekoop of maar vir gesoek vir die beste pryse.
Dit is ook baie waar wat almal se dat dis die klein onnodige goedjies wat op die ou end die meeste kos.
Die trou-bedryf is hemelsbreed en daar is baie verskaffers van dieselfde produk- so beplan mooi voordat julle net iets koop/bespreek.
Merkwaardigste Oomblikke
Ons hele dag was merkwaardig, maar as ons iets moes uitsonder is dit die oomblik net voor die seremonie begin het, het Juandre vir Zanelle laat roep en hulle het hande gevat (Juandre kon uiteraard nie vir Zanelle sien nie) en Juandre het vir haar en vir hulle huwelik gebid en seรซn daaroor uitgespreek.
Paartjie se styl
Om te begin by die ringe wou Zanelle graag โn spesifieke ring gehad het en Juandre het dit laat ontwerp presies soos sy dit wou hรช. Juandre moes โn ring kry wat nie maklik breek nie en hy wou graag โn Titanium ring gehad het. Wat Juandre se ring besonders maak is dat Zanelle se vinger afdrukke in die binnekant ingegraveer is.
Ons het nie โn spesifieke tema gehad wat ons bind nie, ons het eerder rondom kleure alles beplan.
Ons het in die winter getrou so ons kleure was Boergondiรซ, olyf groen, Roos goud en sag pienk. Zanelle wou graag proteas gehad het en die koning protea was toe haar keuse.
Na ons die venue bespreek het, het ons dadelik die bloemis gaan sien en vir haar gesรช wat ons graag wou hรช.
Ons het maar soos ons beplan het oulike idees oral gekry en gekyk of dit gaan pas by ons venue en blomme.
Zanelle se rok is by Vonve Bridal Couture gekoop en dit was โn ongelooflike ervaring. Zanelle het verskeie style rokke aangepas en toe sy die spesifieke rok aantrek het haar ma bewoรซ geraak en almal het geweet dis die rok. Sy het haar rok al sewe maande voor die tyd bestel omdat hy gemaak en ingevoer moes word vanaf Italiรซ.
Juandre asook sy pa en skoonpa se pakke is by SmartGuy in Centurion gehuur- daar was โn wye verskeidenheid en hulle is baie billik.
Die Besluitnemingsproses
Juandre en Zanelle het albei baie betrokke families so hulle het altyd raad gevra en geluister, maar die finale besluit het hulle saam geneem met inagneming van almal se raad en idees.
Die โnie-so-perfekโ oomblikke
Gelukkig met strooimeisies en met ons twee maโs het Zanelle en Juandre van geen probleme geweet nie. Daar was wel โn dubbele bespreking van gaste wat op die venue moes slaap en nie deel was van ons troue nie โ gelukkig het Shangri-la dit vinnig uitsorteer.
Verder het alles seepglad verloop.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme
Bruide:
- Koop/huur die rok waarin jy gemaklik gaan wees en nie die rok waarvan almal anders hou nie.
- Kry genoeg idees van hare en grimering, maar onthou net dit gaan nie altyd presies so lyk nie.
- Sorg asb dat jy โn nood tassie met alles in het, glo my as jou rok skeur gaan jy bly wees jy het so tassie gepak.
- Dra gemaklike skoene want dit word โn lang dag.
- As iets fout gaan op die dag van die troue, ontspan want dis net jy wat gaan weet hoe dit moes wees.
Bruidegom:
Geniet elke oomblik want dit gaan vinnig verby.
Venue & Dekor
Ons wou graag โn naweek troue gehad het, asook in die bosveld getrou het.
Ons het na baie venues gaan kyk en verskillende aspekte in ag geneem nl.
- Kostes van die venue en wat dit insluit
- Slaapplek op of naby die venue
- Mees sentraal geleรซ vir al ons families
Ons het na baie venues gaan kyk en alle opsies oorweeg. Op die ou end het ons by dieselfde venue getrou as waar Zanelle se ouer sussie getrou het omdat ons weet die kwaliteit is onverbeterlik. Omtrent al ons gaste kon op die venue slaap. โn Handjie vol kon net af in die pad ry vir ander verblyf. Ons het ook โn pakket gekry wat alles insluit per kop. Die venue is โn hotel met โn spa en die geriewe is alles daar.
Zanelle maar baie op Pinterest en tydskrifte deurgeblaai. Hoe langer ons beplan hoe meer goed het ons raakgesien waarvan ons gehou het. Ons het ook op fotograwe en videograwe se werk dekor en idees gesien waarvan ons gehou het.
Vermaak
Ons het eerstens troukoerantjies gehad by die seremonie wat oulike leesstof ingehad het. Na die verloop van die seremonie het ons pre-canapรจs gehad wat peuselhappies, troukoek en drankies ingesluit het.
Ons het later die aand โn โphotobusโ gehad (Mustang Sally) en die mense het dit vreeslik geniet.
Ons het ook โn platejoggie gehad en almal het lekker gedans en gekuier.
Wittebrood
Ons wou graag op โn eiland vakansie gaan. Veranda Paul et Virginie in Mauritius is โn droom wittebrood bestemming.
Die spesifieke oord is net vir volwassenes en die diens is voortreflik.
Eerste Dans
Ja ons het โn eerste dans gehad.
Dit is baie belangrik om die bruid se rok in ag te neem wanneer die bruidspaar die liedjie kies. Juandre en Zanelle het besluit op โTake my handโ deur Emily Hackett omdat die woorde baie betekenis het en Zanelle se rok redelik wyd was asook baie lae gehad het.
Ons albei kon bietjie skoffel so ons het nie gegaan vir lesse nie, maar wel bietjie geoefen voor die troue.
- Bruid se Rok: Vonve Bridal Couture
- Strooimeisies se rokke: Gelique
- Bruidegom se pak: Smartguy Centurion
- Grimering + Hare: Angelic Allure
- Venue: Shangri-La Country Hotel & Spa
- Fotograaf: Light Flair Photography
- Videograaf: Duck Soup Productions
- Dekor: Hartslief Designs+ FK Woodworks + Iniek + Vixen Paper Flowers
- Blomme: De Villiers Blomme Nylstroom
- Fotohokkie: Mustang Sally Photobus
- Koek: La Moraine Cakes
- Koerantjies: Mellony Glinster & Glans
- Strikdasse: The Groom
- Ringdraers klere: Klein Klitsies
- Trou Uitnodiging: My big event